Romeinse Syfers

Romeinse syfers verwys na die syferstelsel wat deur die Romeinse Ryk gebruik is.

Die Romeine het getalle voorgestel deur middel van 'n kombinasie van letters uit die Latynse alfabet. Die getalle 1 tot 10 is as volg geskryf:

Romeinse Syfers
Horlosie met Romeinse syfers.
    I, II, III, IV, V, VI, VII, VIII, IX, en X.

Die alledaagse gebruik van Romeinse syfers in Europa het lank na die val van die Romeinse Ryk voortgeduur. Dit is eers vanaf die 14de eeu dat die moderne Arabiese syferstelsel hom geleidelik begin vervang het.

Konteks

Die wyse waarop getalle in die antieke wêreld voorgestel is, verskil van land tot land. Sommige lande, soos Babilon, het 'n posisionele notasie gebruik soortgelyk aan die notasie wat ons vandag gebruik. In so 'n stelsel hang die waarde wat aan enige simbool geheg word af van sy posisie in die simboolstring, byvoorbeeld "9" het die waarde "9" in die string" 12349", hy het die waarde "90" in die string "492" en het die waarde "900" in die string "1942"). Ander lande soos Antieke Israel en Griekeland en Rome het 'n byvoegingstelsel gebruik waarin enige een simbool net een betekenis gehad het.

Antieke Israel en Griekeland het die eerste nege letters van hul alfabet gebruik om die getalle "1" tot "9" voor te stel, die volgende nege letters om die getalle "10", 20", ..., "90" voor te stel. Daarna het hulle het die oorblywende letters met spesiale karakters gebruik vir die getalle “100”, “200”, … “900”.

Die Romeinse sisteem het verskil van bogenoemde sisteme omdat hulle het simbole herhaal waar dir nodig is. Byvoorbeeld, die simbool "X" beteken "10", die simbool "XX" beteken "10+10" of "20" ensovoorts. Op hierdie manier het die Romeine net agt simbole nodig gehad om getalle van 1 tot 3888 voor te stel. Hulle het spesiale notasies vir groter getalle gebruik marr huklle is deesdae nie in algemene gebruik nie.

Gebruik van Romeinse Syfers

Al is die Romeinse syfers meer as twee duisend jare gelede ontwikkel, kom 'n mens nog tans teen hulle aan. Hulle verskyn dikwels op horlosies en ook saam met die kopieregtekens, veral in die rolprentbedryf. Hulle word ook dikwels gebruik vir die nommering van items soos boekhoofstuknommers en bladsynommers van die voorblaaie van 'n boek (kopieregbladsy, titelbladsy, inhoudbladsy ens.). Deesdae word Romeinse syfers soms met kleinletters geskryf, maar in die Romeinse tyd was kleinletters onbekend – alles was in hoofletters geskryf.

Romeinse Syfers 
Ingang na afdeling LII (52) van die Colosseum, die Romeinse syfers is steeds sigbaar.
Ingang na afdeling LII (52) van die Colosseum, die Romeinse syfers is steeds sigbaar.  
Romeinse Syfers 
Die stadsklok in Guildford, Verenigde Koninkryk het Romeinse syfers.
Die stadsklok in Guildford, Verenigde Koninkryk het Romeinse syfers.  
Romeinse Syfers 
Boujaar (1806) op die gewel van die Sándor-paleis, Boedapest, amptelike woning van die president van Hongarye.
Boujaar (1806) op die gewel van die Sándor-paleis, Boedapest, amptelike woning van die president van Hongarye.  
Romeinse Syfers 
Hoofstukke in die Bybel. In hiedie geval, hoofstuk XV (Hoofstuk 15) van 1 Korintiërs
Hoofstukke in die Bybel. In hiedie geval, hoofstuk XV (Hoofstuk 15) van 1 Korintiërs  

Hoe om Romeinse syfers te lees en te skryf

Sekere getalle word deur een letter voorgestel:

    Romeinse syfer Getal
    I 1
    V 5
    X 10
    L 50
    C 100
    D 500
    M 1000

Romeinse syfers word gewoonlik aangebied as 'n reeks simbole wat in afnemende volgorde gerangskik is. Wanneer hulle bymekaar getel word, gee hulle die onderliggende getal. Byvoorbeeld "XVII" beteken "X+V+I+I" = 10+5+1+1 =17. Met 'n soortgelyke analoog kan die jaar 2023 (2000+20+3) MMXXIII geskryf word.

