Thomas Bowler: Engelse skilder (1812-1869)

Thomas Bowler (1812–1869) was ’n Engelse skilder wat aan die Kaap gewerk het.

Hy het veral landskap-, see- en straattonele en belangrike historiese gebeurtenisse geskilder. Van sy werke is in die William Fehr-versameling, William Humphreys-kunsgalery en die Mendelssohn-versameling opgeneem.

Thomas Bowler
Thomas Bowler: Lewensloop, Bibliografie, Verwysings
Thomas Bowler (1844)
Geboortenaam Thomas William Bowler
Gebore (1812-12-09)9 Desember 1812
Tring, Hertfordshire
Sterf 24 Oktober 1869 (op 56)
Londen
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Veld Skilder

Lewensloop

Thomas Bowler: Lewensloop, Bibliografie, Verwysings 
Die Burnshill-sendingstasie aan die Keiskammarivier.
Thomas Bowler: Lewensloop, Bibliografie, Verwysings 
Tafelbaai, olie op doek.
Thomas Bowler: Lewensloop, Bibliografie, Verwysings 
Treinbrug oor die Bergrivier (Wes-Kaap).

Thomas William Bowler is op 9 Desember 1812 in Tring, Hertfordshire gebore. Hy was die seun van William Bowler en sy vrou Sarah Butterfield. Hy land op 5 Januarie 1834 aan die Kaap as kneg van die nuwe sterrekundige, Thomas Maclear. Hy verlaat Maclear se diens in Julie 1835, waarna hy deur kapt. Richard Wolfe, die kommandant van Robbeneiland, in diens geneem is, en tot aan die einde van 1838 vir hom werk.

Bouler begin om sy dienste as 'n tekenmeester en landskapskilder in Kaapstad aan te bied. Hy kry 'n pos as tekenmeester by die Diocesan-kollege en van 1842 by die Suid-Afrikaanse Kollege. In dieselfde jaar publiseer hy sy eerste litograaf, die landing van die troepe by Port Natal onder dekking van die H.M.S. Southampton. Daarna volg die Vier Aansigte van Kaapstad in 1844.

In Mei 1854 keer hy na Engeland terug, waar hy onderrig van die kunstenaar James Duffield Harding ontvang. Hy keer in Maart 1855 na Kaapstad terug. Hy het wyd deur die Kaapkolonie gereis en plekke soos Knysna en Port Elizabeth langs die Tuinroete besoek. Sy reise het 'n groot aantal skilderye en sketse opgelewer.

Bouler is op 24 Oktober 1869 in Londen oorlede. Hy is twee keer getroud, met Jane Hawthorne en Maria Jolly. Tien kinders is uit sy huwelike gebore.

Bibliografie

  • F.R. Bradlow, Thomas Bowler, His Life and Work, Kaapstad, 1967
  • F.R. Bradlow, Thomas Bowler in Mauritius. A detail in the history of contacts between the Cape of Good Hope and Mauritius 1866–1868, Kaapstad, 1970, A.A. Balkema Publ.
  • Bradlow, Frank R.: Thomas Bowler - pictorial historian of the Cape. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 7, nr. 3, Maart 1958

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Thomas Bowler LewensloopThomas Bowler BibliografieThomas Bowler VerwysingsThomas Bowler Eksterne skakelsThomas BowlerEngelseKaapMendelssohn-versamelingSkilderWilliam Fehr-versamelingWilliam Humphreys-kunsgalery

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van medisinale kruieJeugdagKaapstadGraaff-ReinetDuitse maselsHartVeerGewone breukeKweekhuisgasVerenigde KoninkrykAfrikaanse TaalmonumentPoësieVlieënde HollanderDie Stem van Suid-AfrikaSkerpioenAvbobOrthopteraJeuksiekteVoornaamwoordKarpaletonnelsindroomMobutu Sese SekoRugby20ste eeuAlkoholismeGroepsdrukGenitale vratHeupMorfeemVrugbaarheidBorsteVingerseksHomoniemStam (taalkunde)Struktuur van die AardeTuisbladAnale kankerDigitale en analogiese tydRomeinse RykDiarreeTelwoordMiljardLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsDonkieTemperatuurDistrik SesKoerantPornografiese akteurLien se lankstaanskoeneAanhalingstekensVersoeningsdagMickey MuisPolitieke partyLyfstraf in skoleVerkleurmannetjieLongHernubare energieSuiwelprodukBeurtkragLetterlike en figuurlike taalgebruikEwenaarGloeilampMaatskaplike verantwoordelikheidDokterRuan PienaarBruto binnelandse produkVolhoubare ontwikkelingLewerPolisieAardbewingWikipediaWaterbesparing in Suid-AfrikaMiddeloorontstekingInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandSwart mensePeriodieke tabelSASOL🡆 More