Die Tibeto-Birmaanse tale vorm die nie-Chinese tak van die Sino-Tibettaanse tale met omtrent 456 tale wat deur sowat 70 miljoen mense gepraat word.
Hulle word veral in Oos-, Suidoos- en dele van Suid-Asië (Himalaja-streek) gepraat.
Tibeto-Birmaanse tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: | Oos-, Suidoos- en Suid-Asië: |
Genetiese klassifikasie: | Sino-Tibettaans Tibeto-Birmaanse tale |
Onderafdelings: | Sien kaart hieronder |
Verspreiding van Tibeto-Birmaanse tale: |
Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Birmaans (32 miljoen), Meitei (1,5 miljoen), Bodo (1,3 miljoen), Newari (1,3 miljoen), Tibettaans (1,2 miljoen, insluitende Dzongkha), Garo (1,1 miljoen), Kokborok (1 miljoen) en Mizo (830 846). Baie Sino-Tibettaanse tale word deur klein gemeenskappe in afgeleë berggebiede gepraat en is weinig gedokumenteer. Die oudste bevestigde Tibeto-Birmaanse taal is Pai-lang uit die derde eeu, gevolg deur Tibettaans en Birmaans.
Wiki Commons bevat media in verband met Tibeto-Birmaanse tale. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Tibeto-Birmaanse tale, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.