Kalabrië

Kalabrië (Italiaans: Regione Calabria) was in die oudheid bekend as Bruttium of as Italia.

---Sidenote START---
Wapen en vlag
Die Kalabriese wapen Die Kalabriese vlag
Algemene gegewens
Hoofstad: Catanzaro
Administratiewe verdeling: 5 provinsies
Oppervlakte: 15 080 vk km
Bevolking: 1 954 403 (30 Oktober 2012)
Bevolkingsdigtheid: 163 inwoners per vk km
Webwerf: www.regione.calabria.it
ISO 3166-2: IT-78
President: Mario Oliverio (Demokratiese Party)
Kaart
Die ligging van Kalabrië in Italië

Dit is 'n gebied in die suide van Italië en vorm die "toon" van die Italiaanse skiereiland. Die hoofstad is Catanzaro, maar die grootste stad en die setel van die Regionale Raad is Reggio.

In die noorde grens Kalabrië aan Basilicata, in die weste aan die Tirreense See en in die ooste aan die Ioniese See. Kalabrië beslaan 15 080 vk. Km. en het net minder as 2 miljoen inwoners. In die oudheid is die woord Kalabrië gebruik om na die suidelike deel van Apulia, die skiereiland van Salento (die "hakskeen" van Italië) te verwys.

Geografie

Kalabrië 
Satellietbeeld van Kalabrië

Die landstreek is 'n lang en nou skiereiland met 'n noord-suid lengte van 248 km. en 'n maksimum breedte van 110 km. 42% van die oppervlakte is bergagtig en die gebied word omring deur die Tirreense en Ioniese See. Dit word geskei van Sisilië deur die Straat van Messina wat sy nouste tussen Capo Peloro in Sisilië en Punta Pezzo in Kalabrië slegs 3,2 km breed is.

Klimaat

Aan die kus is die klimaat Mediterreens met 'n gemiddelde minimum temperatuur van 8 grade C in die winter en 'n gemiddelde maksimum van 30 grade C in die somer. In die binneland heers 'n bergklimaat met koue winters en droë somers met enkele donderbuie.

Geskiedenis

Kalabrië 
Magna Grecia in 280 v. Chr.

Die eerste inwoners van Kalabrië was Oskaanse stamme. Een van die stamme was die Itali. Toe die Grieke met hulle in kontak gekom het, is die hele Kalabrië "Italië" genoem. Grieke het al langs die kus kom woon en stede soos Reggio, Sybaris en Kroton gestig. Die bekende wiskundige Pythagoras het in Kroton gewoon. Die Grieke het die gebied "Magna Graecia" genoem in die 6de en 5de eeu voor Christus.

Die Romeinse Ryk verower die gebied in die 3de eeu voor Chr. en noem dit "Regio III Lucania en Brutti". In 918 verower die Arabiere Reggio, hernoem die stad na Riva en verkoop die meerderheid van die bevolking as slawe.

In 1060 het die Normandiërs onder leiding van Roger Guiscard, 'n broer van Robert Guiscard, 'n regering volgens Bisantynse model gevestig. In 1098 word Roger deur Pous Urbanus II aangestel as pouslike legaat en stig later die koninkryk van Sisilië. Teen die einde van die Middeleeue het groot dele van Kalabrië steeds Grieks gepraat. In die 15de en 16de eeu is Grieks vinnig vervang deur Italiaans, die heersende taal van die Italiaanse unifikasie.

Vanaf die bewind van die Huis van Valois-Anjou is Kalabrië regeer vanuit Napels. Kalabrië het 'n reeks van boere-opstande ondervind rond 1848, maar is uiteindelik met Italië verenig onder Garibaldi.

Ekonomie

Kalabrië 
Olyfboomplantasie

Kalabrië is hoofsaaklik 'n landbou streek. Veral olywe word grootskaals gekweek. Die Bergamo lemoen word veral gekweek vir sy essens. 7.2% van die BNP kom van die industrie vernaamlik voedsel, drank en tabak. Meer onlangs is petrochemiese industrie gevestig in Crotone. Kalabrië is een van die armste gebiede van Italië. Die ekonomie word gekniehalter deur korrupsie en georganiseerde misdaad beheer deur die mafia.

Verwysings


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.


Kalabrië 

Administratiewe streke van Italië

Abruzze (Abruzzo) • Apulië (Puglia) • Basilicata • Kalabrië (Calabria) • Kampanië (Campania) • Emilia-Romagna • Friuli-Venezia Giulia • Latium (Lazio) • Ligurië (Liguria) • Lombardye (Lombardia) • Marke (Marche) • Molise • Piëmont (Piemonte) • Sardinië (Sardegna) • Sisilië (Sicilia) • Toskane (Toscana) • Trentino-Suid-Tirol (Trentino-Alto Adige) • Umbrië (Umbria) • Valle d'Aosta • Veneto


Tags:

Kalabrië GeografieKalabrië KlimaatKalabrië GeskiedenisKalabrië EkonomieKalabrië VerwysingsKalabriëItaliaansSkiereiland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JavaScriptMynbouRenaissanceLeon KrugerMeervoudKommunismeReënPlae van EgipteVolstruisMarkenEngelsKoringMierleeuNasionale VrouemonumentHomoniemKweekhuiseffekLeah van NiekerkKoekie (rekenaarwetenskap)VoegwoordPenisSlawernyAntoniemRoossenekalCarike KeuzenkampVaste stofTafelbergAnton GoosenPikkewynEmosieNic de JagerRobert SobukweVoornaamwoordKoos KombuisGetalFrankrykWet op Bantoe-onderwysDroomEekhoringSonja HerholdtOrale seksDoopPornografiese akteurWayback MachineHeks van HexrivierMusieksimboleLys van nedersettings in Suid-AfrikaHarry KerrJohannesburgNeurenberg-verhoreGroot TrekNoordwesSelfoonGriepTelwoordIgtiologieEpilepsieVersamelnaamLiewe HeksieRudi ClaaseTatoeëermerkNiersteenLuislangeTussenwerpselIvan ZimmermannVryheidsdagErdwurmSeksNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyGrootste rampe in Suid-AfrikaWebblaaierKonsentrasiekampMuskeljaatkatMartin Luther King jr.SonsteekByeboerdery🡆 More