Eenheid Mol

Die mol (simbool: mol) is die meeteenheid vir 'n hoeveelheid stof in die SI-stelsel.

Dit word gedefinieer as presies 6.02214076x1023 deeltjies, wat atome, molekules, ione of elektrone kan wees.

Die definisie is in November 2018 aanvaar as een van die sewe SI-basiseenhede, wat die vorige definisie hersien het wat een mol as die hoeveelheid stof in 12 gram koolstof-12 (12C), 'n isotoop van koolstof, gespesifiseer het.

Die getal 6.02214076x1023 (die Avogadro-getal) is gekies sodat die massa van een mol van 'n chemiese verbinding in gram vir die meeste praktiese doeleindes numeries gelyk is aan die gemiddelde massa van een molekule van die verbinding in daltons. So bevat een mol water byvoorbeeld 6.02214076x1023 molekules waarvan die totale massa ongeveer 18.015 gram is en die gemiddelde massa van een molekule water ongeveer 18.015 dalton.

Die mol word wyd in die chemie gebruik as 'n maklike manier om hoeveelhede reaktante en produkte van chemiese reaksies uit te druk. Die chemiese vergelyking 2H2 + O2 → 2H2O kan byvoorbeeld geïnterpreteer word as dat vir elke 2 mol diwaterstof (H2) en 1 mol disuurstof (O2) wat reageer, 2 mol water (H2O) gevorm word. Die mol kan ook gebruik word om die hoeveelheid atome, ione, elektrone of ander eenhede te meet. Die konsentrasie van 'n oplossing word gewoonlik uitgedruk deur die molariteit daarvan, gedefinieër as die hoeveelheid opgeloste stof in mol per eenheid volume oplossing. Die eenheid wat gewoonlik hiervoor gebruik word is mol per liter (mol/l), gewoonlik afgekort M.

Konsepte

Molêre massa

Die molêre massa van 'n stof is die massa van 1 mol van die stof, in gram.

Molêre konsentrasie

Die molêre konsentrasie van 'n oplossing van een of ander stof is die aantal mol per volume-eenheid van die finale oplossing. In die SI is die standaardeenheid mol/m3, hoewel meer praktiese eenhede, soos mol per liter (mol/l), gebruik word. Dit word ook molariteit genoem.

Molêre fraksie

Die molêre fraksie of molfraksie van 'n stof in 'n mengsel (soos 'n oplossing) is die aantal mol van die verbinding in een monster van die mengsel, gedeel deur die totale aantal mol van alle komponente. As 20 g NaCl in 100 g water opgelos word, is die hoeveelhede van die twee stowwe in die oplossing (20 g)/(58,443 g/mol) = 0,34221 mol en (100 g)/(18,015 g/mol) = 5,5509 mol, onderskeidelik; en die molêre fraksie van NaCl sal 0.34221/(0,34221 + 5,5509) = 0,05807 wees.

In 'n mengsel van gasse is die parsiële druk van elke komponent eweredig aan die molfraksie.

Kyk ook

Verwysings

Tags:

Eenheid Mol KonsepteEenheid Mol Kyk ookEenheid Mol VerwysingsEenheid MolAtoomElektronIoonMolekuulSI-stelsel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Industriële RevolusieBorskankerDesmond TutuSkaapPeriodieke tabelPriemgetalJosef StalinJohannes MeintjesCremonaWieg van die MensdomDokterMartin Luther King jr.SeksismeAarverkalkingBrandstofDieregeluideAkkedisBolandse aardbewing van 1969Lys van Afrikaanse rolprenteBeesPad na jou hartSportAkroniemDelft, KaapstadStedelike gebiedInleiding tot die genetikaDonkieIsraelWoestynDundermSASOLMarie AntoinetteSeptimius AwardsLionel MessiSamestellende afleidingCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaVoortrekkersFluoorPuberteitKrimpvarkieEnsiklopedieLeonardo da VinciEllipstekenNatriumtiosulfaatTienie HollowayGeografie van Suid-AfrikaVars waterLidwoordLys van NG gemeentesViëtnamoorlogGasVlinderAardedagPaasfeesPussy RiotShakaMuskietKlimaatveranderingMantisKlimaatsverandering in AfrikaWinterKalsiumJan van TonderOogproblemeHoofpynNederduitse Gereformeerde KerkAssonansieProstaatkankerNasionale VrouemonumentVierde Industriële RevolusieSnaarinstrumentStaat PalestinaOligopolieMateriaalSamestellingLys van Afrikaanse televisiereekseKoerantVoorvoegsel🡆 More