Welkom by die Afrikaanse Wikipedia, die gewildste Afrikaanse aanlynensiklopedie!
Die Afrikaanse Wikipedia is in Desember 2001 begin, en maak deel uit van Wikipedia, 'n gemeenskapsprojek met die doel om in elke taal 'n volledige ensiklopedie te skep. Dis gratis om Wikipedia te gebruik om inligting te soek, én om inligting by te voeg. Tans is daar 113 022 Afrikaanse artikels.
Wiki word volledig deur vrywilligers uit die publiek uit (mense soos jy) geskryf en onderhou. Hulle het nie spesiale kwalifikasies of ondervinding nie, maar slegs 'n begeerte om 'n goeie gratis Afrikaanse ensiklopedie op te bou. Kom dra ook asseblief jou kennis en hulp by – dit is makliker as wat jy dink – sodat ons Wikipedia nog verder kan verbeter.
Is daar 'n onderwerp wat jou interesseer? Het jy kundigheid op 'n vakgebied? Of hinder 'n fout in 'n artikel jou? Hierdie stap-vir-stapgids leer jy hoe om Wikipedia-artikels te wysig, en hoe om nuwe artikels te skep.
Veronderstel dat jy die artikel Tennis wil wysig. Volg hierdie stappe:
Stap 1: Gaan na die artikel toe
Stap 2: Klik op die Wysig skakel
Na aan die regterkantste boonste hoek van elke bladsy, en net links van die soekboksie, is daar 'n skakel Wysig. Klik daarop.
Stap 3: Skryf aan die artikel
Nadat jy op Wysig geklik het, gaan daar 'n nuwe blad laai met die titel Besig om Tennis te Wysig. Net onderkant hierdie titel is daar 'n groot teksboks wat die inhoud van die artikel bevat. Jy kan in hierdie teksboks skryf. Dit is hoe mens artikels se inhoud verander. Enige teks wat jy hier toevoeg gaan in die artikel verskyn.
Wiki het ook 'n manier om die artikel se styl aan te dui. Wil jy 'n woord in vetskrif skryf? Plaas dan drie afkaptekens voor die woord, en drie afkaptekens direk daarna. Wil jy dit in kursief skryf? Plaas dan twee afkaptekens voor dit, en twee direk daarna. Daar is 'n hele reeks sulke tekens wat gebruik kan word, maar in die begin hoef jy jou nie daaroor te bekommer nie.
Stap 4: Stoor die artikel
As jy klaar is met al jou veranderings, gaan dan na die heel onderkant van die bladsy toe. Daar is 'n skakel Publiseer wysigings. Klik daarop.
Veels geluk, jy het 'n nuwe bydra tot Wikipedia gelewer.
Veronderstel dat jy baie graag die artikel Handskoen wil skryf:
Stap 1: Maak seker dat die artikel nie reeds bestaan nie
Gebruik die soek-funksie (die soekboksie is in die regterkantste boonste hoek van die webblad) om na die artikel te soek. As dit nie bestaan nie, dan sal daar 'n bladsy laai met die titel Soekresultate. Daar sal 'n boodskap wees wat sê: U mag die bladsy "Handskoen" op hierdie wiki skep, maar oorweeg dit om die soekresultate hieronder na te gaan om te bevestig of die onderwerp nie alreeds in 'n bestaande artikel gedek word nie.
Stap 2: Skep die nuwe artikel
Let op dat die woord Handskoen in die sin hierbo in rooi geskryf is. Om die nuwe artikel te skep is eenvoudig: klik net op die rooi skakel Handskoen. Dit is 'n algemene reël op Wikipedia: klik op rooi skakels om nuwe artikels te skep.
Stap 3: Skryf aan die artikel
'n Nuwe blad gaan laai, met die titel Besig om Handskoen te skep. Jy sal opmerk dat daar 'n groot teksboks op die bladsy is. Jy gaan die artikel in hierdie teksboks skryf. Op die oomblik is die teksboks nog leeg, so kom ons skryf die onverbeterlike sin ’n Handskoen is ’n kledingstuk waarmee mense hulle hande bedek daarin.
Stap 4: Stoor die artikel
As jy klaar is, gaan dan na die heel onderkant van die bladsy toe, en klik op Publiseer wysigings.
