Hildebrand-Monument: Monument in Suid-Afrika

Die Hildebrand-monument by Darling dui die punt aan waar die mees suidelike veldslag tydens die Tweede Vryheidsoorlog plaasgevind het.

Ligging

Die obelisk staan op die plaas Kraalbosdam, 'n 65km van Kaapstad en 8km van Darling.

Geskiedenis

Veldkornet C.P. Hildebrand van die Maritz-kommando is opgedra om met 150 man suidwaarts na Hopefield en Darling op te ruk. Hulle beset Hopefield. In Darling ontset hulle die enigste gevangene in die plaaslike gevangenis en hulle konfiskeer perde en voorrade in die kontrei. Terselfdertyd kom 'n Britse mag van 500 op die stasie van Kalbaskraal aan. Daardie mag beweeg in die rigting van Darling. In die daaropvolgende skermutseling word Hildebrand noodlottig gewond. Hy is tydelik op die toneel begrawe. 'n Paar maande later is die amptelike begrafnisdiens gehou en nog later is 'n grafsteen van marmer op sy graf opgerig met die bewoordng:

Ter gedachtenis aan C.P. Hildebrand uit Lichtenburg, Transvaal, die als veldcornet in het commando van Maritz, alhier op den 12den November 1901 is gesneuveld, is deze steen opgericht door Afrikaansche vrienden en vriendinnen. 1 Tim. 6 : 12

Monument

Op inisiatief van die Voortrekker-beweging is die oorspronklike grafsteen met 'n obelisk vervang, waarvan die grafsteen 'n deel vorm. Die eerste steen van die gedenknaald is op Geloftedag 1939 gelê en op Geloftedag 1940 is dit ingewy.

Bibliografie

Tags:

Hildebrand-Monument LiggingHildebrand-Monument GeskiedenisHildebrand-Monument MonumentHildebrand-Monument BibliografieHildebrand-MonumentDarlingTweede Vryheidsoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TropicosGKunsArendPeriodieke tabelVoortplantingNewstead AbbeyEier (voedsel)MajaPSelfoonWerwelkolomWetenskaplike notasieMitePornografiese subgenresAardverwarmingVrymesselaryMetafoorSeksposisieLys van medisinale kruieHoutskoolAlliterasieBloukraanvoëlRooilipslangLys van Afrikaanse televisiereekseOrgasmeLys van eerste honderd NG gemeentes in Suid-AfrikaSkoonma-se-tongGoeie VrydagWaarheid-en-versoeningskommissieDepressie (gemoedstoestand)Maroela MediaGqeberhaRiley VoelkelJohannes KerkorrelPlettenbergbaaiPneumatikaVreemde Stad (album)OratoriumMiddelmisbruikNuwe TestamentWerkloosheidItaliëTydbestuurBoelieryTegnologieJuan Antonio VillacañasWikiquoteAfrikaanse TaalmonumentOmtrek, oppervlakte en volumeWerkwoordRockmusiekGroenteRandy BooneAtheneFotosinteseDiensplig in Suid-AfrikaMenseregteGroenKijifTurksvyPoësieHentaiEuropaSuider-Afrikaanse ietermagogSeksuele penetrasieHormoonBritse algemene verkiesing van 2010OekraïneSokkerHendrik WitbooiSkilpadStandbeeld van Nelson Mandela (Uniegebou)ProbleemoplossingApollo 11Diarree🡆 More