Die 41ste Oscar-toekenningsaand is op 14 April 1969 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1968.
Dit was die eerste Oscar-seremonie wat wêreldwyd gebeeldsend is. Daar was geen aanbieder nie.
41ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 14 April 1969 | |
Plek | Dorothy Chandler Pavilion, Los Angeles | |
Aanbieder | Geen | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Oliver! | |
Meeste pryse | Oliver! (6) | |
Meeste benoemings | Oliver! (11) |
Oliver! was die eerste – en tot dusver enigste – prent met ’n G-gradering wat die Oscar vir beste prent gewen het. As hoof van visuele effekte en ontwerper van die prent 2001: A Space Odyssey, het Stanley Kubrick ’n Oscar gekry vir beste visuele effekte. Dit was die enigste Oscar wat hy ooit gewen het. Van al die prente wat in dié jaar vir beste rolprent benoem is, verskyn net 2001 op die Amerikaanse Rolprentinstituut se lys van beste Amerikaanse prente van die 20ste eeu.
Dit was ook die eerste – en tot dusver enigste – keer dat twee vroue die prys vir beste aktrise (of enige toneelspelkategorie) gedeel het: Katharine Hepburn vir The Lion in Winter en Barbra Streisand vir Funny Girl.
Young Americans het die prys vir beste lang dokumentêr gewen, maar is op 7 Mei 1969 gediskwalifieer omdat dit in Oktober 1967 gewys het en dus nie in aanmerking moes gekom het vir ’n prys vir 1968 nie. Die Oscar is op 8 Mei toegeken aan Journey Into Self, die naaswenner.
Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste buitelandse rolprent | Beste oorspronklike musiek |
|
|
Beste kunsredigering | Beste kinematografie |
|
|
Beste redigering | Beste visuele effekte |
|
|
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article 41ste Oscar-toekenningsaand, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.