Aspartaam: Chemiese verbinding

Aspartaam is 'n kunsmatige, nie-sakkariede versoeter, wat 200 keer soeter as sukrose is, en word gewoonlik as suikervervanger in voedsel en drank gebruik.

Dit is 'n metielester van die aspartiensuur/fenielalaniendipeptied met die handelsname NutraSweet, Equal, en Canderel. Aspartaam is die eerste keer in 1965 vervaardig en in 1981 goedgekeur vir gebruik in voedselprodukte deur die Amerikaanse Food and Drug Administration (FDA).

Aspartaam: Gebruike, Veiligheid en gesondheidseffekte, Werkingsmeganisme
'n Bal-en-stokmodel van aspartaam
Aspartaam: Gebruike, Veiligheid en gesondheidseffekte, Werkingsmeganisme
'n Fles met aspartaam

Aspartaam is een van die strengste getoetsde voedselbestanddele. Resensies deur meer as 100 regeringsinstansies het bevind dat die bestanddeel veilig is vir gebruik teen huidige vlakke. Teen 2018 het verskeie kliniese toetse getoon dat die gebruik van aspartaam in die plek van suiker die kalorie-inname en liggaamsmassa van volwassenes en kinders verminder.

Gebruike

Aspartaam is ongeveer 180 tot 200 keer so soet soos sukrose (tafelsuiker). As gevolg van hierdie eienskap produseer aspartaam 4 kcal (17 kJ) energie per gram tydens metabolise. Die hoeveelheid aspartaam wat nodig is om 'n soet smaak te produseer, is so klein dat die kalorie-bydrae weglaatbaar klein is. Die smaak van aspartaam en ander kunsmatige versoeters verskil van dié van tafelsuiker in die tyd van smaakaanvang en hoe lank die soetheid duur, alhoewel aspartaam die naaste aan suiker se smaakprofiel kom onder goedgekeurde kunsmatige versoeters. Die soetheid van aspartaam duur langer as die van sukrose, en dit word dus gereeld gemeng met ander kunsmatige versoeters soos asesulfamkalium om 'n algehele smaak soos suiker te gee.

Veiligheid en gesondheidseffekte

Die veiligheid van aspartaam is sedert sy ontdekking bestudeer en is een van die meesgetoetsde voedselbestanddele. Aspartaam word as veilig beskou vir menslike gebruik deur meer as 100 regulerende agentskappe in hul onderskeie lande, insluitend die Verenigde State se Food and Drug Administration, die European Food Safety Authority (EFSA), Health Canada, asook Australië en Nieu-Seeland.

In 'n oorsig in 2017 van metaboliese effekte weens die gebruik van aspartaam, is bevind dat dit geen bloedglukose, insulien, totale cholesterol, trigliseriede, kalorie-inname of liggaamsmassa beïnvloed nie, terwyl hoëdigtheid-lipoproteïenvlakke hoër was.

Fenielalanien

Hoë vlakke van die natuurlik voorkomende essensiële aminosuur fenielalanien is 'n gesondheidsgevaar vir diegene wat gebore word met fenielketonurie (PKU), 'n seldsame oorerflike siekte wat voorhinder dat fenielalanien behoorlik gemetaboliseer word. Omdat aspartaam 'n klein hoeveelheid fenielalanien bevat, moet voedsel wat aspartaam bevat wat in die Verenigde State verkoop word, op die etikette van die produk die volgende vermeld: "Fenielketonurika: bevat fenielalanien".

In Kanada moet voedsel wat aspartaam bevat, die hoeveelheid aspartaam per porsie bevat en noem dat die produk fenielalanien bevat.

Werkingsmeganisme

Die waargenome soetheid van aspartaam (en ander soetstowwe soos asesulfaamkalium) by mense is toe te skryf aan die binding daarvan aan die heterodimeer G-proteïengekoppelde reseptor wat gevorm word deur die proteïene TAS1R2 en TAS1R3.

Metaboliete

Aspartaam word vinnig in die dunderm gehidroliseer. Selfs met inname van baie hoë dosisse aspartaam (meer as 200 mg/kg) word geen aspartaam in die bloed gevind nie weens vinnige afbraak. By inname breek aspartaam af in oorblywende komponente, insluitend asparagiensuur, fenielalanien, metanol, en verdere afbraakprodukte, insluitend formaldehied en mieresuur. Menslike studies toon dat mieresuur vinniger uitgeskei word as wat dit gevorm word na inname van aspartaam. In sommige vrugtesappe kan hoër konsentrasies metanol gevind word as die hoeveelheid geproduseer uit aspartaam in drankies.

