Propeen: Chemiese verbinding

Propeen is 'n onversadigde drie-koolstofketting-alkeen met die molekulêre formule C3H6.

Dit staan ook bekend as propileen of metieletileen, het een dubbelbinding en is die tweede eenvoudigste lid van die alkeenklas koolwaterstowwe. Dit is 'n kleurlose gas met 'n flou petroleumagtige reuk. Propileen wat van hernubare materiale gemaak word, word Bio-propileen genoem.

Eienskappe

Algemeen

Naam Propeen 
IUSTC-naam Propeen 
Ander name Propileen
Metieletileen
Struktuurformule van Propeen
Struktuurformule van Propeen
Propeen: Voorkoms in die ruimte, Gebruike, Produksie
Chemiese formule C3H6
Molêre massa 42,081 g/mol
CAS-nommer 115-07-1  
Voorkoms kleurlose gas
Fasegedrag
Smeltpunt -185.2 °C
Kookpunt -47.6 °C
Digtheid 1.81 kg/m3 (teen 15 °C en 101.3 kPa)
Oplosbaarheid 0.61 g/m3

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt −108 °C

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Propeen: Voorkoms in die ruimte, Gebruike, Produksie Chemie

Voorkoms in die ruimte

Op 30 September 2013 het NASA aangekondig dat die ruimtevaartuig Cassini, 'n deel van die Cassini-Huygens-missie, klein hoeveelhede natuurlik propeen wat natuurlik daar voorkom, in die atmosfeer van Titaan met behulp van spektroskopie ontdek het.

Gebruike

Propeen: Voorkoms in die ruimte, Gebruike, Produksie 
Die bokant van 'n "Tic Tac" pepermentboks is gemaak van polipropileen

Propeen is die tweede belangrikste beginproduk in die petrochemiese industrie na etileen, met ongeveer 85 miljoen ton wat in 2013 gebruik is. Twee derdes van die propeen wat in die industrie gebruik word, word na polipropileen omgeskakel, en die res word meestal gebruik om propileenoksied, akrylnitril, komeen, butiraldehied, en akrielsuur te vervaardig. Polipropileen word gebruik in films, vesels, houers, verpakking, doppe, ens.

Propeen word ook gebruik om isopropanol (propan-2-ol), akrilnitril, propileenoksied en epikloorhidrien te vervaardig. In die industrie en werkswinkels word propeen gebruik as 'n alternatiewe brandstof vir asetileen vir die sweis en sny, soldeer en verhit van metaal.

Produksie

Daar is drie hoof maniere waarop propeen geproduseer word: stoomkraak, olefienomskakeling en vloeistofkatalitiese kraak.

Stoomkraak

Die heersende tegnologie vir die vervaardiging van propeen is stoomkraaking en is dieselfde tegnologie wat toegepas word om etaan na etileen te verander. Hierdie twee omskakelings is die twee grootste prosesse in die chemiese industrie, volgens hul skaal en die proses is een van die mees energie-intensiewe industriële prosesse. In hierdie proses ondergaan propaan dehidrogenering en die opbrengs van propeen is ongeveer 85 m% met 'n neweproduk, waterstof:

      CH3CH2CH3 → CH3CH=CH2 + H2

Die grondstof is nafta of propaan en die propeen kan geskei word van die grondstowwe deur fraksionele distillasie.

Olefin-omskakeling

In die Phillips Olefin-omskakelingstegnologie word propileen onderling omgesit met etileen en 2-butene. Renium en molibdeen word as katalisators gebruik:

      CH2=CH2 + CH3CH=CHCH3 → 2 CH2=CHCH3

Die tegnologie is gebaseer op 'n olefienmetatese-reaksie wat deur die Phillips Petroleum Company ontdek is en propeen-opbrengste van ongeveer 90 m% word daarmee behaal.

'n Verwante proses is die metanol-na-olefiene / metanol-na-propeen prosese waarin sintetiese gas (sintesegas) na metanol omgeskakel word en dan word die metanol in etileen en / of propeen omgeskakel. Die proses produseer water as neweproduk. Sintesegas word vervaardig uit die reformasie van natuurlike gas of deur die stoom-geïnduseerde reformasie van petroleumprodukte soos nafta, of deur vergassing van steenkool. Sasol is aktief op die gebied by die produksie-aanleg vir sintetiese brandstof in Secunda.

Vloeistofkatalitiese kraak

Vloeistofkatalitiese kraak word gebruik onder uiterste toestande (hoër katalisator-tot-olie-verhoudings, hoër stoominspuitingsnelhede, hoër temperature, ens.) om die hoeveelheid propeen en ander ligte produkte te maksimeer. Dit produseer ongeveer 20-25 m% propeen saam met groter volumes petrol en ander neweprodukte.

Verbrandingsreaksies

Propeen ondergaan verbrandingsreaksies op 'n soortgelyke manier as ander alkene. In die teenwoordigheid van voldoende of oormaat suurstof, brand propaan om water en koolstofdioksied te vorm.

      2 C3H6 + 9 O2 → 6 CO2 + 6 H2O + hitte

As daar onvoldoende suurstof is vir volledige verbranding, vind onvolledige verbranding plaas sodat koolstofmonoksied en / of roet (koolstof) ook gevorm kan word.

      C3H6 + 2 O2 → 3 H2O + 2 C + CO + hitte

Verwysings

Tags:

Propeen Voorkoms in die ruimtePropeen GebruikePropeen ProduksiePropeen VerbrandingsreaksiesPropeen VerwysingsPropeenAlkeenKoolwaterstofRuolieVersadigde en onversadigde verbindings

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Organisasie sonder winsoogmerkKrugerwildtuinEkotoerismeAardbewingMieliestronkWerkwoordDiarreeGreen PornoRefentse MorakeLys van Kaapstad se voorstedeAlkoholismeSeekoeiNic de JagerDuitslandKalsiumKoekie (rekenaarwetenskap)Gezina, PretoriaNazi-DuitslandWaterstofGoogleLetterkundeFascismeTrekarbeidNicole StraussStam (taalkunde)GemeenskapsorganisasieOu Apostoliese KerkSwart nasionalismeSendelingposisieTafelbergBakterieJeuksiekteNatriumLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaWaarheid-en-versoeningskommissiePuberteitSinoniemBoer (landbou)NamibiëPrivaat maatskappySonpaneelSeksNederlandsDeelwoordMiddeloorontstekingMaagHabitatVoedingRooikatSuid-Afrikaanse randVlag van Suid-AfrikaKameelperdWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaBreinBynierEsias BoschVrouMiddeleeueSeksueel oordraagbare infeksieKolorektale kankerLyfstraf in skoleVoortrekkermonumentPornografiese subgenresSomerGroot TrekSlangNierversakingEskomVerenigde KoninkrykLewerBloemfonteinVlinderWêreld- Ekonomiese ForumStresApokriewe boekeBiologie🡆 More