Droëwors: Suid-Afrikaanse peuselkos

Droëwors is 'n eg Suid-Afrikaanse peuselkos wat op die tradisionele koljander-gekruide boerewors gebaseer is.

Dit word gewoonlik van dunner wors, eerder as die dikker soort gemaak, omrede die dunner wors vinniger droog word en dus nie so maklik bederf voordat dit gepreserveer word nie. Dikker droëwors word gewoonlik plat gedruk sodat dit 'n groter oppervlakte het om makliker uit te droog.

Droëwors: Suid-Afrikaanse peuselkos
'n Stukkie droëwors.

Die resep vir droëwors is soortgelyk aan die van boerewors, alhoewel vark- en kalfsvleis gewoonlik met beesvleis vervang word, omdat die vet van eersgenoemde kan bederf as dit gedroog word. Skaapderms vervang die varkderms wat in boerewors gebruik word. Ná die drogingsproses kan die droëwors in onverkoelde areas gestoor word.

Droëwors is ongewoon onder ander gedroogde vleise omdat dit vinnig in warm, droë toestande gedroog word in teenstelling met tradisionele Italiaanse ingelegde salami, wat stadig in relatief koue en vogtige toestande gedroog word. 'n Verdere verskil is dat droëwors nie ingelegmiddels, soos in tradisionele ingelegde wors, bevat nie. 'n Direkte gevolg hiervan is dat droëwors nie in vogtige toestande geberg kan word nie, omrede dit maklik muf.

Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

BoereworsKoljanderSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DuitslandApostoliese GeloofsbelydenisDurbanAlbert EinsteinGeslagsgelykheidTegnologieGeslagsorgaanHeupvervangingPuberteitSeisoenTolla van der MerweHadjSinoniemKennisJohannes KerkorrelSerebrospinale vogSwartbewussynsbewegingFiela se kindJacques LootsVaginale kankerKonsonantHokkieNoag se arkMeningsverskil oor aardverwarmingRekeningkundeSeksueel oordraagbare infeksieNatuurlike hulpbronWilna SnymanHoutBloukraanvoëlJeuksiekteMangelontstekingPersMenslike skeletManslagSanskritKlinkerGeskiedenis van NamibiëMensIllse RoosHartaanvalLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaNul is nie niks nieWerkwoord26 AprilAustraliëKreatiwiteitKrampGeweldTuisbladSwawelHartversakingWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaGroot GatKleurDigvormVenesiëAkademiaFisioterapieSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMetaalSeksposisieMenseregtedagRandall WicombSpinnekopNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaFinale OplossingArmoedeVulvaKlem-in-die-kaakVarkgriepBeurtkragPeriodieke tabelAnale kankerVagina🡆 More