Darling, Wes-Kaap: Dorp in Suid-Afrika

Darling is 'n klein dorp in die Weskus-gebied van die Wes-Kaap, omtrent 75 km noord van Kaapstad.

Darling
Kunsmark by Evita se Perron
Kunsmark by Evita se Perron
Darling is in Wes-Kaap
Darling
Darling
Koördinate: 33°23′S 18°23′O / 33.383°S 18.383°O / -33.383; 18.383 18°23′O / 33.383°S 18.383°O / -33.383; 18.383
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistriksmunisipaliteitWeskus
Plaaslike MunisipaliteitSwartland
Stigting1853
TydsoneUTC+2 (SAST)
Darling, Wes-Kaap: Geskiedenis, Dorp en omgewing, Wapen
Die NG kerkgebou op Darling is deur Wynand Louw ontwerp en die hoeksteen in 1958 gelê.

Geskiedenis

Teen die begin van die 18de eeu het omtrent 29 boere in 'n gebied genaamd Groenkloof geboer. Darling is in 1853 op een van die plase, Langfontein, gestig. Dit is vernoem na sir Charles Henry Darling wat in 1851 na die Kaap gekom het as luitenant-goewerneur.

Dorp en omgewing

Die Darling-museum stel die geskiedenis van die dorp en die Darling roomhuis, wat in 1899 deur twee Sweedse setlaars, Nils Georg Moller en G. Threnstrom, gevestig is en in 1950 gesluit is, ten toon. Darling is beroemd vir veldblomme en sedert 1917 word die Darling-veldblomskou elke jaar deur die Darling-veldblomvereniging, wat in 1915 deur mev. Suzanne Malan en mnr. Frederick Duckitt van Waylands gestig is, gehou. [1] Geargiveer 4 Januarie 2007 op Wayback Machine. Landbou in die gebied is gefokus op graanproduksie, druiwe, aartappels, ertjies en suiwelboerdery. Die eerste Merinoskape in Suid-Afrika is ook hier aangehou nadat 'n verskepingsfout hulle hier afgelewer het. Wolproduksie in Suid-Afrika vind sy oorsprong in die Darling-omgewing.

Die Suid-Afrikaanse satiris Pieter-Dirk Uys voer baie van sy vertonings as Evita Bezuidenhout by Evita se Perron, 'n kabaretteater en restaurant in Darling, op. Die kunsmark daarnaas is in 2006 deur die Darling-trust, 'n liefdadigheidsorganisasie wat die probleme van verarmde gemeenskappe in die omgewing aanspreek, oorgeneem.

Die Hildebrand-monument is net buite Darling opgerig ter ere van veldkornet C.P. Hildebrand van die Boeremagte se Maritz-kommando.

Die gerestoureerde Victoriaanse huise en boomryke strate maak Darling 'n gewilde naweekoord vir inwoners van Kaapstad en omgewing.

Wapen

Darling het in 1955 munisipale status gekry. Die raad het in 1960 'n wapen by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer : In groen, 'n gaande goue leeu; 'n gekanteelde goue skildhoof belaai met drie rooi arctotis-blomme goud gesaad. Die helmteken was 'n koei se kop uitkomend uit 'n goue muurkroon, en die wapenspreuk was "Ora et labora".


Sien ook

Verwysings

Bron

  • Kuttel, M.: The Groene Kloof. In: Lantern. Tydskrif vir VOlksopvoeding. Jaargang 3, no. 2, September 1953.

Eksterne skakels

Tags:

Darling, Wes-Kaap GeskiedenisDarling, Wes-Kaap Dorp en omgewingDarling, Wes-Kaap WapenDarling, Wes-Kaap Sien ookDarling, Wes-Kaap VerwysingsDarling, Wes-Kaap BronDarling, Wes-Kaap Eksterne skakelsDarling, Wes-KaapKaapstadWes-KaapWeskus

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Deon GrootNelson MandelaOlimpiese SomerspeleEerste WêreldoorlogApostoliese GeloofsendingDiepaartromboseCurly HowardMusieksimboleBlaarBurgerregteEllipstekenDesimale breukeMisdaadSteenkoolBloedsomloopstelselPseudowetenskapMenseregtedagKoorsblaarVersamelnaamMensWiskundige terminologiePornografiese akteurAfrikaanse woordelys en spelreëlsVulvaAfrikaansAfleiding (taalkunde)GloeilampNederlandWaterbesoedelingGrondwetChemiese elementElektroniese of digitale mediaByung-Chul HanJohannes MeintjesGesondheidWet op Bantoe-onderwysUnited Democratic FrontLuiperdBevolkingWortelLetsiteleGreen PornoAfrikaanse TaalmonumentCoca-ColaKoue OorlogNierversakingWes-KaapSwemStam (taalkunde)VioolLimfvatstelsel7de LaanKlimaatveranderingPerdWerkloosheidYouTubeHeidelberg, GautengDelft, KaapstadBysteekKoerantAntisemitismeGeestesteuringOorkruipersHipoteseKaliumSeksueel oordraagbare infeksieWaterstofJan-Willem BreureNasionaal-SosialismeWiki🡆 More