Die 20ste Oscar-toekenningsaand is op 20 Maart 1948 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1947.
Geen prent het meer as drie benoemings gekry nie – dit was die laaste keer dat dit sou gebeur tot met die 78ste Oscar-toekenningsaand in 2006.
20ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 20 Maart 1948 | |
Plek | hrine Auditorium, Los Angeles | |
Aanbieder | Agnes Moorehead en Dick Powell | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Gentleman's Agreement | |
Meeste pryse | Gentleman's Agreement en Miracle on 34th Street (3 elk) | |
Meeste benoemings | Gentleman's Agreement (8) |
Die verrassende wenner vir beste aktrise was Loretta Young vir The Farmer's Daughter, ondanks die feit dat Rosalind Russell ernstig voorbrand gemaak het vir haar toneelspel in Mourning Becomes Electra.
James Baskett het ’n spesiale Oscar ontvang vir sy rol as Uncle Remus in Song of the South, en daarom is hy nie benoem vir beste akteur nie. Burgerregte-organisasies was egter ontevrede oor sy "onvleiende" uitbeelding van swart Amerikaners.
Op 71 was Edmund Gwenn die oudste Oscar-wenner nog, en hy het dié rekord gehou tot in 1976, toe George Burns op 80 gewen het.
Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste storie | Beste animasiekortprent |
|
|
Beste lang dokumentêr | Beste kort dokumentêr |
|
|
Beste kinematografie, swart-wit | Beste kinematografie, kleur |
|
|
Beste redigering | Beste spesiale effekte |
|
|
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article 20ste Oscar-toekenningsaand, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.