Menopouse

Menopouse, ook bekend as die klimakterium, is die tyd in die meeste vroue se lewe wanneer hul maandstonde permanent ophou en hulle nie meer vrugbaar is nie.

Dit kom gewoonlik op 49- tot 52-jarige ouderdom voor.

Medici meen gewoonlik die menopouse het begin as ’n vrou ’n jaar lank geen vaginale bloeding gehad het nie. Dit kan ook aangedui word deur ’n afname in hormoonvervaardiging deur die eierstokke. Vroue wat chirurgie ondergaan het om hul baarmoeder te verwyder maar steeds eierstokke het, se menopouse begin op die tydstip van die chirurgie of wanneer hul hormoonvlakke daal.

Simptome en oorsake

Voor die menopouse word die vrou se maandstondes gewoonlik ongereeld, wat beteken dit kan langer of korter aanhou, of daar kan minder of meer bloed wees. In dié tyd ondervind vroue gewoonlik warm gloede; dit duur meestal tussen 30 sekondes en 10 minute en kan gepaardgaan met rillings, sweet en ’n rooierige vel. Dit hou normaalweg ná ’n jaar of twee op. Ander simptome kan insluit vaginale droogheid, gemoedsveranderings en ’n gesukkel om te slaap. Die intensiteit van die simptome verskil van vrou tot vrou.

Menopouse is gewoonlik ’n natuurlike verandering. Rokers kan dit vroeër ondervind. Ander oorsake sluit in chirurgie om albei eierstokke te verwyder of sekere soorte chemoterapie.

Op ’n fisiologiese vlak kom menopouse voor vanweë ’n afname in die eierstokke se vervaardiging van die hormone estrogeen en progesteroon. Hoewel dit meestal nie nodig is nie, kan menopouse gediagnoseer word deur die hormoonvlakke in die bloed of urine te meet.

Behandeling

Spesifieke behandeling is dikwels nie nodig nie. Sommige simptome kan egter met behandeling afneem. Wat warm gloede betref, help dit om rook, kafeïen en alkohol te vermy. ’n Koel slaapkamer en om met ’n waaier aan te slaap, kan ook help. Daar is ook medisyne wat die simptome kan verlig.

Oefening kan help teen slaapprobleme.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Menopouse Simptome en oorsakeMenopouse BehandelingMenopouse VerwysingsMenopouse Eksterne skakelsMenopouseMaandstonde

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LongStikstofKaapstadse waterkrisis 2015-2018Noord-KaapBiologieVleilandReg tot ‘n gesonde omgewingJaco JacobsPapierPaulus van TarsusWiskundeGeografie van Suid-AfrikaAsemhalingWaterstofLetterkundeVryheid van spraakSuid-EuropaNelson MandelaNierversakingKongo-krisisWeer (meteorologie)Olimpiese SpeleAfrikaanse TaalmonumentEnsiklopedieJakkalsGewone breukeIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieTennisBrendan PeyperLeesAfrikaLys van nedersettings in Suid-AfrikaTropiese sikloonJazzSamespanningBlack SashVrouPolisieBevolkingVerantwoordelikheidSonnestelselWet op NaturellengrondKookpuntOssewaBruto binnelandse produkSinkDie ontstaan van die dramaZoeloesLys van Suid-Afrikaanse skrywersSkarlakenkoorsErns GrundlingGrondwet van Suid-AfrikaVerdampingViëtnamoorlogDricus du PlessisHarry PotterMobutu Sese SekoCarike KeuzenkampSoortnaamAppel (sanger)GroepsdrukKlavierHemelvaartsdagApartheidKunsmisOnderwysNarsismeWayde van NiekerkKunstenaarWerkwoordDramaBeaufortskaalThys die BosveldklongSeptimius AwardsVennootskapGauteng🡆 More