Anton Bergmann

Anton Bergmann (29 Junie 1835, Lier - 21 Januarie 1874, Lier) was 'n Belgiese skrywer en 'n Vlaamse aktivis.

Reeds in sy jeug was hy lief vir die Nederlandse letterkunde, en saam met Julius Vuylsteke was hy 'n lid van 't zal wel gaan, 'n Vlaamse kulturele organisasie. Nadat hy aan die humaniora (Afrikaans: hoërskool) gegradueer het, is hy na die Universiteit van Gent, waar hy 'n baccalaureusgraad in letterkunde en regte verwerf het en ook as notaris gekwalifiseer het. Daarna studeer hy aan die Vrije Hogeschool van Brussel waar hy in 1858 'n doktorsgraad in die regte verwerf. Intussen was hy baie aktief as skrywer en historikus. Hy skryf 'n studie getiteld Philips van Marnix van Sint Aldegonde, plundering der hoofdkerk van Lier. 'n Koninklike dekreet van 17 Junie 1857 besorg aan hom die vyf-jaarlikse prys van Nederlandse letterkunde vir die tydperk 1870–1874.

Anton Bergmann
Anton Bergmann

In 1858 vestig hy hom as advokaat in Lier waar hy met Eliza Van Acker trou. Sy loopbaan as advokaat het min tyd vir skryfwerk gelaat, maar hy het tog sy vrye tyd aan die letterkunde en geskiedenis bestee. Hy word lid van die Vlaamse kulturele organisasie die Willemsfonds en stig die weekblad De Lierenaar. In 1870 publiseer hy twee Rijnlandsche novellen, en in 1873 publiseer hy sy Geschiedenis van Lier. Hierdie publikasie is gevolg deur Brigitta, Op St.-Niklaasdag en Mariette la Bella. Sy swak gesondheid het agteruitgegaan terwyl hy gewerk het aan sy magnum opus getiteld Ernest Staas, wat hy onder die skuilnaam van "Tony" publiseer. Ernest Staas was 'n sukses, en ook sy vriend Nicolaas Beets (alias Hildebrand), wat hy baie bewonder het, was vol lof vir sy boek. Kort daarna is Anton Bergmann oorlede.

Bibliografie

  • Philips van Marnix van Sint Aldegonde, plundering der hoofdkerk van Lier
  • Twee Rijnlandsche novellen (1870)
  • Brigitta (1873)
  • Geschiedenis der Stad Lier (1873)
  • Mariette la Bella (1873)
  • Op St-Niklaasdag (1873)
  • Ernest Staas, advocaat. Schetsen en beelden. (1874)
  • Verspreide schetsen en novellen (1875)

Sien ook

Bronne

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

1835187421 Januarie29 JunieBelgiëJulius VuylstekeLetterkundeNederlandsVlaminge

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AntoniemTydDiamantGewasboerdery in Suid-AfrikaMeningsverskil oor aardverwarmingTropiese sikloonSkoenlapperMosesDroomEuropaSkemerMenseregtePinksterAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaTrekarbeidDiarreeDrinkwatervoorsieningPaddaDigvormKarakteriseringNic de JagerAfrikanersRon Thompson (akteur)Lys van kleureLeeuVisBelastingGroepsdrukHomoseksualiteitSpysverteringstelselVerdampingPreseminale vloeistofAngssteuringBrongitisLenteAgtervoegselPersoonlikheidWater (molekuul)LegendeDeelwoordMisdaadromanMobutu Sese SekoMusieksimboleVersoeningsdagAardkorsIronieKunsmatige algemene intelligensieVleilandKommunismeBurgerregteWiki CommonsBTWMagsverheffingMetaalTienerNasionalismeBloedvergiftigingKlimaatsverandering in Suid-AfrikaKaapse glasogieGerda SteynDirekte en Indirekte redeBysteekVermenigvuldigingBelgiëNazi-DuitslandBloeddrukDesmond TutuAngina pectorisAardbewingHangbrugAfrikaanse TaalmonumentVeelvoudige sinRuteniumAuschwitz-konsentrasiekamp🡆 More