Hepatitis B: Menslike virale infeksie

Hepatitis B is ’n aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur die hepatitis B-virus (HBV), wat die lewer aantas.

Dit kan beide akute en chroniese infeksies veroorsaak.

Hepatitis B
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Elektronmikrograaf van die hepatitis B-virus.
’n Elektronmikrograaf van die hepatitis B-virus.
ICD-10 B16 - B19
DiseasesDB 5765
MeSH D006509
Hepatitis B: Oorsaak en diagnose, Voorkoming en behandeling, Voorkoms Mediese waarskuwing

Baie mense het geen simptome tydens die aanvanklike infeksie nie, maar sommige kry skielike simptome soos braking, ’n geel vel, moegheid, donker urine en maagpyn. Die aanvanklike simptome duur gewoonlik ’n paar weke en veroorsaak selde die dood. Dit kan 30 tot 180 dae duur voor die simptome begin.

Sowat 90% van dié wat om en by die tyd van hul geboorte besmet raak, ontwikkel chroniese hepatitis B, terwyl minder as 10% van mense wat ná die ouderdom van vyf besmet raak, dit ontwikkel. Hoewel die meeste mense geen simptome het nie, kan sirrose en lewerkanker eindelik ontwikkel. Dié komplikasies lei tot die dood van 15% tot 25% van mense met die chroniese siekte.

Oorsaak en diagnose

Die virus word oorgedra deur blootstelling aan bloed of liggaamsvloeistowwe. Infeksie om en by die tyd van geboorte of weens kontak kleintyd met ander mense se bloed is die mees algemene manier waarop hepatitis B opgedoen word in gebiede waar die siekte algemeen voorkom. In gebiede waar die siekte skaars is, is dwelmgebruik en seks die algemeenste maniere van oordrag. In die 1980's het tatoeëring en akupunktuur ook soms tot infeksies gelei, maar dit het minder algemeen geraak namate die sterilisasie van instrumente verbeter het.

Die infeksie kan tussen 30 en 60 dae ná blootstelling gediagnoseer word, gewoonlik met ’n bloedtoets. Die virus is een van vyf hoofoorsake van hepatitis. Die ander is hepatitis A, C, D en E.

Voorkoming en behandeling

hepatitis B kan sedert 1982 met inenting voorkom word. Die Wêreldgesondheidsorganisasie beveel inenting binne die eerste dag ná geboorte aan indien moontlik. Dit werk sowat 95% van die tyd. Daar word ook aanbeveel dat alle bloed vir hepatitis B getoets word voor ’n bloedoortapping en kondome gebruik word tydens seks om infeksie te voorkom.

In mense wat chronies siek word, kan antivirale medikasie soos tenofovir of interferon nuttig wees, maar dit is duur. ’n Leweroorplanting is soms nodig in die geval van sirrose.

Voorkoms

Sowat ’n derde van die wêreld se bevolking is in die een of ander stadium van hul lewe aangetas, insluitende 343 miljoen wat ’n chroniese infeksie het. Meer as 750 000 mense sterf jaarliks aan hepatitis B, waarvan 300 000 weens lewerkanker is.

Die siekte is nou net algemeen in Oos-Asië en Afrika suid van die Sahara, waar tussen 5% en 10% van volwassenes ’n chroniese infeksie het. In Europa en Noord-Amerika is die syfer minder as 1%. Navorsing word gedoen na die moontlike vervaardiging van kos met HBV-inenting.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Hepatitis B Oorsaak en diagnoseHepatitis B Voorkoming en behandelingHepatitis B VoorkomsHepatitis B VerwysingsHepatitis B Eksterne skakelsHepatitis BLewerSiekte

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KlitorisWeer (meteorologie)Lys van politieke partye in Suid-AfrikaHartaanvalKoos BekkerDie Stem van Suid-AfrikaOutismeSwangerskapNagapieAkkedisAfrikaanse WikipediaDigvormKewerRepubliek ArtsachMarga van RooyWikipediaHorlosieKarlien van JaarsveldZuid-Afrikaansche Republiek2023DemokrasieVerenigde KoninkrykSelfstandige naamwoordSuurstofSiembambaEngelsPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaWallisBloutongsiekteLys van Suid-Afrikaanse atletiekrekordsOrkaan GustavOntsteking (geneeskunde)InstagramAsiëAtriale fibrillasieEikelNardusKlein-KarooAntieke EgipteSinoniemAfrikanersMaagsweerSteve HofmeyrVoortrekkermonumentVerenigde State van AmerikaPerdBorskankerTolla van der MerweGrasfamilieAdolf HitlerSkrikkeljaarErnst Otto FischerSkilpadWikiquoteHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalISBN (identifier)VratKomeetAspergersindroomKleinkolmuskeljaatkatAlfabetLongontstekingKarpaletonnelsindroomDieregeluideDikdermUniversiteit StellenboschAlvin BruindersCecil John RhodesMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaPolisieAfrikaanse Hoër SeunskoolArmand Aucamp2024 Australiese Grand Prix🡆 More