Propyn: Chemiese verbinding

Propyn is 'n onversadigde drie-koolstofketting-alkyn met die molekulêre formule C3H4.

Dit staan ook bekend as metielasetileen of allileen, het een drievoudige binding en is die tweede eenvoudigste lid van die alkynklas koolwaterstowwe. Dit is 'n kleurlose gas met 'n effense soet reuk. Dit was een van die komponente van 'n gasmengsel genaamd MAPP wat gebruik is om asetileen te vervang. Hierdie mengsel word egter nie meer in grootmaat gemaak nie, en effens onsuiwer propyleen (propeen) word eerder gebruik. In verbindings word hierdie groep na verwys as "propyl".

Eienskappe

Algemeen

Naam Propyn 
IUSTC-naam Propyn 
Ander name Metielasetileen
Allileen
Struktuurformule van Propyn
Struktuurformule van Propyn
Propyn: Produksie en ewewig met metielasetileen, Organiese chemie, In die sterrestelsel
Chemiese formule C3H4
Molêre massa 40.0639 g/mol
CAS-nommer 74-99-7  
Voorkoms kleurlose gas
Fasegedrag
Smeltpunt −102.7 °C
Kookpunt −23.2 °C
Digtheid 0.53 g/cm3
Oplosbaarheid

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Propyn: Produksie en ewewig met metielasetileen, Organiese chemie, In die sterrestelsel Chemie

Produksie en ewewig met metielasetileen

Propyn (metielasetileen) bestaan in ewewig met propadieen en die mengsel word soms MAPD genoem vir metielasetileen-propadieen:

waarvoor die ewewigskonstant Keq=0,22 teen 270 °C, of Keq=0,1 teen 5 °C.

MAPD word geproduseer as 'n dikwels ongewenste neweproduk van dehidrogenering van propaan om propeen te produseer, 'n belangrike grondstof in die chemiese industrie. MAPD affekteer die katalitiese polimerisasie van propeen.

Propyn kan ook op laboratoriumskaal gesintetiseer word deur die reduksie van 1-propanol, allilalkohol of asetoon dampe oor magnesium, wat as katalisator optree.

Organiese chemie

Propyn is 'n maklike drie-koolstof-bousteen vir organiese sintese. Deprotonasie met n-butiellitium gee propiniellitium. Hierdie nukleofiliese reagens bind saam met karbonielgroepe (C=O) wat alkohole en esters produseer. 'n Voorbeeld is die reaksie van propyn met butiellitium om 'n propiniellitium-tussenganger te vorm (verbinding 1). Dit reageer met etielchloorformaat en eter om etieltetrolaat (verbinding 2) te vorm.

Etieltetrolaat reageer self met eter om die ester etielisokronaat (verbinding 3) te vorm.

Propyn, tesame met 2-butyn, word ook gebruik om gealkileerde hidrokinone te sintetiseer as deel van die totale sintese van vitamien E.

In die sterrestelsel

In 1998 het die Europese Ruimtevaartorganisasie vir die eerste keer berig oor die aanwesigheid van propyn in Saturnus se atmosfeer.

Verwysings

Tags:

Propyn Produksie en ewewig met metielasetileenPropyn Organiese chemiePropyn In die sterrestelselPropyn VerwysingsPropynAlkynAsetileenKoolwaterstofPropeenVersadigde en onversadigde verbindings

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ArmoedeArendDolfynPriemgetalSeksualiteitNG gemeente KerkenbergBywoordKoggelmanderBreinLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaDirekte en Indirekte redeGebande muishondMenseregtedagGrondsoorteIngenieursweseEiffeltoringParysAlliterasiePerineumJagluiperdOutismeKonflik (proses)HolocaustWikiSamestellende afleidingLys van Afrikaanse rolprenteGeskiedenis van kommunikasieSeksuele opwekkingKewerHondsdolheidC (programmeertaal)Irma SternGeorge-museumGeskiedenis van die BoererepubliekePeter MamakosRomeinse syfersHoutskoolMiddelmisbruikSkeletPofadder (slang)Ou Apostoliese KerkAalwynKorrupsieObesiteitAfrikaanse wielewaalButch en femmeVulvaGemeenskapsorganisasieSkipGayNepotismeSC 04 Westfalia HerneVoegwoordPerdJazzDoodGeweldTrappe van vergelykingLys van Afrikaanse digtersGeslagsorgaanNuwe TestamentMuishondMieliestronkIrakHomoniemAarde se atmosfeerNaaktheidWitbloedselJakobTransgenderKaasKoorsblaarIsraelWit-DonderdagEmosie🡆 More