Soezdal

Soezdal (Russies: Суздаль) is ’n stad in Rusland en die administratiewe hoofstad van die distrik Soezdal in die Wladimir-oblast.

Dit is aan die Kamenkarivier geleë 26 km noord van die stad Wladimir, die administratiewe hoofstad van die oblast. In 2015 het die stad 9 978 inwoners gehad.

Soezdal

Суздаль
Stad
Die koepels van die Katedraal van die Geboorte van Gods Moeder.
Die koepels van die Katedraal van die Geboorte van Gods Moeder.
Vlag van Soezdal
Vlag
Wapen van Soezdal
Wapen
Wladimir-oblast in Rusland
Wladimir-oblast in Rusland
Soezdal is in Wladimir-oblast
Soezdal
Soezdal
Die ligging van die stad Soezdal in Wladimir-oblast
Koördinate: 56°25′N 40°27′O / 56.417°N 40.450°O / 56.417; 40.450 40°27′O / 56.417°N 40.450°O / 56.417; 40.450
LandVlag van Rusland Rusland
DeelgebiedWladimir-oblast
Stigting1024
Regering
 • TipeMunisispale distrik
 • BurgemeesterLarisa Majorowa
Oppervlak
 • Totaal15 km2 (6 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal9 978
TydsoneUTC+04:00
Skakelkodes49231
Webwerfhttp://www.gorodsuzdal.ru

Soezdal is een van die oudste nedersettings in Rusland. In die 12de eeu het dit die hoofstad van die prinsdom Rostof-Soezdal geword, met Moskou as een van die ondergeskikte dorpe. Deesdae is Soezdal die kleinste van die stede in die Goue Ring van Rusland, maar dis is ’n groot trekpleister vir toeriste. Verskeie van sy monumente is Unesco-wêrelderfenisterreine.

Geskiedenis

Soezdal 
Soezdal in 1912
Soezdal 
Soezdal in die Kerstyd
Soezdal 
Watertrem in Soezdal

Die stad se geskiedenis dateer van 1024. In 1125 het Joeri Dolgoroeki Soezdal die hoofstad van die prinsdom Rostof-Soezdal gemaak. Soezdal was dus ’n hoofstad toe Moskou nog in sy beginskoene gestaan het. In 1157 het Andrei Bogoljoebski die hoofstad van Soesdal na Wladimir geskuif, en van dié tyd af was die prinsdom bekend as Wladimir-Soezdal.

Die stad lê in ’n vrugbare koringstreek en het ’n handelsentrum gebly selfs ná die inval in Kiëf-Roes deur die Mongoolse Ryk. Dit het later met Nizjni Nowgorod saamgesmelt totdat albei in 1392 deur die Grootvorstedom Moskou geannekseer is.

Ná ’n afname in Soezdal se politieke belangrikheid het dit ’n godsdienssentrum geword, met groot ontwikkelingsprojekte wat in die 16de eeu deur Wasili III en Iwan die Verskriklike aangepak is. In die laat 17de en 18de eeu het ryk handelaars betaal vir 30 kerke, wat steeds die stad versier. Daar was in ’n stadium 40 kerke in die stad met 400 families.

In 1864 kon plaaslike handelaars nie die regering oorreed om die Transsiberiese Spoorlyn deur hul stad te laat loop nie. Dit het deur Wladimir geloop en Soezdal het daardeur nie net die treine misgeloop nie, maar ook die hele 20ste eeu. Verder het Soezdal in 1967 die status van ’n beskermde gebied gekry en dit het die ontwikkeling van die stad amptelik beperk. Soezdal het dus in ’n baie lang tydperk nie veel verander nie – sy oulike houthuisies staan tussen die kerke waarvan die goue koepels in die Kamenka weerkaats word.

Vandag is die stad ’n belangrike toerismesentrum vanweë sy talle voorbeelde van ou Russiese argitektuur – die meeste daarvan kerke en kloosters. Al het dit net minder as 10 000 inwoners, het dit sy plaaslike voorkoms behou, met talle strome en grasvelde. Hoenders en vee is ’n algemene gesig in die strate, waarvan sommige nie geteer is nie. Hierdie Middeleeuse voorkoms gee aan Soezdal ’n prentjiemooi sjarme; in die somer is skilders en hul esels ’n algemene gesig.

Kerke en kloosters

Soezdal 
 
Soezdal 
 
Soezdal 
 
Soezdal 
 
Soezdal 
 
Soezdal 
 
Soezdal 
 
Soezdal 
 
Soezdal 
 
Soezdal 
 
Soezdal 
 
Soezdal 
 

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Soezdal GeskiedenisSoezdal Kerke en kloostersSoezdal VerwysingsSoezdal Eksterne skakelsSoezdalOblastRuslandRussiesWladimir (stad)Wladimir-oblast

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DiepaartromboseOntwikkelde landVoorvoegselMeervoudEkonomie van Suid-AfrikaFrederik Willem de KlerkLyfstraf in skolePalestyneVlinderIdioomOnderwysArabiesN.P. van Wyk LouwPatriotic AllianceErebus (berg)Green PornoGetalJode in Suid-AfrikaSamestellingMandalaPankreasRacheltjie de BeerGestremdheidDesmond TutuProvinsies van Suid-AfrikaCalviniaKaartGeskiedenis van erotiese afbeeldingsKommunismePaarl GimnasiumDroogteDistillasieHeupvervangingNeurenberg-verhoreBorskankerMenslike skeletKunsmatige intelligensieWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaDoziAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeKoolhidraatPornografiese subgenresEnergie-ontwikkelingHoërskool Sentraal, BloemfonteinSweedsCutt GlasAppelGroenAlkoholismeByVars waterDubbelpuntSelfieHomofoonSonRooibokPlaasjapieMiljardKlein-KarooSlangBloemfonteinNedersettingWerkersdagPropagandaHaasTuberkuloseAsemhalingWolStereotipeKlein vyf diereDaggaTarentaleYslandAktuarisVerkleinwoord🡆 More