Westpacstadion

Die Westpacstadion (vroeër bekend as die WespacTrust Stadion) is 'n sportstadion in Wellington, Nieu-Seeland.

Weens die stadion se vorm en silwerkleurige omhulsel staan die stadion in volksmond bekend as Die Koekblik.

Westpacstadion
Wellingtonstadion
Westpacstadion
Buiteaansig van die Westpacstadion

Bynaam Die Koekblik, Die Stadion
Ligging Wellington, Nieu-Seeland
Koördinate 41°16′23″S 174°47′9″O / 41.27306°S 174.78583°O / -41.27306; 174.78583 174°47′9″O / 41.27306°S 174.78583°O / -41.27306; 174.78583
Eienaar Wellington Regional Stadium Trust
Operateur Wellington Regional Stadium Trust
Kapasiteit 34 500 (sitplekkapasiteit)
33 000 (krieket)
Oppervlak Gras
Konstruksie
Eerste sooi gespit 12 Maart 1998
Geopen 3 Januarie 2000
Boukoste $130 miljoen NZD
Argitek Architecture Warren & Mahoney Ltd
Populous (toe Bligh Lobb Sports Architecture)
Projekbestuurder Beca Carter Hollings & Ferner Ltd
Hoofkontrakteurs Fletcher Construction Ltd
Huurders
Hurricanes (Superrugby) (2000–huidig)
Wellington Leeus (ITM-beker) (2000–huidig)
Wellington Firebirds (krieket) (2000–huidig)
Wellington Phoenix (sokker) (2008–huidig)

Geriewe en benutting

Westpacstadion 
Lugbeeld van die Westpacstadion en CentrePort Wellington in 2015
Westpacstadion 
NZ Army-prestasie op Westpac-stadion in 2012

Die stadion is 'n veeldoelige stadion wat hoofsaaklik vir sportgebeurtenisse aangewend word. Dit is die tuiste van die Wellington Leeus-rugbyspan wat aan die ITM-beker deelneem. Dit is ook die primêre tuisveld van die Hurricanes wat aan Superrugby deelneem. Verder is die stadion ook die gasheer vir die Wellingtonse toernooi in die jaarlikse IRR Sewes Wêreldreeks vir nasionale Rugby Sewesspanne. Die All Blacks speel ook gereeld van hulle internasionale wedstryde in die Westpacstadion.

Die Westpacstadion is ook die tuisveld van die Wellington Phoenix Voetbalklub met die ondersteuners van die Phoenix wat na die stadion as die Ring of Fire verwys. Die Nieu-Seelandse nasionale sokkerspan (die All Whites) speel ook dikwels hier in internasionale wedstryde waaronder die kwalifiserende wedstryd teen Bahrein vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 een was, wat Nieu-Seeland 1–0 gewen het. 'n Ander was die kwalifiserende wedstryd teen Meksiko vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014, wat Meksiko 2–4 gewen het.

Die stadion is ook al gebruik vir rugby leaguewedstryde. Vertoonwedstryde tussen spanne van die Australiese Voetballiga is in 2000 en 2001 in die Westpacstadion gespeel.

Krieket word dikwels gedurende die somer in die stadion gespeel. Ander fasiliteite sluit in die Nieu-Seelandse Instituut vir Sport asook 'n kampus vir die Wellingtonse Krieketskool wat deur die Wellingtonse Krieketvereniging beheer word. Dit is tydens die Krieketwêreldbeker 2015 vir vier wedstryde ingespan.

Galery

Panorama van die Westpacstadion

Wedstryde

Rugbywêreldbeker 2011

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
11 September 2011 20:30 Westpacstadion  Suid-Afrika 17–16 Westpacstadion  Wallis Groep D 33 331
17 September 2011 18:00 Westpacstadion  Suid-Afrika 49–3 Westpacstadion  Fidji Groep D 33 262
23 September 2011 20:30 Westpacstadion  Australië 67–5 Westpacstadion  Verenigde State Groep C 33 824
25 September 2011 20:30 Westpacstadion  Argentinië 13–12 Westpacstadion  Skotland Groep B 26 937
1 Oktober 2011 18:00 Westpacstadion  Frankryk 14–19 Westpacstadion  Tonga Groep A 32 763
2 Oktober 2011 15:30 Westpacstadion  Nieu-Seeland 79–15 Westpacstadion  Kanada Groep A 37 665
8 Oktober 2011 18:00 Westpacstadion   Ierland 10–22 Westpacstadion  Wallis Kwarteindrondte 35 787
9 Oktober 2011 18:00 Westpacstadion  Suid-Afrika 9–11 Westpacstadion  Australië Kwarteindrondte 34 914

