Hidried

In die chemie is 'n hidried formeel die anioon van waterstof, H- maar die term word losweg toegepas.

Alle verbindings wat kovalent gebonde H-atome bevat word ook hidriede genoem: water is 'n hidried van suurstof, ammoniak is 'n hidried van stikstof, ens. Vir anorganiese chemici verwys hidriede na verbindings en ione waarin waterstof kovalent aan 'n minder elektronegatiewe element geheg is. In sulke gevalle het die H-sentrum nukleofiele karakter, wat kontrasteer met die protiese karakter van sure.

Hidried
Titaan(IV)hidried

Byna al die elemente vorm binêre verbindings met waterstof, met die uitsondering van He, Ne, Ar, Kr, Pm, Os, Ir, Rn, Fr en Ra. Eksotiese molekules soos positroniumhidried is ook al gemaak.

Tipes hidiede

Volgens die algemene definisie vorm elke element van die periodieke tabel (behalwe edelgasse) een of meer hidriede. Hierdie stowwe is volgens die aard van die binding in drie hoofsoorte geklassifiseer:

Ioniese hidriede

Ioniese hidriede het 'n beduidende ioniese bindingskarakter. Hulle bestaan uit hidriëde wat gebind is aan 'n elektropositiewe metaal, gewoonlik 'n alkalimetaal of aardalkalimetaal. Hierdie verbindings is onoplosbaar in konvensionele oplosmiddels. Hulle word gebruik as basisse en as reduseermiddels in organiese sintese.

Dikwels reageer alkalimetaalhidriede met metaalhaliede:

    4 LiH + AlCl3 → LiAlH4 + 3 LiCl
Hidried 
Struktuur van [HRu6(CO)18]-, 'n metaalgroep met 'n interstisiële hidriedligand (die klein turkooisbol in die middel).

Kovalente hidriede

Kovalente hidriede sluit koolwaterstowwe en baie ander verbindings, wat kovalent aan waterstofatome bind, in. In hierdie groep stowwe is die hidriedbinding 'n kovalente binding, net soos die binding wat 'n proton vorm in 'n swak suur. Hierdie kategorie bevat hidriede wat bestaan as afsonderlike molekules, polimere en waterstof wat chemies aan 'n oppervlak geadsorbeer is.

Oorgangsmetaalhidriedkomplekse

Oorgangsmetaalhidriede bevat verbindings wat as kovalente hidriede geklassifiseer kan word, en sommige word selfs as interstisiële hidriede geklassifiseer.

Interstisiële hidriede

Interstisiële hidriede word beskryf as metaalbindings en bestaan meestal in metale of legerings. Hierdie stelsels het gewoonlik wisselende hoeveelhede waterstofatome in die rooster, met die waterstof ewekansig versprei. Palladium absorbeer byvoorbeeld tot 900 keer sy eie hoeveelheid waterstof teen kamertemperature en vorm dan palladiumhidried. Hierdie materiaal word ondersoek vir brandstofselle in voertuie.

Gebruike

Hidriede het 'n verskeidenheid toepassings, insluitend:

  • Hidriede soos natriumborhidried, litiumaluminiumhidried en diisobutielaluminiumhidried word algemeen gebruik as reduksiemiddels in chemiese sintese.
  • Hidriede soos natriumhidried en kaliumhidried word as sterk basisse in organiese sintese gebruik.
  • Hidriede soos kalsiumhidried word as droogmiddels gebruik om water uit organiese oplosmiddels te verwyder.
  • Hidriede is belangrik in batterytegnologieë soos nikkelmetaalhidriedbatterye. Verskeie metaalhidriede is ondersoek vir gebruik as waterstofopberging vir brandstofsel-aangedrewe elektriese motors en ander doelgerigte aspekte van 'n waterstofekonomie.
  • Hidriedkomplekse is katalisators en katalitiese tussenprodukte in 'n verskeidenheid homogene en heterogene katalitiese siklusse. Selfs sekere ensieme werk deur middel van hidriedtussengangers.

Aantekeninge

Verwysings

Tags:

Hidried Tipes hidiedeHidried GebruikeHidried AantekeningeHidried VerwysingsHidriedAmmoniakAnorganiese chemieChemieElektronegatiwiteitElementIoonKovalente bindingStikstofSuurSuurstofWaterstof

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

IsraelBeëdigde verklaringLeierVaginale kankerVryheidsdagBewussynAl-FatihaLettergreepKultuurSias ReineckeSimmetrieHeupInstagramJakkalsLondenVraag en aanbodBorskankerOmtrek, oppervlakte en volumeCheslin KolbeVleilandKondensasieBeaufortskaalXenofobieWitbloedselAgtervoegselMusieksimboleHoofstadMaroela MediaSwangerskapBysteekOnderwerp (taalkunde)MangelontstekingNamibiëSuid-SothoAlkoholismeMonopolyVoedingTienerInternetNasionalismeKoolhidraatWêreld- Ekonomiese ForumLys van Joodse feeste en herdenkingsNiemetaalGasBrandmondsindroomSmeltpuntGawes van die Heilige GeesKrimpvarkieHolocaustSamestellingSwart menseFraktuurMiddeloorontstekingEkonomiese sektorVerkleinwoordProstaatkankerChroniese siekteMetafoorMieliestronkAardedagBoelieryEthiopiëDroogteVersamelnaamMenslike skeletSout (chemiese stof)Erfenisdag (Suid-Afrika)Nadia ValvekensVaginaNatuurlike hulpbronOlimpiese SomerspeleVlekvrye staalSteenkoolLys van musiekinstrumente🡆 More