Nicolaas Beets (Haarlem, 13 September 1814 – Utrecht, 13 Maart 1903), ook bekend onder die skuilnaam Hildebrand, was 'n Nederlandse skrywer, digter, predikant en hoogleraar.
Nicolaas Beets | |
---|---|
Portret van Beets deur Thérèse Schwartze (1881) | |
Gebore | 13 September 1814 |
Sterf | 13 Maart 1903 |
Nasionaliteit | Nederland |
Beroep | Skrywer, digter, predikant en hoogleraar |
Handtekening | |
Nicolaas Beets word in Haarlem gebore as die seun van 'n apteker en studeer vanaf 1833 tot 1839 teologie aan die Rijksuniversiteit van Leiden (toe nog bekend as 'n Akademie), waar hy in 1839 promoveer tot doktor in teologie. In sy studentetyd maak hy danksy sy vriend van Engeland, John Ingram Lockhart (1812-1889), kennis met die werk van die Engelse digter Byron, en skryf hy digstukke in dieselfde trant, soos byvoorbeeld 'José' (1834), 'Kuser' (1835) en 'Guy de Vlaming' (1837). Hy was bevriend gewees met Johannes Kneppelhout ('Klikspaan'), Bernard Gewin ('Vlerk') en Johannes Petrus Hasebroek ("Jonathan") saam met wie hy, saam met ander studente, 'n letterkundige klub gevorm het.
In 1840 word Beets beroep tot predikant aan die Nederlandse Hervormde Kerk in Heemstede, waar hy in dieselfde jaar met Aleida van Foreest trou, die suster van sy studentevriend Cornelis van Foreest (1817-1875) en 'n kleindogter van die Leidse hoogleraar en redenaar Johannes van der Palm. Hy het in 1852 in Heemstede saam met sy ouers 'n basisskool opgerig. Dit bestaan vandag nog en heet nou die Nicolaas Beets-skool. In 1854 word hy beroep na Utrecht. Van 1874 tot 1884 was hy hoogleraar in kerkgeskiedenis aan die Rijksuniversiteit Utrecht.
Beets het prosa, poësie, en preke geskryf. Sy bekendste werk is die verhale Camera Obscura wat hy onder die skuilnaam Hildebrand in sy studentetyd geskryf het en waarvan die eerste uitgawe in 1839 verskyn. Hy bly tydens die jare daarna toevoegings tot die werk maak en die werk het eers in 1851 'n definitiewe vorm gekry.
Moontlik sy bekendste gedig is:
De moerbeitoppen ruischten;
God ging voorbij;
Neen, niet voorbij, hij toefde;
Hij wist wat ik behoefde,
En sprak tot mij;
Sprak tot mij in de stille,
De stille nacht;
Gedachten, die mij kwelden,
Vervolgden en onstelden,
Verdreef hij zacht.
Hij liet zijn vrede dalen
Op ziel en zin;
'k Voelde in zijn' vaderarmen
Mij koestren en beschermen,
En sluimerde in.
De morgen, die mij wekte
Begroette ik blij.
Ik had zo zacht geslapen,
En Gij, mijn Schild en Wapen,
Waart nog nabij."
Die Kerkmusikant Willem Vogel het die gedig in 2004 getoonset. Vogel het ook Beets se gedig Het putje van Heiloo getoonset.
Beets sterf op 88-jarige leeftyd in Utrecht aan serebrale bloeding en word begrawe in die Eerste Algemene Begraafplaats Soestbergen. (Sy graf is in 2016 opgeknap en op 10 September dieselfde jaar "onthul".) Die Willem Pompe-instituut, die strafregtelike afdeling van die Fakulteit Regsgeleerdheid, Ekonomie, Administrasie en Organisasie van die Utrecht-universiteit, is in sy huis aan Boothstraat no. 6 (naby die Jans-kerkhof) geleë.
In 1962 is die Hildebrand-monument van die beeldhouer, professor Jan Bronner, in Haarlemmerhout onthul. Nadat die monument verskeie kere erg beskadig is as gevolg van vandalisme is die oorspronklike beelde verwyder. Dit word nou in die beeldetuin van die Museum De Fundatie, kasteel 't Nijenhuis, Heino (Ov.) gehuisves. In 2014 is daar na herstelwerk bronsreplikas in die plek daarvan staan gemaak; die fontein en die omliggende park is ook herstel; en die monument op 13 September 2014 (Beets se 200ste verjaardag) volledig herstel.
Net soos ander predikantsdigters, is Beets ook deur Cornelis Paradijs (Frederik van Eeden) geparodieer in die bundel Grassprietjes of Liederen op het gebied van Deugd, Godsvrucht en Vaderland:
"Maar van allen toch de baas.
Is de groote Nicolaas; -
Wat heeft hij niet saâmgedicht!
Hoeveel harten niet gesticht
Goethe met Homerus samen
Kunnen nooit zijn roem beschamen:
Want hij heeft wat hun ontbrak:
Echte vroomheid ... door zijn vak."
Bron: fragment uit die Predikantelied (hulde aan onzen geestelijken stand) in: Grassprietjes, W. Versluys uitgewery, Amsterdam (1916)
Wiki Commons bevat media in verband met Nicolaas Beets. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Nicolaas Beets, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.