Randall Wicomb: Suid-Afrikaanse sanger

Randall Charles Wicomb (* 30 Januarie 1949; † 27 Desember 2015) was 'n Afrikaanse sanger en driemalige wenner van die ATKV se Crescendo-sangkompetisie (1975, 1976 en 1977).

Randall Wicomb
GeboortenaamRandall Charles Wicomb
Gebore(1949-01-30)30 Januarie 1949
Kaapstad
Sterf27 Desember 2015 (op 66)
Stellenbosch, Suid-Afrika
Beroep(e)Sanger
InstrumenteStem, Kitaar, Klavier
Webwerfrandallwicomb.co.za

Lewensgeskiedenis

Hy voltooi sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Na skool doen hy militêre opleiding in die Valskermbataljon. Hy behaal die graad B.Sc Honneurs (Ekologie) aan die Universiteit van Stellenbosch, waarna hy kortstondig klasgee aan die Hoërskool Durbanville en Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch.

Hierna bekwaam hy homself as kopersmid by Pieter van Dijk se ateljees in Kaapstad waarna hy volwaardige kopersmidwerk as kuns en opdragwerk beoefen. Hy was ook 'n ywerige antieke glasbottel-/artefakteversamelaar en het ook metaalverklikkeropsporing as stokperdjie beoefen.

Uit sy huwelik met Koba is drie kinders gebore en sy en die drie kinders Pierre-Henri, Saskia en Kobâ het as hele gesin gesamentlik of indiwidueel saam met hom opgetree.

Siekte en afsterwe

Hy is in 2013 met prostaatkanker gediagnoseer. Sy lewensverhaal, getiteld "Kleur – my lewe, my lied", is deur die bekende Pretoriase uroloog, dokter Amos van der Merwe, geskryf.

Op 27 Desember 2015, as gevolg van die kanker, sterf Randall Wicomb omstreeks 03:45 in sy huis te Stellenbosch.

Diskografie

  • Kalaharikrismis
  • Hie Langes My
  • Oos Wes, Tuis Bes, 16 gedigte van ADAM SMALL met toonsettings deur Randall Wicomb
  • Die Blink Vosperd
  • Griekwa Psalms
  • Hie Neffens My
  • Uiteindelik
  • Die Rooi Rok
  • Hiep-Hiep-Hoera!
  • Hartland
  • Die boerklong se baadtjie staan punt in die wind
  • Sê Dit
  • Die boerklong se baadjie staan punt in die wind, kasset
  • Kleur

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Randall Wicomb LewensgeskiedenisRandall Wicomb Siekte en afsterweRandall Wicomb DiskografieRandall Wicomb Sien ookRandall Wicomb VerwysingsRandall Wicomb Eksterne skakelsRandall Wicomb1949201527 Desember30 JanuarieATKVAfrikaansCrescendo

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AardedagJudaïsmeDokterErfenisdag (Suid-Afrika)MiteWaterkringloopLongontstekingSamespanningVisAborsieLeestekenRudi ClaaseIdioomHeupAkuutTekstielMenseregteAarde se atmosfeerHandbalKlimaatsverandering in Suid-AfrikaSpinnekopJuan Antonio VillacañasLandbou in Suid-AfrikaVingerseksSomerTropiese sikloonLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaTienerAkwariumRumatoïede artritisBybelMiltKompasBlack SashMiddelmisbruikChristendomLabia (geslagsdele)Predikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaTandbederfMcDonald'sSharpeville-slagtingKatKommunismeSkildklierKatoenAgtergrond (narratief)NamibiëVierkantswortelAppelShakaSuikersiekteKontinentOlifantSekondêre sektor van die ekonomieWaterMolekuulKostuumsDeelstate van die Verenigde State van AmerikaInligtingAluminiumInfeksieSout (chemiese stof)Martin Luther King jr.MiddeloorontstekingBestaansboerderySpringbokItaliëNieuwoudtvilleAfleiding (taalkunde)VerdampingTatoeëermerkMahatma GandhiKwaZulu-Natal🡆 More