Benewens die byvoegingsvorm hierbo beskryf, word sekere syfers geëvalueer deur gebruik te maak van 'n subtraktiewe vorm, byvoorbeeld "IX" waar die laer gewaarde simbool die hoër waarde simbool voorafgaan. Dit beteken dat die laer gewaardeerde simbool van die hoërwaardesimbool afgetrek word. Dus "IX" = (-1+10) = 9. Die volledige lys van subtraktiewe syfers is:

    Romeinse syfer Getal
    IV 4
    IX 9
    XL 40
    XC 90
    CD 400
    CM 900

Hierdie aftrekvorm word nie altyd gebruik nie. 'n Mens sal dikwels "IIII" in plaas van "IV" sien, "XXXX" in plaas van "XL" sien of "CCCC" in plaas van "CD" sien.


Breuke

Alhoewel Romeinse syfers deesdae ook uitsluitlik gebruik word om heelgetalle aan te dui, het die Romeine 'n stelsel gehad om dit te gebruik om breuke aan te dui. Hulle stelsel het die kenmerk gehad dat hulle heelgetalle voorgestel het deur 'n desimale notasie te gebruik, maar breuke met 'n duodesimale stelsel voorgestel het. Om dit te kan doen, het hulle twee verdere simbole bekendgestel: "S" wat 'n halwe verteenwoordig en 'n kolletjie wat 'n twaalfde verteenwoordig. As daar meer as een kolletjie was, is hulle in 'n verskeidenheid patrone gerangskik.

Breuk Romeinse syfer
112 ·
212 = 16 ·· of :
312 = 14 ··· of
412 = 13 ···· of
512 ····· of
12 S

Die Romeine het breuke tot 1288 gebruik, maar hierdie breuke word amper nooit anders as akademiese tekste gesien nie. As 'n voorbeeld in die gebruik van breuke, skryf die Romeine "9 34" as "IXS∴" (-1+10+12+312).

Verwysings

Tags:

Romeinse Syfers KonteksRomeinse Syfers Gebruik van Romeinse Syfers Hoe om Romeinse syfers te lees en te skryfRomeinse Syfers BreukeRomeinse Syfers VerwysingsRomeinse SyfersLatynse alfabetRomeinse Ryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ViëtnamNag van die lang messeWetenskaplike klassifikasieBraaiVerfAfrikaanse taalleerVoegwoordLys van oseane, seë en mereStilleweAssonansieOranjerivierNemunasKoolstofJavaScriptBeroerteSuid-AfrikaHeuningbyPapegaaieSoogdierMierSebraGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaAnilingusEl (lengtemaat)MenstruasieGrondbesoedelingBywoordISO 3166-2VerkragtingRassisme in AfrikaPesachGreen PornoLewerIronieInstagramRuslandAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomePrimêre sektor van die ekonomieAtlantiese OseaanWikiAnton GoosenMantisWinnie Madikizela-MandelaAalwynKolonialismeDigvormAlliterasieSwaweldioksiedMusiekteaterBergen-Belsen-konsentrasiekampLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierBrandmondsindroomBysteekVoëlgriepLEngelsLeonardo da VinciWêreld- Ekonomiese ForumGoogleStresHeelgetalSendelingposisiePinksterKragopwekkingSelfvertrouePornografiese subgenresKaapstadse waterkrisis 2015-2018Galileo GalileiOos-KaapYsterSoweto-opstandPretoriaFilosofieBlourokkeFiksie🡆 More