Apteker

'n Apteker is 'n professionele verskaffer van gesondheidsorg, wat gewoonlik in 'n apteek praktiseer.

Aptekers is kundiges op die gebied van dié gesondheidswetenskappe wat fokus op die veilige en doeltreffende gebruik van medisyne. 'n Apteker is 'n lid van die gesondheidsorgspan en is direk betrokke by pasiëntesorg.

Apteker
Historiese foto van 'n apteker in Noorweë
Apteker
Aptekers by 'n vloeibare oraledosisresepteerder

Opleiding

Aptekerstudente ondergaan intensiewe universiteitsopleiding in die biochemiese meganismes en farmakologiese aksies van geneesmiddels, die samestelling van middels, geneesmiddelgebruik, terapeutiese rolle, newe-effekte, potensiële geneesmiddel-interaksies en moniteringsparameters. Dit studie is gekoppel aan menslike anatomie, fisiologie, patofisiologie en siektekunde. Verder ondergaan praktiserende aptekers volgehoue professionele indiensopleiding (in Engels Continued Professional Development genoem), wat op 'n jaarbasis deur die Aptekersraad gemonitor word.

Aptekers interpreteer en kommunikeer hierdie gespesialiseerde kennis aan pasiënte en hul geneeskundiges; en kan dit ook aan ander verskaffers van gesondheidsorg, bv. mediese versekeringsfondse, lewer.

Professionele regulering

In die meeste lande is die aptekersberoep onderhewig aan professionele regulering. Afhangende van die wetlike omvang van die praktyk, kan aptekers bydra tot die voorskryf- (ook na verwys as "aptekervoorgeskrewe") en beheer van sekere medikasie (bv. inentings en voorbehoeding), in sommige jurisdiksies. Die lisensievereistes verskil in meeste lande, en kan vereis dat 'n apteker óf 'n Baccalaureusgraad in Farmasie (BPharm), óf selfs 'n Doktorsgraad in Farmasie (PharmD), behaal het. 'n Suid-Afrikaanse apteker behoort egter universiteitsopleiding te voltooi en word daarna ingeskryf in die aptekersregister van die Suid-Afrikaanse Aptekersraad.

Beroepsvertakkings

Die mees algemene aptekersposisies is dié van 'n gemeenskapsapteker (ook na verwys as 'n kleinhandelapteker), of 'n hospitaalapteker, waar hulle onderrig gee en raad verskaf oor die korrekte gebruik en newe-effekte van medies voorgeskrewe dwelmstowwe en medisyne. Aptekers kan ook hul beroep beoefen in 'n verskeidenheid ander instellings, insluitend die vervaardigingsindustrie, groothandel, navorsing, akademie, militêre- en regeringsadministrasie.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Apteker OpleidingApteker Professionele reguleringApteker BeroepsvertakkingsApteker Sien ookApteker VerwysingsApteker Eksterne skakelsAptekerApteekMedisyne

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VormPinksterRubik se kubusMierIntensiewe vormSteenkool in Suid-AfrikaSekondêre sektor van die ekonomieDataverwerkingSitrusDonderstormDokterVleilandHeuningbyKewerWayde van NiekerkHomoniemRobert SobukweProstaatkankerLys van Suid-Afrikaanse musikanteWaterstofWinnie Madikizela-MandelaDiskriminasieAvbobMantisKolitisSeekoeiPampoentjiesSeksposisieKunsmatige algemene intelligensiePaarl GimnasiumSebraToestand van materieRudi ClaaseTegnologieBeurtkragPornografieWebwerfVulkaanWiskundige terminologieKookpuntKasterolieEerste WêreldoorlogVaginale kankerWatersuiweringKappie (skryfteken)AboriginesAnilingusNatuurbewaringSpringbokkeOrale seksAarde se atmosfeerFaf de KlerkKaapse florarykMassaHartversakingVoortrekkersHoofpyn2001Apostoliese GeloofsbelydenisMaatskappyPikkewynPoësieLys van Joodse feeste en herdenkingsWoestynKameelperdMaroela MediaSeksuele opwekkingVlekvrye staalDuitse maselsMielieLieweheersbesieBreinKatMIVKwame NkrumahKlimaatveranderingKlein vyf diere🡆 More