’n Eierstok is ’n orgaan wat in die vroulike voortplantingstelsel aangetref word en ’n eiersel vervaardig.
Wanneer die eiersel vrygelaat word, beweeg dit deur die eierleier tot in die baarmoeder, waar dit deur ’n spermsel bevrug kan word. Daar is ’n eierstok aan elke kant van die liggaam.
Die eierstokke skei ook hormone af wat ’n rol speel in die menstruasiesiklus en vrugbaarheid. Die eierstokke gaan deur baie fases, van voor die vrou se geboorte tot tydens die menopouse. Dit is ook ’n endokriene klier as gevolg van die verskeie hormone wat dit afskei.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Eierstok, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.