Veels geluk! Jy het 'n nuwe artikel geskep. Dit lyk so:
Deur op stoor te klik het jy egter hierdie artikel vrygestel onder GNU/FDL. Moenie verbaas wees indien ander gebruikers dit gaan wysig nie. Hulle het die reg om dit te doen. Vrygestel wil sê dat dit nie meer joune is nie. Jy kan mos ook hulle werk wysig?
Daar is heelwat inligting en riglyne om nuwelinge te help. Veral die volgende kan van nut wees:
Stap 1: Klik op Wysig. Kry dit bo-aan die bladsy of langs elke kleiner hofie van die artikel (indien jy slegs daardie deel wil verander, soos in die volgende stap op die foto gewys word).
Stap 2: Sê jou sê. Skryf, brei uit, vertaal uit ander Wikipedia's (soos Engels of Nederlands) of maak spelfoute reg.
Stap 3: Gebruik die nutsbalk (toolbar) om woorde in vetdruk (bold), skuinsskrif (italics) of as opskrifte (tussen ==-tekens) te skryf waar nodig.
Stap 4: Het jy dalk iets nuuts bygeskryf? Waar kry jy daardie inligting vandaan? As jy kan, skryf langs jou sin of paragraaf
punthakie (<), ref , punthakie (>),
gevolg deur die bron, boek (met skrywer, jaar van publisering, uitgewer en bladsynommer) of webadres
en dan punthakie (<), skuinsstreep (/) ref en punthakie (>).
So kan almal dan daardie webbladsy, boek of tydskrif gaan lees om die onderwerp beter te begryp.
Soms sal 'n rooi foutboodskap opduik nadat jy klaar is met Stap 5. Dan voeg jy net heel onder aan die artikel by: 'n dubbele linkskrulhakie ({{), verwysings en dan weer twee regskrulhakies (}}).
Probleem opgelos.
Stap 5:Druk die Wys voorskou-knoppie, heel onder aan die bladsy, sodat jy kan kyk of alles na jou smaak is.
Stap 6: Tevrede? Klik die Publiseer wysigings-knoppie, heel links onder aan die bladsy.
Stap 7: Brand jy vas? Skryf vir ons by Geselshoekie.
Daar is heelwat inligting en riglyne om nuwelinge te help. Veral die volgende kan van nut wees:
Duisende mense met 'n goeie dosis gesonde verstand dra by tot die totale Wikipedia in verskillende tale. Tans bestaan honderde Wikipedias waaraan geskryf en verbeter word. Enige besoeker kan daarby inval en saamwerk. Jy hoef nie noodwendig 'n naam te kies en daarmee aan te teken nie, maar ons probeer 'n gemeenskap hier bou waar almal mekaar leer ken (al is dit dan onder 'n skuilnaam) en daarom sal ons dit verwelkom. Kliek op 'n onderwerp wat jou interesseer, waarvan jy iets weet, en voeg iets by, maak 'n spelfout reg, of skryf 'n mooi artikel — 'n uitstekende geleentheid om jou eie kennis ook te verbeter!
Kom gereeld hierlangs — hoe meer bydraes jy lewer, hoe meer verantwoordelik voel jy oor hierdie unieke projek. Maar weereens, voel in die eerste plek vry. Werk op Wikipedia kan 'n genotvolle besigheid wees en baie vervulling bring.
Dit is ook belangrik om te weet dat Wikipediane onderling afgespreek het op 'n paar norme wat in gedagte gehou moet word:
Wiki het geen toelatingsbeleid nie; in beginsel kan enigiemand aan die ensiklopedie werk. Sommige vra dalk hulself af wat dit beteken vir die uiteindelike kwaliteit van die Wiki Afrikaans. Dink dan oor die nuwe vlak wat bereik kan word deur slegs die verskeidenheid te oorweeg. Omdat daar ook vakkenners na Wikipedia aangetrek word, word die inhoud ook meer en meer uitgebreid. Bowendien bly mense wat niks van 'n onderwerp weet nie in die algemeen vanself weg daarvan, of gaan lees en studeer om meer daaroor te wete te kom. Hoe meer mense deelneem aan hierdie projek, hoe meer verbeter die inhoud. Sowel akademici as elke persoon wat 'n positiewe bydrae wil lewer is van harte welkom. Ons hoop dat jy ook baie plesier sal kry uit die werk hier.
Sien gerus How to edit a page en Policies and guidelines op die Engelse Wikipedia vir meer volledige hulp.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wiki:Welkom nuwelinge, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); Wiki:Welkom nuwelinge Wiki additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.