5 Astraea: Asteroïde

Astraea (kleinplaneetnaam: 5 Astraea) is ’n groot asteroïde in die asteroïdegordel.

Sy oppervlak is hoogs weerkaatsend (helder) en sy samestelling is waarskynlik ’n mengsel van nikkel-yster met silikate van magnesium en yster. Dit is ’n S-tipe asteroïde.

5 Astraea   5 Astraea: Asteroïde
5 Astraea: Asteroïde
’n Ligkurwegebaseerde 3D-model van Astraea.
Ontdekking 
Ontdek deur K.L. Hencke
Datum 8 Desember 1845
Kleinplaneet-benaming(5) Astraea
Alternatiewe name1969 SE
Kleinplaneet-kategorie Asteroïdegordel
Astraea 
Etimologie Astraea
(Griekse godin)
Wentelbaaneienskappe 
Epog 23 Maart 2018
Afelium 3,0659 AE
Perihelium 2,0810 AE
Halwe lengteas 2,5735 AE
Wentelperiode 4,13 jaar
(1 508 dae)
Gem. anomalie 186,83°
Baanhelling 5,3677°
Lengteligging van stygende nodus 141,58°
Periheliumhoek 358,75°
Fisiese eienskappe
Afmetings 167 × 123 × 82 km
Oppervlakte 48 300 km2
Volume 882 000 km3
Massa 2,9×1018 kg
Gem. digtheid ~3,3 g/cm³
Rotasieperiode 0,700 dae
(16,801 uur)
Rotasiespoed
by ewenaar
6,44 m/s
Spektraaltipe: S
Skynmagnitude 8,74 tot 12,89
Absolute magnitude 6,85
Hoekgrootte 0,15" tot 0,041"

Astraea was die vyfde asteroïde wat ontdek is, op 8 Desember 1845 deur K.L. Hencke, en is genoem na ’n godin van geregtigheid. Hencke was op soek na 4 Vesta toe hy op Astraea afkom.

Astraea is fisies onmerkwaardig, maar was die eerste asteroïde in 38 jaar wat ontdek is (ná die ontdekking van Vesta in 1807). Tot met sy ontdekking is geglo daar is net vier asteroïdes. Met ’n skynbare magnitude van 8,7 (met ’n gunstige opposisie op 15 Februarie 2016), is dit net die 17de helderste asteroïde in die hoofgordel.

Ná Astraea is duisende ander asteroïdes ontdek. Sy ontdekking was eintlik die begin van die herklassifisering van die "planete" 1 Ceres tot 4 Vesta as asteroïdes, want dit het duidelik geword hierdie vier liggame was maar die grootste vier van ’n hele nuwe soort ruimtevoorwerp.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AsteroïdeAsteroïdegordelKleinplaneetMagnesiumNikkelSilikaatYster

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Pad na jou hartSuikersiekteSokkerAkroniem23 AprilLongontstekingProstaatkankerPapierVeelvoudige sinOplossing (chemie)LenteKlavierTuberkuloseRooilipslangBerghaanKoue OorlogUitwerking van klimaatsveranderingGrondDaggaDialoog in fiksieKopieregOseaanbesoedelingKontinentErfenishulpbronHeuningbyAardbewingSirkelHoenderMuishondOos-KaapSuiwelprodukMielieGetalAppel (sanger)BraaiVoorsetselMetafoorPlaattektoniekWelwillendheidsdagWolkWitrenosterGroot TrekPornhubOutismePseudowetenskapAkademiaPlae van EgipteKernkragAnale seksHidroëlektrisiteitWikiquoteProvinsies van Suid-AfrikaWeervoorspellingRobbeneilandWikiSeksuele penetrasieMenslike skeletStedelike hitte-eilandSarel Jacob PretoriusSuid-Afrikaanse InkomstediensChristiaan Frederik BeyersHartaanvalEkonomie van Suid-AfrikaWikimedia-stigtingAkuutGeboorteJan van RiebeeckWinterHartJohannesburgWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaAl-FatihaDubbelpuntDie ontstaan van die drama🡆 More