Chemie Eter

Eters is organiese verbindings wat deur 'n R-O-R’ funksionele groep gekenmerk word.

Hulle vorm gebuigde molekule. Die R-O-R’-hoek is gewoonlik ongeveer 112 grade.

Chemie Eter
Algemene struktuur van 'n etermolekuul

R en R’ kan dieselfde groep verteenwoordig soos in diëtieleter CH3CH2OCH2CH3, wat die bekendste verteenwoordiger van hierdie klas verbindings is, maar hulle kan ook verskillend wees, soos in etielmetieleter CH3OCH2CH3. Hulle word tradisioneel met 'n agtervoegsel -eter na die twee groepe, byvoorbeeld R=etiel en R’=metiel genoem. Die huidige IUSTC-benaming beskou die kortste R-O- groep as 'n syketting en noem CH3OCH2CH3 metoksi-etaan en CH3CH2OCH2CH3 etoksi-etaan.

Vervaardiging

Die eerste eter (diëtieleter of dikwels gewoon eter) was reeds in die Middeleeue bekend. Dit kan verkry word deur aan etanol met behulp van swawelsuur water te onttrek:

    Chemie Eter 

'n Ander sintesemetode gaan uit van 'n halogenoalkaan, byvoorbeeld metielbromied en 'n alkoksied (of alkanolaat) soos natriumetoksied (of -etanolaat):

Chemie Eter 

Eienskappe

Die R-O-R funksionele groep besit 'n dipoolmoment, maar dit is taamlik klein. Eters is daardeur slegs matig polêr en gewoonlik goeie oplosmiddels vir organiese molekule. Afhanklik van die aard van die twee R-groepe is eters taamlik vlugtig en dikwels taamlik brandbaar. 'n Ander gevaar is dat eters wat aan die lug se suurstof blootgestel is stadig eterperoksiede kan vorm wat ontploffings kan veroorsaak.

Homoloë

Daar is verbindings van ander elemente van die suurstofgroep, swael, seleen en telluur wat as die eters se homoloë beskou kan word: die tioëters, selenoëters en telluroëters. Dimetielsulfied en dimetielselenied is goeie voorbeelde.

Tags:

Organiese verbinding

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KatAkuutDurbanBelastingNederlandsDemi Lee MooreAtoomNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaSelfmoordBoelieryVars waterAB de VilliersSkoolNarsismeHindoeïsmeHorlosieSharpeville-slagtingKriekVlag van Suid-AfrikaAfvalbestuurWikiquoteSweedsSkoenlapperGlobaliseringVergelykings (taalkunde)Wetenskaplike klassifikasieAborsieJaco JacobsWolfErosietipesChapmanspiek-rylaanNiersteenVulkaanSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024LugbesoedelingVormIndustriële RevolusieYouTubeConsolidated B-24 LiberatorLeonardo da VinciIndiëWitbloedselBewussynBakterieWaterpokkiesOopbroninhoudKlopjagMenseregtedagMateriaalPaddaGalileo GalileiBronsAardbewingStam (taalkunde)NasionalismeVerstedelikingVloeistofErektiele disfunksieWoordeboek van die Afrikaanse TaalBateVerkleinwoordLatynPaasfeesDrakensberge3D-rolprentNamibwoestynNeurenberg-verhoreOrtopedieWerkloosheidSpelerposisies in rugbyPreseminale vloeistofSuid-Afrikaanse WeermagSeksposisieSeksuele opwekkingDrama🡆 More