Algemeen
Naam | Silikaat |
Lys van anione |
'n Silikaat is in die chemie eintlik 'n sout wat die tetraëdriese komplekse ioon SiO44- bevat ('n ortosilikaat), maar die naam silikaat word gebruik vir die volle klas verbindings wat uit tetraëdriese SiO4-eenhede opgebou is. Die ortosilikaatioon is die suurres van ortokieselsuur H4SiO4, wat 'n baie swak suur met amfotere eienskappe is. Dit word daarom dikwels ook as die basis Si(OH)4 geskryf.
Baie silikate word in die natuur as minerale gevind, maar hulle kan ook chemies in die laboratorium vervaardig word. Die mineralogiese name is nie dieselfde as die chemiese name nie.
In die mineralogie word ortosilikate (die 'regte' silikate) nesosilikate genoem na die Griekse woord nêsos wat eiland beteken.
Silikate Nesosilikaat -- Inosilikaat -- Sorosilikaat -- Siklosilikaat -- Tektosilikaat -- Filosilikaat |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Silikaat, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.