Chemie

Aspartame is 'n metielester van die dipeptied van die natuurlike aminosure L-aspartiensuur en L-fenielalanien. Onder sterk suur of alkaliese toestande kan aspartaam metanol vorm deur hidrolise. Onder erger toestande word die peptiedbindings ook gehidroliseer, wat vrye aminosure tot gevolg het.

Aspartaam: Gebruike, Veiligheid en gesondheidseffekte, Werkingsmeganisme 
Beta-aspartaam verskil van aspartaam op grond waarvan die karboksielgroep aspartaat aan die stikstof van fenielalanien bind.

Inname

Die aanvaarbare daaglikse inname (ADI) vir aspartaam, word gedefinieer as die "hoeveelheid voedseltoevoeging, uitgedruk op 'n liggaamsmassabasis, wat daagliks gedurende 'n leeftyd ingeneem kan word sonder 'n noemenswaardige gesondheidsrisiko". Die FAO/WHO se kundige kommisie het dit vasgestel op 40 mg/kg liggaamsmassa, terwyl FDA sy ADI vir aspartaam op 50 mg/kg vasgestel het.

Die primêre bron vir blootstelling aan aspartaam in die Verenigde State is dieetkoeldrank, alhoewel dit in ander produkte, soos farmaseutiese preparate, vrugtedrankies en kougom, in kleiner hoeveelhede verbruik kan word. 'n 355 ml blikkie koeldrank bevat 0.18 g aspartaam, en vir 'n 75 kg volwassene, neem dit daagliks ongeveer 21 blikkies koeldrank om die 3,75 g aspartaam wat die FDA se 50 milligram per kilogram liggaamsmassa ADI van aspartaam uit dieetkoeldrank alleen, te oortref.

Kompeterende produkte

Omdat sukralose, anders as aspartaam, sy soetheid behou nadat dit verhit is en ten minste twee keer die rakleeftyd van aspartaam het, het dit meer gewild geword as versoetingsbestanddeel. Dit, tesame met die verskille in bemarking en veranderende verbruikersvoorkeure, het veroorsaak dat aspartaam markaandeel weens sukralose verloor het. In 2004 het aspartaam teen ongeveer $30/kg verhandel en sukralose, wat ongeveer drie keer soeter volgens massa is, teen ongeveer $300/kg.

Verwysings

 

Eksterne skakels

Tags:

Aspartaam GebruikeAspartaam Veiligheid en gesondheidseffekteAspartaam WerkingsmeganismeAspartaam ChemieAspartaam InnameAspartaam Kompeterende produkteAspartaam VerwysingsAspartaam Eksterne skakelsAspartaamEsterKoolhidraatSuiker

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

XhosasMarkus JoostePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVlieg (dier)Militêre geskiedenis van Suid-AfrikaKunsArmoedeJohannesburgJava (programmeertaal)Waarheid-en-versoeningskommissieAborsieHomoniemBeesNylsvley-natuurreservaatVenda (taal)DoziLien se lankstaanskoeneFabelDolfynInligtingSomerGeestesteuringDesmond TutuMalariaMartin Luther King jr.MIVWapen van Suid-AfrikaAardverwarmingTekstielKarakteriseringBywoordMiskruierGodsdiensRina HugoAvbobGianna MichaelsKonsentrasiekampDiplopodaRassisme in AfrikaLidwoordPrivaat maatskappyErfenisdag (Suid-Afrika)OopbroninhoudNoord-KaapEuropaGeskiedenis van Suid-AfrikaSwartbewussynsbewegingKweekhuisgasNeurenberg-verhoreMilaanGeelhoutErektiele disfunksieWoordeboek van die Afrikaanse TaalStikstofUpingtonKoekie (rekenaarwetenskap)OrtopedieLoonPatriotic AllianceSoogdierSenuweestelselAfrikaanse taalleerOngeprosesseerde kosOorDwelmmiddelYslandBokmakierieAfrikaansMagneetNiersteen3D-rolprentEkostelselAngolaDaggaRuan Pienaar🡆 More