Anton Van Wouw: Nederlandsgebore beeldhouer

Anthonie (Anton) van Wouw (27 Desember 1862, Driebergen - 30 Julie 1945, Pretoria) was 'n Nederlandsgebore beeldhouer en word beskou as die vader van die beeldhoukuns in Suid-Afrika.

Van Wouw was die pleegpa van die bekende skilder Jacobus Hendrik Pierneef.

Anton van Wouw
Anton Van Wouw: Biografie, Werke, Galery
Geboortenaam Anthonie van Wouw
Gebore (1862-12-27)27 Desember 1862
Driebergen, Nederland
Sterf 30 Julie 1945 (op 82)
Pretoria, Unie van Suid-Afrika
Nasionaliteit Vlag van Nederland Nederland
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Veld Beeldhouwerk
Anton Van Wouw: Biografie, Werke, Galery
Anton van Wouw Huis, Pretoria.

Van Wouw is begrawe in Rebecca-begraafplaas Pretoria-Wes.

Biografie

Van Wouw het op ouderdom 28 besluit om na die ontwikkelende stad van Pretoria te trek en wag vir tien jaar vir sy eerste opdrag. Die kom toe van die finansier Sammy Marks om die Krugerstandbeeld ter ere van oud-president Paul Kruger te ontwerp wat vandag nog op Kerkplein, Pretoria staan.

In sy werk vang hy gereeld die rowwe en emosionele kern van sy onderwerp vas. Een van sy belangrikste werke is die figuur van 'n vrou wat deel uitmaak van die Vrouemonument naby Bloemfontein. Hy het saam met Frans Soff gewerk in die skep van die figuur. Hy het ook die figuur van 'n vrou en kinders gemaak wat deel is van die Voortrekkermonument in Pretoria, 'n borsbeeld van generaal Christiaan de Wet en die standbeeld van Louis Botha in Durban.

Hy het ook verskeie kleiner beelde gemaak van inheemse mense. Hulle is baie minder formeel as sy groter werk met treffende lewensgetroue gesigsuitdrukkings.

Hy ontvang in 1936 'n eredoktorsgraad van die Universiteit van Pretoria en in 1937 die SA Akademie Medalje vir Beeldhou.

Sy huis (ontwerp deur Norman Eaton in 1939) is as 'n museum ingerig deur die Universiteit van Pretoria in 1974.

Werke

Vrou en kinders, voltooi in 1938. Die bronsbeeld wat die rol vereer wat die vrou gespeel het tydens die Groot Trek was van Wouw se laaste opdrag. Die beeld teen die voet van die Voortrekkermonument in Pretoria staan 4,1 meter hoog en weeg 2,5 ton. Die gietwerk is gedoen deur Renzo Vignali in Pretoria. Die modelle vir die standbeeld was Cato Roorda of Isabel Snyman as die vrou, Betty Wolk as die dogter en Joseph Goldstein as die seun.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Anton Van Wouw BiografieAnton Van Wouw WerkeAnton Van Wouw GaleryAnton Van Wouw VerwysingsAnton Van Wouw Eksterne skakelsAnton Van Wouw1862194527 Desember30 JulieBeeldhoukunsJacobus Hendrik PierneefNederlandsPretoriaSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NiersteenSemenSeekoeiHartversakingBreingewas202326 MaartOosters-Ortodokse KerkJeugdagNelson MandelaMolotofbomSowjetunieEkonomie van Suid-AfrikaKarpaletonnelsindroomIerse nasionale rugbyspanRam (sterreteken)Jannie du ToitCobus RossouwBrongitisLandbouLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameSeksuele opwekkingWeeluisPeach van PletzenKoreaanse nasionale rugbyspanPersentasieKappie (skryfteken)SwartbewussynsbewegingEuropaJudaïsmeWaterhertLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaVier temperamenteTegnologieRepubliek ArtsachHondsdolheidJohannes VermeerWikiTweede VryheidsoorlogInhoudOpgestopte speelgoedSuiwelprodukFridtjof NansenAntjie KrogMarsOnse VaderKuberkrakerKrokus Stadsaal-aanvalHomoniemJacques LootsHernubare energieTierboskatOraniaDepressie (gemoedstoestand)Alvin BruindersInternetAsmaKarakteriseringKaapstadDrie SusterskerkeEthiopiëJaco du PlessisSlukderm🡆 More