Tirreense See

Die Tirreense See (Frans: Mer Tyrrhénienne , Italiaans: Mar Tirreno , Korsikaans: Mari Tirrenu, Napolitaans: Mar Tirreno, Sardies: Mare Tirrenu, Sisiliaans: Mari Tirrenu) maak deel uit van die Middellandse See en lê wes van Italië tussen die vasteland, Korsika, Sardinië en Sisilië.

Tirreense See
Tirreense See
Die Golf van Gaeta (Latium)
Tirreense See
Kaart van die Tirreense See
Koördinate:40°N 12°O / 40°N 12°O / 40; 12 12°O / 40°N 12°O / 40; 12
Ligging:Italië, Frankryk
Soort:See van die Middellandse See
Invloei:Tiber
Eiland/e:Stromboli
Nedersettings:Napels, Palermo

In die Golf van Genua grens dit in die noorde aan die Liguriese See en dit word in die weste deur Korsika en Sardinië, in die ooste deur Toskane, Latium (Lazio), Kampanië en Kalabrië, en in die suide deur Sisilië begrens.

Seestrate

Die Seestraat van Messina met 'n breedte van drie kilometer verbind die Tirreense met die Ioniese See. Ander belangrike seestrate is die Korsikakanaal tussen Italië en Korsika met 'n breedte van sowat 80 kilometer, die Seestraat van Bonifacio tussen Korsika en Sardinië met 'n breedte van elf kilometer, die Sardiniese Kanaal tussen Sardinië en Tunisië met 'n breedte van 200 kilometer, en die Seestraat van Sisilië tussen Tunisië en Sisilië met 'n breedte van 160 kilometer.

Geologie en klimaat

Die Tirreense See bereik 'n maksimum diepte van 3 785 meter en lê naby die geologiese breuklyn tussen die vastelande van Europa en Afrika, wat deur ondersese bergreekse en aktiewe vulkane soos Marsili gekenmerk word.

Die belangrikste winde wat in die gebied waai, is die Mistral uit die Rhônevallei, die Libeccio uit die suidooste en die Ostro uit die suide.

Etimologie

Die naam is ontleen van die Griekse woord vir die Etruskers, Tyrrhenoi. Hulle het na bewering onder leierskap van prins Tyrrhenus oorspronklik uit Lidië in Klein-Asië gekom en aan die kusgebied van die huidige Toskane gevestig. Die Etruskers het die seegebied langs hulle gebied die "Etruskiese See" genoem.

Mitologie

Volgens die Griekse mitologie het die rotswande bo die Tirreense See die vier winde gehuisves, wat deur Aeolus beheer is.

Eksterne skakels

Tags:

Tirreense See SeestrateTirreense See Geologie en klimaatTirreense See EtimologieTirreense See MitologieTirreense See Eksterne skakelsTirreense SeeFransItaliaansItaliëKalabriëKampaniëKorsikaKorsikaansLatiumLiguriese SeeMiddellandse SeeNapolitaansSardiesSardiniëSeeSisiliaansSisiliëToskane

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WoordeboekGeestesteuringWorcesterVlekvrye staalOligopolieRugbyFabelNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaSeptimius AwardsPaasfeesAfrikaanse TaalmonumentAfrikaanse WikipediaChristendomAfvalbestuurEreksieTweede WêreldoorlogJuraMantisRasionale getalVratJohannes MeintjesKrokodilRekenaarVerkleurmannetjieAardkorsMalariaKaliumAlliterasieLangste woordTerracottaleërMiltKoorsGroot GatHipoteseSeksuele opwekkingDiamantArmoedeToerismeToekoms van die AardeAtletiekErfenisWiskundige terminologieDesimale breukePeach van PletzenGordelroosOntbossingLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaDuitslandCalviniaBank (finansiële instelling)DaggaSeegolfSebraPizzaJeanette FerreiraSpreeuRooikatNoag se arkErfenisdag (Suid-Afrika)SlawernyVrouLetterkundeKunselementeAnrich HerbstWikipediaTreinSirkelFeminismeAfkortingApostoliese GeloofsbelydenisAfrikaanse woordelys en spelreëlsRonelda KamferIngenieursweseKlimaatsverandering in Suid-AfrikaRuslandSelfoon🡆 More