Jansen-Versameling

Die Jansen-versameling in die Nasionale Kultuurhistoriese en Opelugmuseum in Pretoria bestaan uit antieke voorwerpe en Africana nagelaat deur dr.

E.G. Jansen en sy vrou Mabel Jansen.

Die versameling bestaan uit 600 items waarvan die kern gevorm word deur ‘n aantal Kaapse meubelstukke uit die 17de en 18de eeu gemaak van stinkhout en geelhout. Onder die 122 skilderye en grafiese werke is werke van Thomas Bowler, Thomas Baines, Frederik I’Ons, Jahleel Brenton, Abraham de Smidt, Emily Sophia Hamilton, Pierneef, Frans Oerder, W.H. Coetzer, Ruth Prowse en Jan Volschenk. Daar is bronsbeelde deur Anton van Wouw, antieke Kaapse gebruiksartikels (veral kombuisware) in koper, stukke in Kaapse silwer, Africana-gravures, enkele besondere boeke oor Afrika, Chinese porselein, ornamente, horlosies en besondere stukke naaldwerk.

Die versamel van besondere oudhede was Mabel Jansen se stokperdjie. Jare lank het sy rommelwinkels, afslaerslokale, oudhedehandelaars, veilings en markte (veral die Parade) besoek.

Hierdie versameling is in 1977 deur die staat aangekoop.

Bibliografie

  • Die Jansen-versameling. ‘n Kultuurskat nagelaat deur Ernest en Mabel Jansen. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis, Kuns en Kultuur. Jaargang 31, nr. 2, April 1982

Tags:

AfricanaE.G. JansenMabel JansenPretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MasturbasieHomoniemWoordsoortBernice WestMenseregtedagHipertensieVaginaRooibokBoomPretoriaWebwerfJupiterKoedoeSteenkoolOsoonuitputtingBrongitisLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaPornografieSlawernyKinderregteHindoeïsmeBreinvliesontstekingBrandmondsindroomGeelsugMaselsDeurgangsriteSomerNaaldekokerAppelHector PietersonHidroëlektrisiteitSimboolVrye FranseGianna MichaelsKnysnaAkuutSenuweestelselJohannesburgToerismeKaapse MaleiersSuikersiekteKolitisMilitêre geskiedenis van Suid-AfrikaLitiumBoelieryNuwe TestamentNatuurrampKrokodilMaan3D-rolprentEuropaOntwikkelde landLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)SonnestelselLys van Griekse mitologiese figureKwaZuluEnsiklopedieToekoms van die AardeSkilpadSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieTelefoonDoziGeboorteSwart nasionalismeFinale OplossingMartin Luther King jr.Internasionale Historiese Genootskap RobbeneilandThys die BosveldklongCutt GlasFransLiewe HeksieBeurtkragSpelerposisies in rugbyWet op Bantoe-onderwysOplossing (chemie)Samestellende afleidingEkonomie🡆 More