Ysteriiioksied: Chemiese verbinding

Yster(III)oksied is 'n verbinding van yster in sy +3 oksidasietoestand en chemiese formule Fe2O3.

Dit is een van verskeie ysteroksiede en kom in die natuur voor as die mineraal hematiet.

Eienskappe

Algemeen

Naam Yster(III)oksied 
IUSTC-naam Yster(III)oksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Ysteriiioksied: Kristalstrukture, Chemiese eienskappe, Verwysings
Chemiese formule Fe2O3
Molêre massa 159,69 g/mol
CAS-nommer 1309-37-1  
Voorkoms rooi vastestof  
Reuk reukloos
Fasegedrag
Smeltpunt 1538 °C
Kookpunt
Digtheid 5,240 [g/cm3]
Oplosbaarheid onoplosbaar

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt  
LD50 >10 000 [mg/kg]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Ysteriiioksied: Kristalstrukture, Chemiese eienskappe, Verwysings Chemie

Kristalstrukture

Daar is verskeie polimorfe.

  1. α-Fe2O3. Dit het die heksagonale D51-korundumstruktuur (R3c, nommer 167).
  2. β-Fe2O3. Dit het die kubiese bixbyïet-struktuur het (D53; Ia3; nommer 206; a=940,39(1) pm))
  3. γ-Fe2O3 (D57 P4332 nommer 212 of P4132 nommer 213 a=840,0pm
  4. ε-Fe2O3 het 'n ortorombiese struktuur. (Pna21 nommer 33)
  5. ζ-Fe2O3 het 'n monokliniese struktuur (I2/a nommer 15).

α-Fe2O3

Dit is die bekendste vorm en kom in die natuur as die mineraal hematiet voor. Dit is 'n antiferromagneet onder 260K wat bo hierdie temeperatuur swak ferromagneties word. Dit het 'n Curietemperatuur van 956K.

β-Fe2O3

Dit is 'n taamlik rare vorm. Dit is 'n metastabiele fase wat teen 500°C transformeer in die alfafase en dit is 'n antiferromagneet met 'n Néeltemperatuur van 119K.

γ-Fe2O3

Hierdie vorm is bekend as die mineraal maghemiet. Hierdie fase is 'n ferrimagneet. Sy Curietemperatuur is dalk ~645°C, maar die fase is metastabiel begin bo 510°C om na die stabiele alfafase om te skakel.

ε-Fe2O3

Dit is metastabiel by kamertemperatuur en -druk, maar dit is die hoëtemperatuurfase van γ-Fe2O3 bo 700° C, wat stabiel is tot bo 1100°C , moontlik tot 1400°C. By drukke bo 27 GPa stort die volume ineen wat dui op 'n oorgang van eerste orde na 'n struktuur met oktaëdriese pleks van tetraëdriese omringing. Die epsilonfase skyn deur klein afmetings van kristalliete gestabiliseer te word en dit kom in plante voor. Daar is 'n mineraal luogufengiet wat aluminium bevat en isomorfies is.

ζ-Fe2O3

Hierdie fase is taamlik nuut en opgemerk in hoëdrukeksperimente.

Chemiese eienskappe

Ysteriiioksied: Kristalstrukture, Chemiese eienskappe, Verwysings 
Termietsweis by die spoor

Yster(III)oksied kan op verskeie maniere tot ystermetaal gereduseer word. Een is met koolstofmonoksied:

    Ysteriiioksied: Kristalstrukture, Chemiese eienskappe, Verwysings 

'n Ander is met koolstof self (steenkool)

    Ysteriiioksied: Kristalstrukture, Chemiese eienskappe, Verwysings 

Hierdie reaksies stel nogtans baie koolstofdioksied vry wat 'n bydrae tot klimaatverandering verteenwoordig. Yster en sy legerings (staal) kan egter ook met waterstof gereduseer word.

    Ysteriiioksied: Kristalstrukture, Chemiese eienskappe, Verwysings 

Indien die gebruikte waterstof uit hernubare energie verkry word, sal dit geen klimaatprobleme meer veroorsaak nie.

'n Ander bekende reduksiereaksie word die termietreaksie genoem. Die reduseermiddel is aluminiumpoeier

    Ysteriiioksied: Kristalstrukture, Chemiese eienskappe, Verwysings 

Hierdie reaksie kan temperature van 2 500° tot 3 000° C bereik en word soms vir termietsweiswerk gebruik.

Yster(III)oksied is onoplosbaar in water, maar sterk sure soos soutsuur of perchloorsuur kan gebruik word om dit op te los. Omdat ysteroksiede en hidroksiede dikwels as onsuiwerheid in klei of ander silikaatminerale voorkom, is dit ook 'n tegniese probleem. Reduksie van Fe(III) na Fe(II) maak dit beter oplosbaar. Soms word organiese sure soos oksaalsuur gebruik omdat dit ook yster komplekseer en hiermee yster as yster(II)oksalaat uitgeloog kan word.

Verwysings

Tags:

Ysteriiioksied KristalstruktureYsteriiioksied Chemiese eienskappeYsteriiioksied VerwysingsYsteriiioksiedHematietOksidasietoestandYsterYsteroksied

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NedersettingWortelkanaalErektiele disfunksieAnale seksShakaMIVEkostelselKragopwekkingSuid-AfrikaWikimedia-stigtingNasiebouGroepsgebiedewetKameelperdEiffeltoringRosa ParksTegnologieAs jy singKweekhuiseffekDieregeluideSonKultuurVulkaanKasterolieVoornaamwoordWynAsiëSekondêre sektor van die ekonomieAprilDwelmmiddelInflasieSonenergieOrgasmeRuslandBlomAuschwitz-konsentrasiekampMaroela MediaOman AirTsoenamiKlankverskynselsSuid-Afrikaanse randBestuiwingAppelKuberkrakerBorstePinksterGeslagsgelykheidSint Pierre en MiquelonHoenderPeach van PletzenGeprosesseerde kosJapanDiplopodaOnderwys in Suid-AfrikaPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSlag van BloedrivierPad na jou hart20ste eeuConsolidated B-24 LiberatorPankreasSkooluniformLys van medisinale kruieSirkelLetterlike en figuurlike taalgebruikBokmakieriePussy RiotMierPersentasieAalwynBloemfonteinPatriotic AllianceGianna MichaelsSteve Hofmeyr🡆 More