Krieketwêreldbeker 2015

Groepfase
20 Februarie 2015
14:00 (NZDT) (D/N)
Telkaart
Westpacstadion  Engeland
123 (33.2 boulbeurte)
t
Westpacstadion  Nieu-Seeland
125/2 (12.2 boulbeurte)
Joe Root 46 (70)
Tim Southee 7/33 (9 boulbeurte)
Brendon McCullum 77 (25)
Chris Woakes 2/8 (3 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 8 paaltjies
Westpacstadion, Wellington
Bywoning: 30 148
Skeidsregters: Paul Reiffel (Aus) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Tim Southee (NZ)
  • Engeland het die loot gewen en verkies om te kolf.
Groepfase
1 Maart 2015
11:00 (NZDT) (D/N)
Telkaart
Westpacstadion  Engeland
309/6 (50 boulbeurte)
t
Westpacstadion  Sri Lanka
312/1 (47.2 boulbeurte)
Joe Root 121 (108)
Tillakaratne Dilshan 1/35 (8.2 boulbeurte)
Lahiru Thirimanne 139* (143)
Moeen Ali 1/50 (10 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 9 paaltjies
Westpacstadion, Wellington
Bywoning: 18 503
Skeidsregters: Bruce Oxenford (Aus) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Kumar Sangakkara (SL)
  • Engeland het die loot gewen en verkies om te kolf.
Groepfase
12 Maart 2015
14:00 (NZDT) (D/N)
Telkaart
Westpacstadion  Suid-Afrika
341/6 (50 boulbeurte)
t
Westpacstadion  Verenigde Arabiese Emirate
195 (47.3 boulbeurte)
AB de Villiers 99 (82)
Mohammad Naveed 3/63 (10 boulbeurte)
Swapnil Patil 57* (100)
AB de Villiers 2/15 (3 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 146 lopies
Westpacstadion, Wellington
Bywoning: 4 901
Skeidsregters: Steve Davis (Aus) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: AB de Villiers (SA)
  • Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
Kwarteindrondte
21 Maart 2015
14:00 (NZDT) (D/N)
Telkaart
Westpacstadion  Nieu-Seeland
393/6 (50 boulbeurte)
t
Westpacstadion  Wes-Indië
250 (30.3 boulbeurte)
Martin Guptill 237* (163)
Jerome Taylor 3/71 (7 boulbeurte)
Chris Gayle 61 (33)
Trent Boult 4/44 (10 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 143 lopies
Westpacstadion, Wellington
Bywoning: 30 268
Skeidsregters: Richard Kettleborough (Eng) en Bruce Oxenford (Aus)
Speler van die wedstryd: Martin Guptill (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en verkies om te kolf.

Rugbyliga-Toetswedstryde

Datum Teenstaander Telling Toeskouers Deel van
13 Julie 2001 Westpacstadion  Australië 10–28 26 580
12 Oktober 2002 24–32 25 015
11 November 2006 Westpacstadion  Groot-Brittanje 34–4 16 401 2006 Drienasies
11 Oktober 2007 Westpacstadion  Australië 0–58 16 681
23 Oktober 2010 Westpacstadion  Engeland 24–10 20 324 2010 Viernasies
12 November 2014 Westpacstadion  Australië 22–18 25 093 2014 Viernasies-eindwedstryd

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Westpacstadion Geriewe en benuttingWestpacstadion GaleryWestpacstadion WedstrydeWestpacstadion VerwysingsWestpacstadion Eksterne skakelsWestpacstadionNieu-SeelandSportStadionWellington, Nieu-Seeland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Albert EinsteinAl-Masdjid an-NabawiHulpwerkwoordAfkappingstekenEugenetikaYsterLuiperdGesagSkilpadVleilandAngssteuringFinale OplossingAnale seksNasionale VrouemonumentSteenkoolPseudowetenskapSwartbewussynsbewegingMiddelmisbruikBesoedelingSwaziWoordeboek van die Afrikaanse TaalImpakte van toerismeHemelvaartsdagVaginale kankerMusieksimboleAnrich HerbstGevlekte muisvoëlBlaarEreksieLys van universiteite in Suid-AfrikaSikloonKoos du PlessisNierGronddegradasieShine4Lys van hoofstedeNag van die lang messeJavaScriptHipoteseGalileo GalileiJak de PriesterSoortnaamDulcie van den BerghReg tot ‘n gesonde omgewingMielieWilna SnymanMaselsSpysverteringstelselSewe doodsondesLys van Suider-Afrikaanse soogdiereVier temperamenteMikro-ekonomieSeksuele oriëntasieSeekatMeervoudIdioomStokely CarmichaelBernice WestMierGewone slakvreterHorlosieSerebrospinale vogStedelike hitte-eilandSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 19940 (getal)Pad na jou hartTydsoneVerstedelikingGevolge van aardverwarming op oseaneGeestesteuringTreinMiljard🡆 More