Driedimensioneel: Voorwerpe wat drie meetkundige dimensies het

Driedimensioneel, dikwels afgekort as 3D, dui op voorwerpe wat drie meetkundige dimensies het: lengte, breedte en hoogte.

Voorbeelde van driedimensionele voorwerpe is 'n bol, piramide of skoendoos.

Driedimensioneel: Belangrike begrippe, Tipes 3D-voorwerpe, Ooreenkomste en verskille tussen vierhoeke en ander piramides
'n 3D-voorwerp.

Belangrike begrippe

Wat met terme soos 3D-foto's, 3D-film of 3D-grafika bedoel word, is nie altyd duidelik nie. By rekenaarspeletjies word die term 3D dikwels gebruik vir perspektiwiese beelde. Dit word egter ook gebruik vir die tegniek wat andersins bekend staan as stereoskopie, waar daar twee verskillende beelde is: een vir elke oog. Stereobeelde is nie eg ruimtelik nie, maar deur bepaalde truuks (byvoorbeeld 'n bril met een rooi en een blou lens) word die indruk gewek dat dit driedimensioneel is. Die aanduiding 3D het hier betrekking op onverwagte visuele beelde. 'n Mens verwag 'n tweedimensionele beeld, maar sien 'n driedimensionele een.

Ander belangrike begrippe is:

Prisma: Dit is 'n 3D-voorwerp met twee (2) identiese, ewewydige vlakke wat veelhoeke is.

Piramide: Dit is 'n 3D-voorwerp waarvan die basis 'n veelhoek (poligoon) en al die ander vlakke driehoeke is.

Tetraëder: Dit is 'n piramide waarvan al vier (4) vlakke identiese driehoeke is.

Vlak: 'n Plat oppervlak van 'n voorwerp.

Net: 'n Plat patroon van 'n 3D-voorwerp wat jy kan uitknip, vou en aanmekaar plak om 'n model van 'n spesifieke 3-D-voorwerp te maak.

Rand: Die lyn waar twee vlakke van 'n 3D-voorwerp ontmoet.

Tipes 3D-voorwerpe

Reghoekige prismas

Reghoekige prismas is 'n soliede figure waarvan tenminste een stel teenoorstaande vlakke reghoeke is en al die sye verbind loodreg.

Driedimensioneel: Belangrike begrippe, Tipes 3D-voorwerpe, Ooreenkomste en verskille tussen vierhoeke en ander piramides 

Kubusse

 'n Kubus is 'n simmetriese driedimensionele voorwerp waarvan alle vlakke vierkante is.

Driedimensioneel: Belangrike begrippe, Tipes 3D-voorwerpe, Ooreenkomste en verskille tussen vierhoeke en ander piramides 

Ander prismas

'n Geometriese figuur met twee identiese basisse, gelyk en parallelle reglynige figure wat parallelogramme as sye het.

Driedimensioneel: Belangrike begrippe, Tipes 3D-voorwerpe, Ooreenkomste en verskille tussen vierhoeke en ander piramides 

Piramides

Viervlakke of driehoekige piramides – 'n Struktuur met 'n driehoekige basis met skuins vlakke wat 'n punt vorm aan die bokant.

Driedimensioneel: Belangrike begrippe, Tipes 3D-voorwerpe, Ooreenkomste en verskille tussen vierhoeke en ander piramides 

Ander Piramides

'n Struktuur met 'n veelhoek as 'n basis, met skuins vlakke wat 'n punt vorm aan die bokant.

Driedimensioneel: Belangrike begrippe, Tipes 3D-voorwerpe, Ooreenkomste en verskille tussen vierhoeke en ander piramides 

Ooreenkomste en verskille tussen vierhoeke en ander piramides

Wanneer ons na verskillende voorwerpe en vorms kyk, kan ons die vorms en voorwerpe vergelyk deur na die volgende te kyk:

  • Die tipe vorms van die vlakke van die 3D-voorwerp.
  • Die hoeveelheid vlakke van die 3D-voorwerp.
  • Die hoeveelheid sye van die 3D-voorwerp.
  • Die hoeveelheid hoekpunte van die 3D-voorwerp.
  • Die tipe hoeke, byvoorbeeld regtehoeke, van die 3D-voorwerp.
  • Of daar enige geronde en/of geboë sye/vlakke is.

Ooreenkomste en verskille tabel

Naam van 3D-voorwerp Aantal hoekpunte Aantal rande Aantal vlakke
Driehoekige prisma 6 9 5
Pentagonale prisma 10 15 7
Vierkantige-basis-piramide 5 8 5
Driehoekige piramide 4 6 4
Silinder 0 2 3
Sfeer 0 0 1
Kubus 8 12 6

Ander vergelykings wat gemaak moet word, is met alledaagse voorwerpe om ons met 3D-vorms, byvoorbeeld 'n langlewemelkhouer wat die vorm van 'n reghoekige prisma het.

Tags:

Driedimensioneel Belangrike begrippeDriedimensioneel Tipes 3D-voorwerpeDriedimensioneel Ooreenkomste en verskille tussen vierhoeke en ander piramidesDriedimensioneelBreedteHoogteLengteMeetkundePiramide

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NederlandSomerZenobia KockVrystaatKuberkrakerMenslike-ontwikkelingsindeksLeeuEwenaarJacques LootsChris HaniNelson MandelaVratRussiesSmall HandsIP-adresSnaarinstrumentLuiperdAborsieUnie van Suid-AfrikaBayer 04 LeverkusenWiskundige terminologieVioolRamsar-vleilande in Suid-AfrikaBruin menseDoziYslandTsjeggiesBorskankerKlankverskynselsMaselsWaterpokkiesNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyWêreld- Ekonomiese ForumPresident van Suid-AfrikaPrimêre sektor van die ekonomieHannes van WykPersoon (taalkunde)GroenteGroepsgebiedewetMidde-OosteMiddelburg, Oos-KaapVulkanismeVerdampingGroepsdrukWolfEnkelvoudige sinKoringTobie CronjéBuffelUilLetterlike en figuurlike taalgebruikSlag van Cuito CuanavaleFransSlag van BloedrivierMieliestronkAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidHoenderPaasfeesEmfiseemSpinnekopKankerWaterbesparing in Suid-AfrikaTienerKoorsIslamGenadedoodWillie JoubertMosesAfkortingGriepLys van kleureKlimaatOrale seks🡆 More