Fisioterapie

Fisioterapie is 'n geneeskundige beroep wat gemoeid is met die voorkoming en bestuur van bewegingsafwykings wat die gevolg is van siektes en beserings tydens 'n mens se leeftyd.

Fisioterapie word gewoonlik deur óf deur 'n gekwalifiseerde fisioterapeut toegepas óf 'n fisioterapeutiese assistent onder leiding van 'n fisioterapeut.

Fisioterapie
Fisioterapeute besig om pasiënte te help.

Moderne fisioterapie

Moderne fisioterapie is in Londen in 1896 ontwikkel, waar daar geglo is dat pasiënte op 'n gereelde basis beweeg moes word om te verseker dat spierfunksie en beweeglikheid behoue bly. Hierdie groep belangstellendes het vinnig gegroei en in 1920 het 'n Vereniging vir Fisioterapie in die Verenigde Koninkryk tot stand gekom. Soortgelyke organisasies het ook elders tot stand gekom.

Die sorg en rehabilitasie van groot getalle mense wat ledemate verloor het as gevolg van die Wêreldoorloë vroeg in die twintigste eeu asook die sorg vir pasiënte wat gely het aan siektes soos polio het die ontwikkeling van fisioterapie wêreldwyd versnel. Een van die vroeëre voorstanders van die dissipline was Suster Elizabeth Kenny, 'n Australiese verpleegster wat 'n beduinde impak gehad het op die behandeling van polio in die 1930's en 1940's.

Fisioterapie en Wetenskap

Vir dekades lank was die beoefening van fisioterapie sterk gekritiseer vir sy gebrekkige onderliggende navorsing. Laat in die 1990's het Engelse en Australiese fisioterapeute in 'n meningspeiling laat blyk dat minder as vyf persent (5%) van hulle gereeld wetenskaplike literatuur bestudeer het om hulle te lei in die uitvoering van hulle take in die praktyk.

Ten spyte van die positiewe houding jeens bewysgebaseerde praktyk het baie fisioterapeute steeds behandelingstegnieke benut wat min wetenskaplike steun geniet het.

Verwysings

Tags:

Geneeskunde

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ArabiesAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeSuid-KoreaOnse VaderGianna MichaelsDoopElandréCTandbederfVoorsetselSemenGeografie van Suid-AfrikaNoord-AmerikaWashington, D.C.AkroniemSusan CoetzerCarles PuigdemontKoreaanse nasionale rugbyspanNazi-saluutHoofstadPesachTeologieIndiëGeslagOrgaanJeuksiekteLys van Griekse mitologiese figureGebande muishondDulcie van den BerghBosluisbytkoorsA.J. ApplegateMarita NapierKoöperasiestoriesMoslemOosters-Ortodokse Kerk1991OsoonlaagAppendiksHomoniemGodsdiensNic de JagerNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweVigsPlae van EgipteIdioomAdolf HitlerAsynLiturgiese jaarVier temperamenteNAVOAnnelize van der RystLys van kleureNieuwoudtvilleJaco du PlessisWoordSendelingposisieJannie du ToitLys van Afrikaanse skrywersBreingewasOrthopteraGeorgiese nasionale rugbyspanKangaroeKriekWes-AfrikaLiesbreukOntsteking (geneeskunde)PolisieSkarlakenkoors🡆 More