4 Vesta: Asteroïde

Vesta (amptelik 4 Vesta; simbool: ) is een van die grootste asteroïdes in die Sonnestelsel; dit het ’n gemiddelde deursnee van 525 km.

Dit is op 29 Maart 1807 deur Heinrich Wilhelm Olbers ontdek en is genoem na Vesta, die maagdegodin van die hart, huis en familie in die Romeinse mitologie.

4 Vesta   ⚶
4 Vesta: Asteroïde
Saamgestelde foto van Vesta, geneem deur die Dawn-ruimtetuig.
Ontdekking
Ontdek deur Heinrich Wilhelm Olbers
Datum 29 Maart 1807
Kleinplaneet-kategorie Hoofgordel (Vesta-familie)
Etimologie Vesta
Wentelbaaneienskappe
Epog 2010-Jul-23 (JD 2 455 400,5)
Afelium 2,571 AE
Perihelium 2,1526 AE
Halwe lengteas 2,362 AE
Wentelperiode 3,63 a (1 325,85 d)
Gem. omwentelingspoed 19,34 km/s
Gem. anomalie 307,80°
Baanhelling 7,134° tot Sonnebaan
Lengteligging van stygende nodus 103,91°
Periheliumhoek 149,84°
Natuurlike satelliete Geen
Fisiese eienskappe
Afmetings 525,4±0,2 km (gemiddeld)
Massa 2,59076±0,00001×1020 kg
Gem. digtheid 3,456 g/cm³
Rotasieperiode 0,2226 d (5,342 h)
Temperatuur min.: 85 K (−188 °C)
maks.: 270 K (−3 °C)
Spektraaltipe: V
Skynmagnitude 5,1 tot 8,48
Absolute magnitude 3,20
Hoekgrootte 0,70″ tot 0,22″

Vesta is die asteroïde met die tweede grootste massa naas die dwergplaneet Ceres, en maak ’n geraamde 9% van die massa van die Asteroïdegordel uit. Die asteroïde Pallas is effens groter, en dus is Vesta die derde grootste wat volume betref.

Vesta is die laaste oorblywende aardagtige protoplaneet (waarvan die binnekant uit verskillende lae bestaan), van die soort wat die aardplanete gevorm het. Verskeie stukke is 1 miljard en 2 miljard jaar gelede deur botsings uit Vesta geruk; dit het twee enorme kraters agtergelaat wat ’n groot deel van die asteroïde se suidelike halfrond uitmaak. Afval van dié botsings het op die Aarde geval en dié meteoriete is ’n ryk bron van inligting oor die asteroïde.

Vesta is die helderste asteroïde wat van die Aarde af sigbaar is. Sy maksimum afstand van die Son af is effens verder as die minimum afstand van Ceres van die Son af, hoewel sy wentelbaan binne dié van Ceres lê.

Nasa se Dawn-ruimtetuig het op 16 Julie 2011 in ’n wentelbaan om Vesta inbeweeg vir ’n jaar lange ondersoek van die asteroïde. Dit het op 5 September 2012 die wentelbaan verlaat om verder na Ceres te reis. Dit het dié dwergplaneet in Februarie 2015 bereik.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AsteroïdeHeinrich Wilhelm OlbersRomeinse mitologieSonnestelselSterrekundige simboolVesta (mitologie)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HindoeïsmeEuropaTweede VryheidsoorlogSkaapBek-en-klouseerKimberleyJavaScriptRassismeSportSwartbewussynsbewegingHerpes simplexSoortnaamMosambiekLiefdeSikloonAtletiekLeierErfenisPornografieAtoomSinoniemSelVeelvoudige sinKommunikasieSkuinsstreepVerkleinwoordFacebookKinderregteKunsmatige algemene intelligensieKlavierByByvoeglike naamwoordVerkleurmannetjieNasiebouTydKonsonantVolhoubare ontwikkelingSeevlakstygingGroepsgebiedewetDiamantMangelontstekingAfrikaanse TaalmonumentOutismeSoweto-opstandUnie van Suid-AfrikaLys van Afrikaanse rolprenteSteve BikoWinnie Madikizela-MandelaHoofpynAfrikaanse WikipediaNierversakingWitbloedselRooikatThe CranberriesVakbondVryheidsdagNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaVierkantswortelVoedselkettingMeervoudSuikersiekteDieregeluideKaapstadBeesIronieRasionale getalJaarChemiese verbindingVoegwoordAnneli van RooyenInternetOranjerivier🡆 More