Antoinette Kellermann: Suid-Afrikaanse aktrise

Antoinette Kellermann is 'n Suid-Afrikaanse aktrise en dosent gebore in 1952 in Bellville, Wes-Kaap gebore, en het na skool drama aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer.

Sy is ewe gemaklik op die verhoog as voor die kameras, en is bekend om haar sterk vertolking van karakters. Behalwe vir haar werk as aktrise, was sy ook ʼn dosent aan die Universiteit van Stellenbosch se dramadepartement.

Na haar studies voltooi is het sy by streeksrade begin werk; onder andere by TRUK en KRUIK. Tydens haar kontrakwerk was sy betrokke in verskeie toneelstukke wat haar loopbaan as aktrise help vestig het. Sy het die rol van Merteuil in Heiner Müller se Quartet vertolk, Lucienne in Hond se Gedagte, Adriana in André P. Brink se Kinkels innie kabel, Helena Alving in Hendrik Ibsen se Spoke, Madame de Motrieul in Madame de Sade asook verskeie rolle in Pieter Dirk Uys se Die Van Aardes van Grootoor.

Na 1994 het sy begin met vryskutwerk en sedertdien vele toekennings verwerf. Sy het onder andere in Reza de Wet se Breathing In, Die blou uur en Verleiding gespeel. In 2008 het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns haar vereer vir haar bydrae tot Suid-Afrikaanse teater. Kellermann is bekend daarvoor dat sy mansrolle vertolk, byvoorbeeld in rol van Prosperro in Die Storm, Farenji in Breyten Breytenbach se Boklied, die rol van Martiens in Die Toneelstuk, koning Duncan in Macbeth Slapeloos en die tweeledige rol van Cauchon/De Malestrois in Tom Lanoye se Bloed en rose: Die lied van Jeanne en Gilles.

Met die ervaring van mansrolle wat sy vertolk het, hy sy ook haar tesis vir haar Meestersgraad in 2012 baseer op mansrolle wat deur vroulike spelers vertolk word.

In 2012 het Antoinette vyf toekennings ontvang vir haar eenvrouvertoning vir As die broek pas, wat sy ook in Engels opgevoer het as Man to Man.

In Tennessee Williams se Die melktrein stop nie hier nie, het sy die rol van Josfine Samsa vertolk. Sy het ook gespeel in ʼn verwerking van Dot Serfontein se Samsa-masjien deur Willem Anker.

Loopbaan

Behalwe vir streeksrade waar Antoinette kontrakwerk gedoen het, het sy en Marthinus Basson, met wie sy baie nou saamwerk, ook hul eie produksiemaatskappy genaamd Vleis, Rys en Aartappels. Sy is sedert 2002 verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch, nadat sy klas gegee het aan die Pretoria Technikon se tak in Kaapstad.

Teater

  • Tartuffe (Nico Malan Theatre) met Ernst Eloff (1991)
  • Die Keiser – deur Bartho Smit  (1992)
  • Is die Muis Baas, (1994)
  • Oscar in Afrika (Aardklop kunstefees, 1999)
  • Ek, Anna van Wyk (1999/2008)
  • Breathing In – deur Reza de Wet (2004)
  • Drie Susters Twee, saam met Alida Theron and Grethe Fox.
  • Jan en die Boontjierank (pantomine) saam met Tobie Cronjé, Hélène Truter en James Borthwick.
  • Toere saam met die Handspring Puppet Maatskappy.
  • Tango del Fuego saam met Dawid Minnaar.
  • Snakebird deur Laraine Lane  (2001)
  • Mamma Medea  (2003
  • Romeo en Julia (Vleis, Rys en Aartappels, 2005),
  • Lang Dagreis na die Nag (Vleis, Rys en Aartappels) (2008)
  • ʼn Ander Tongval (Vleis, Rys en Aartappels (2008)
  • Samsa-Masjien (2015)
  • Macbeth Slapeloos (2015)

