Lombardye (Italiaans en Lombardies: Lombardia) is een van twintig administratiewe streke in Italië, geleë in die noorde van die land tussen die meer Lago Maggiore, die Porivier en die Gardameer.
Lombardye Lombardia | |
---|---|
Algemene gegewens | |
Land: | Italië |
Hoofstad: | Milaan |
Administratiewe verdeling: | 11 provinsies |
Oppervlakte: | 23 844 vk km |
Bevolking: | 10 055 148 (30 November 2018) |
Bevolkingsdigtheid: | 421,7 inwoners per vk km |
Webwerf: | regione.lombardia.it |
President: | Attilio Fontana (Lega) |
Kaart | |
Lombardye grens in die weste aan Piëmont, in die noorde aan Switserland, in die noordooste aan Trentino-Suid-Tirol, in die ooste aan Veneto en in die suide aan Emilia-Romagna. Met 'n oppervlakte van 23 884 km² is Lombardye die vierde grootste administratiewe streek in Italië (na Sisilië, Sardinië en Piëmont). Die bevolking beloop sowat tien miljoen. Die streek se administratiewe setel en grootste stedelike nedersetting is Milaan (Milano in Italiaans).
Lombardye word administratief onderverdeel in elf provinsies - Bergamo, Brescia, Como, Cremona, Lecco, Lodi, Mantua, Monza en Brianza, Pavia, Sondrio, Varese en in die Metropolitane Stad Milaan.
Lombardye, wat slegs sowat agt persent van Italië se oppervlakte beslaan, genereer as die land se ekonomiese spilpunt meer as 25 persent van die bruto binnelandse produk (BBP) en sowat 25 persent van die nywerheidsproduksie. Dit is een van die ekonomies kragtigste en welvarendste streke in die Europese Unie, met 'n geskatte BBP van ongeveer €350 miljard.
Administratiewe streke van Italië | |
---|---|
Abruzze (Abruzzo) • Apulië (Puglia) • Basilicata • Kalabrië (Calabria) • Kampanië (Campania) • Emilia-Romagna • Friuli-Venezia Giulia • Latium (Lazio) • Ligurië (Liguria) • Lombardye (Lombardia) • Marke (Marche) • Molise • Piëmont (Piemonte) • Sardinië (Sardegna) • Sisilië (Sicilia) • Toskane (Toscana) • Trentino-Suid-Tirol (Trentino-Alto Adige) • Umbrië (Umbria) • Valle d'Aosta • Veneto |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Lombardye, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.