Druiwe

Druiwe is 'n vrugtige bessie aan die houtagtige druiwestok van die botaniese genus Vitis.

Druiwe word rou geëet of gebruik vir die maak van wyn, asyn, rosyntjies, konfyt, druiwesap, jellie, druiwepitekstrak en druiwepitolie.

Druiwe
Druiwe
Druiwe
Wit tafeldruiwe
Bestanddele van druiwe per 100 g
Energiewaarde 288 kJ
Water 80,5 g
Proteien 0,72 g
Koolhidrate 18,1 g
Vet 0,16 g
Vesel 0,9 g
Vitamien A 66 i.u.
Vitamien B1 0.069 mg
Vitamien B2 0,07 mg
Vitamien B3 0,188 mg
Vitamien B6 0,086 mg
Folaat, totale 2 ug
Vitamien C 3,2 mg
Vitamien E 0,19 mg
Vitamien K 14,6 ug
Mangaan 0,071 mg
Kalsium 10 mg
Natrium 2 mg
Yster 0,36 mg
Magnesium 7 mg
Fluoried 7,8 ug
Fosfor 20 mg
Kalium 191 mg
Sink 0,07 mg

Druiwe
Druiwe in 2008 geproduseer in Iran.

Beskrywing

Druiwe is 'n tipe vrug wat in trosse van 15 - 300 korrels gedra word, en kan bloedrooi, swart, donker blou, geel, groen, oranje en pienk wees. "Wit" druiwe is eintlik groen van kleur, en word evolusionêr afgelei van die pers druiwe. Mutasies in twee regulerende gene van wit druiwe verhoed die produksie van antosianiene, wat verantwoordelik is vir die kleur van die pers druiwe. Antosianiene en ander pigment chemikalieë van die groter familie van polifenole in pers druiwe is verantwoordelik vir die verskillende skakerings van pers in rooi wyne. Druiwekorrels het tipies 'n ellipsoïde vorm wat lyk soos 'n prolaat-sferoïde.

Wingerdsoorte

Druiwe 
Concord is 'n variëteit van die blou Noord-Amerikaanse labrusca druif

Die meeste druiwe kom van kultivars van Vitis vinifera, die Europese wingerdstok inheems aan die Middellandse See en Sentraal-Asië. Kleiner opbrengste van vrugte en wyn kom van die Amerikaanse en Asiatiese spesies soos:

  • Vitis labrusca, die Noord-Amerikaanse tafel- en druiwesapdruif (insluitend die Concord-kultivar), waarvan soms ook wyn gemaak word, is inheems aan die Ooste van die Verenigde State en Kanada.
  • Vitis riparia, 'n wilde wingerdstok van Noord-Amerika, word soms gebruik vir wynmaak en konfyt. Dit is inheems aan die hele Oos-VSA en noord tot in Quebec.
  • Vitis rotundifolia, die muskaatdruif, wat gebruik word vir konfyt en wyn, is inheems aan die suidoostelike deel van die VSA van Delaware aan die Golf van Meksiko.
  • Vitis amurensis is die belangrikste Asiatiese spesie.
Top druiwe produserende lande
(in metrieke ton)
Rang Land 2009 2010 2011 2012
1 Druiwe  Volksrepubliek China 8,038,703 8,651,831 9,174,280 9,600,000 F
2 Druiwe  Verenigde State 6,629,198 6,777,731 6,756,449 6,661,820
3 Druiwe  Italië 8,242,500 7,787,800 7,115,500 5,819,010
4 Druiwe  Frankryk 6,101,525 5,794,433 6,588,904 5,338,512
5 Druiwe  Spanje 5,535,333 6,107,617 5,809,315 5,238,300
6 Druiwe  Turkye 4,264,720 4,255,000 4,296,351 4,275,659
7 Druiwe  Chili 2,600,000 2,903,000 3,149,380 3,200,000 F
8 Druiwe  Argentinië 2,181,567 2,616,613 2,750,000 2,800,000 F
9 Druiwe  Iran 2,305,000 2,225,000 2,240,000 2,150,000 F
10 Druiwe  Suid-Afrika 1,748,590 1,743,496 1,683,927 1,839,030
11 Druiwe  Australië 1,797,012 1,684,345 1,715,717 1,656,621
Wêreld 58,521,410 58,292,101 58,500,118 67,067,128
Bron: UN Food & Agriculture Organization F=FAO skatting

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Druiwe BeskrywingDruiwe WingerdsoorteDruiwe VerwysingsDruiwe Eksterne skakelsDruiweAsynBessieGenusKonfytRosyntjieWyn

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rugbywêreldbeker 2023BeroerteVlag van AfghanistanLys van Suid-Afrikaanse skrywersPampoentjiesNuwe TestamentSamsung GroepNic de JagerHartaanvalVoornaamwoordPoësieDonker materieLys van politieke partye in Suid-AfrikaApartheidGoogle TranslateLimfvatstelselTurkyeHeliosfeerBrasiliëTonnels van Củ ChiKleinkolmuskeljaatkatSlukdermOosters-Ortodokse KerkSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Johan StemmetWes-KaapGeelslangVlag van LibanonSkaakJesus van NasaretCSSOrgaanHartversakingInligtingFritz HaberByeboerderyHondsdolheidMamelukNederlandsKolitisAllergieDanie du ToitKangaroeWerwelkolomPaddaE-regeringAasblomRam (sterreteken)ElandréMaanAdolf HitlerRugbyGeboorteBoet TroskieHematurieKompasMorfologie (taalkunde)JeugdagIranMolotofbomByDieregeluidePtolemeusArmand AucampOlifant🡆 More