Castor

Castor (ook bekend as Alpha Geminorum of α Gem) is die tweede helderste ster in die sterrebeeld Tweeling (Gemini) en een van die helderste sterre in die naglug.

Dit lyk met die blote oog soos ’n enkelster, maar is eintlik ’n sesvoudige stelsel wat bestaan uit drie dubbelsterre, naamlik Castor Aa, Castor Ab, Castor Ba, Castor Bb, Castor Ca en Castor Cb. Hoewel dit die Bayer-aanwysing alpha het, is dit dowwer as β Geminorum (Pollux).

Castor
Castor
Castor se ligging (in die rooi sirkel).
Castor se ligging (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Tweeling
Bayer-naam Alpha Geminorum
Spektraaltipe A1V + dM1e + Am + dM1e
+ dM1e + dM1e
Soort Veelvoudige ster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Komponent 1 A
Regte klimming 07h 34m 35.863s
Deklinasie +31° 53′ 17.79″
Skynmagnitude (m) 1,93
Absolute magnitude (M) 0,986
B-V-kleurindeks  +0,03
Komponent 2 B
Regte klimming 07h 34m 36.100s
Deklinasie +31° 53′ 18.57″
Skynmagnitude (m) 2,97
Absolute magnitude (M) 1,886
B-V-kleurindeks  +0,04
Komponent 3 C
Deklinasie +31° 53′ 17.8160″
Skynmagnitude (m) 9,83
Absolute magnitude (M) 8,950
B-V-kleurindeks  +1,49
U-B-kleurindeks  +1,04
Besonderhede
Komponent 1 α Gem Aa
Massa (M) 2,76
Radius (R) 2,4
Temperatuur (K) 10 286
Rotasiespoed (km/s) 18
Metaalinhoud [Fe/H] 0,98
Komponent 2 α Gem Ba
Massa (M) 2,98
Radius (R) 3,3
Temperatuur (K) 8 842
Rotasiespoed (km/s) 33
Metaalinhoud [Fe/H] 0,45
Komponent 3 α Gem Ca/Cb
Massa (M) 0,5992
Radius (R) 0,6191
Ligsterkte (L) 0,0733
Temperatuur (K) 3 820
Rotasiespoed (km/s) 37
Metaalinhoud [Fe/H] ~0,0
Eienskappe
Ouderdom (jaar) 370 miljoen (α Gem Ca/Cb)
Veranderlikheid BY Dra (C)
Ander name
66 Geminorum, FK5 287, Gliese 278,
HIP 36850, SAO 60198

A: BD+32°1581A, PLX 1785.00, HR 2891, HD 60179
B: BD+32°1581B, HR 2890, HD 60178
C: YY Geminorum, BD +32° 1582

Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Sterstelsel

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Aa
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Periode = 9,2128 dae
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Ab
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Skeiding = 6″
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Ba
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Periode = 2,9283 dae
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Bb
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
         Skeiding = 73″         
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Ca
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Periode = 0,814 dae
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Cb
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 


Castor is ’n veelvoudige ster wat uit ses individuele sterre bestaan; daar is drie visuele komponente, wat almal spektroskopiese dubbelsterre is. (Sien diagram REGS.) Dit lyk met die blote oog soos ’n enkelster, en is in 1718 vir die eerste keer as ’n dubbelster aangeteken deur James Pound, maar dit kon reeds in 1678 deur Cassini as twee aparte ligpunte onderskei gewees het. Die skeiding tussen Castor A en Castor B het van 2 boogsekondes in 1970 toegeneem tot omtrent 6 boogsekondes in 2017. Hierdie twee pare dubbelsterre het ’n skynbare magnitude van onderskeidelik 1,9 en 3.

Castor Aa en Ba het ’n wentelbaan van ’n paar dae met ’n veel dowwer metgesel.

Castor C, of YY Geminorum, wissel met ’n gereelde periode in helderheid. Dit is ’n verduisterende dubbelster met bykomende variasies vanweë streke met wisselende helderheid op die oppervlak van een of albei sterre, sowel as onreëlmatige opvlammings. Die Castor C-komponente wentel in minder as ’n dag om mekaar. Castor C is vermoedelik in ’n wentelbaan om Castor AB, maar met ’n uiters lang periode van verskeie duisende jare. Dit is 73 boogsekondes van die helder komponente af.

Die gesamentlike skynbare magnitude van al ses sterre is 1,58.

Fisieke eienskappe

Castor 
Castor AB.

Volgens parallaksmetings is Castor 51 ligjare van die Son af. Die twee helderste komponente is albei A-tipe hoofreekssterre met ’n massa en radius van groter as die Son s’n. Die eienskappe van hulle rooidwergmetgeselle is moeilik om te bepaal, maar hulle het vermoedelik ’n massa van minder as die helfte van dié van die Son.

Castor B is ’n Am-ster, met besonder sterk spektraallyne van sekere metale (elemente swaarder as waterstof en helium).

Castor C is ’n veranderlike ster wat geklassifiseer word as ’n BY Draconis-tipe. Hulle is koel dwergsterre wat in helderheid wissel terwyl hulle roteer vanweë stervlekke of ander variasies in hulle fotosfeer. Die twee rooidwerge van Castor C is feitlik identies, met ’n ligsterkte van minder as 10% van die Son s'n.

Etimologie en kultuur

Die stelsel se Bayer-naam is "Alpha Geminorum". Castor en Pollux is "hemelse" tweelingsterre wat aan die sterrebeeld Tweeling sy naam gee. Hulle was in die Griekse mitologie die tweelingseuns van Zeus en ’n prinses, Leda.

Die ster was in Arabies bekend as Al-Ras al-Taum al-Muqadim, wat beteken "die kop van die voorste tweeling".

In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Castor" vir α Geminorum Aa goedgekeur, omdat hulle name aan individuele sterre toegeken het in plaas van aan stergroepe.

Castor C het die verandeliksternaam "YY Geminorum".

Verwysings

Eksterne skakels

07h 34m 36s, +31° 53′ 18″

Tags:

Castor SterstelselCastor Fisieke eienskappeCastor Etimologie en kultuurCastor VerwysingsCastor Eksterne skakelsCastorBayer-naamDubbelsterLys van helderste sterrePolluxSterSterrebeeldTweeling (sterrebeeld)Veelvoudige ster

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GamelanSeksuele opwekkingDansEkonomie van Suid-AfrikaNoot vir NootOu Apostoliese KerkWayde van NiekerkGeorge BallotOos-KaapHongkongVrymesselarySamestellingLys van Suid-Afrikaanse musiekgroepeAfrikaanse naguilLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)PoesLisa AnnSeksueel oordraagbare infeksieTasché BurgerPankreasSonenergieHeuningbierRob HersovSteve BikoSewastopolTuberkuloseFascismePoësieGert van TonderAfrikaKarooIdioomMenseregtedagHoopstadSuid-AfrikaGewone tarentaalDomineeKlankverskynselsNagapieOopbroninhoudTussenwerpselPiesangWynand StrydomRooilipslang.ghKoppeltekenAnneli van RooyenWit-RuslandMaroela MediaPersentasieNierversakingSonpaneelLetterkundeISO 8601Tolla van der MerweGeldSelma ArcherdProstaatklierNoord-Sotho (taal)ArabiesSenuweestelselBestuiwingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 199416 NovemberNagadderRooms-Katolieke KerkGesinsdagFord Model TRooiwaterKantoneesWikinewsWindkragTuisbladHeupvervangingVerenigde Arabiese Emirate🡆 More