Filmografie

Die Vlieënde Springbokkie Televisiereeks Vertolk die rol van Pat 2016
Plankekoors Kortfilm Vertolk die rol van Maria Fouché 2015
Mad Max: Fury Road The Vuvalini Rolprent As Antoinette Kellerman 2009
Eersgeborene Kortfilm Vertolk die rol van die moeder 2007
Geraldina die Tweede Televisiereeks Vertolk die rol van Greta Koorts 2007
Known Gods Televisiereeks Vertolk die rol van Herman Liebenberg 2005
Song vir Katryn Televisiereeks Vertolk die rol van Hanna Venter 2003
Arsenaal Televisiereeks Vertolk die rol van Cecilia Heyns 2002
Soutmansland Televisiereeks 2000
Saints, Sinners and Settlers Televisiereeks Vertolk die rol van Christina Hofmeyr 1999
Kirikou and the Sorceress Karaba Rolprent 1998
Die Vierde Kabinet Televisiereeks Vertolk die rol van Mev. Gouws 1998
If This Be Treason Televisiereeks Vertolk die rol van Mev. Niemand 1995
Sleurstroom Televisiereeks Vertolk die rol van Lorette Malan 1995
Paraday Televisiereeks 1994
Torings Televisiereeks Vertolk die rol van Joey 1993
Glaskasteel Televisiereeks Vertolk die rol van Olga Brink 1993
Uitdraai Televisiefilm Mev. Naudé 1998
Ou Grote Televisiereeks Vertolk die rol van Louisa Drake 1987
Sterretjie Rolprent Vertolk die rol van Kapt. Engelbrecht 1987
Phoenix & Kie Televisiereeks Vertolk die rol van ʼn danser 1979

Toekennings

  • Fleur du Cap-teatertoekenning vir haar rol as Lucienne in Hond se Gedagte (Beste ondersteunende rol) (1988)
  • Fleur du Cap-teatertoekenning vir haar rol as Adriana in Kinkels innie Kabel. (Beste Aktrise) (1989)
  • Fleur du Cap-teatertoekenning vir haar rol as Helena Alving in Spoke. (Beste Aktrise) (1990)
  • Fleur du Cap-teatertoekenning vir haar rol as Madame de Montrieul in Madame de Sade. (Beste ondersteunende rol) (1997)
  • Fleur du Cap-teatertoekenning vir haar rol as Anna in Ek, Anna van Wyk. (Beste Aktrise) (1999)
  • Computicket-toekenning vir haar rol as Cymbeline in Die Tragedie. (1993)
  • Erepenning vir Toneelkuns toegeken deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kunspryse (2008)
  • In 2010 ontvang Antoinette Kellerman vyf toekennings vir haar eenvrouvertoning: As die broek pas wat sy ook in Engels aangebied het: Man to Man – onder andere ʼn KKNK Kanna vir Beste Aktrise, ʼn Aardklop-toekenning vir Beste Aktrise en ʼn kykNET Fiesta-toekenning vir Beste Aktrise en solo-vertoning.

Bronnelys

Tags:

Antoinette Kellermann LoopbaanAntoinette Kellermann TeaterAntoinette Kellermann FilmografieAntoinette Kellermann ToekenningsAntoinette Kellermann BronnelysAntoinette Kellermann1952BellvilleUniversiteit StellenboschWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BeleggingToekoms van die AardeVerstedelikingOorkruipersVaginale kankerRudi ClaaseHeks van HexrivierGrondVigsAfrikanerweerstandsbewegingRob HersovSeksismeNederlandTrappe van vergelykingRobbeneilandAntoniemFrederik Willem de KlerkFranse RewolusieVoortrekkermonumentIdioomDikdermWynand du ToitKoolstofdioksiedSamestellingOrthopteraMosambiekStaalMetaalApartheidVoedingAfro-AmerikanersWet op Bantoe-onderwysLys van vissePrimêre sektor van die ekonomieOnderhandelinge om apartheid te beëindigDroomVioolLieweheersbesieMiddeloorontstekingKaapstadse waterkrisis 2015-2018LeeuInentingSpelerposisies in rugbyVrymesselaryJeuksiekteMosambiekkanaalStadMuskeljaatkatEmosiePriemfaktorSkaapMeervoudIngenieursweseNoag se arkSkoenlapperMIVMigrasie van diereLionel MessiGevolge van aardverwarming op oseaneRugbyVoedselkettingSuid-Afrikaanse randSatellietfotoMangelontstekingSekondêre sektor van die ekonomieTelkomKolorektale kankerFiela se kind (rolprent)TandbederfMangelRumatiekAnale seksOopbroninhoudSomer🡆 More