Basis

'n Basis is 'n stof wat met 'n suur reageer om 'n sout en water te vorm.

Daar is egter ander definies, afhanklik van die suur-basisteorie wat gebruik word.

Die tabel hieronder toon enkele basisse en hul chemiese simbole.

Natriumhidroksied — NaOH Koper(II)oksied — CuO
Kaliumhidroksied — KOH Sinkoksied — ZnO
Kalsiumhidroksied — Ca(OH)2 Ysteroksied — Fe2O3

Metaaloksiede en -hidroksiede is basisse. Nie alle basisse los in water op nie. 'n Basis wat in water oplos, word 'n alkali genoem.

Basisse in alledaagse gebruik

Basisse kan tuis gebruik word om 'n suur te neutraliseer of om vet op te los.

Tandepasta is 'n voorbeeld van 'n alkali wat 'n suur neutraliseer. Bakterieë op tande verteer suikers en produseer sure. Die sure los die kalsiumkarbonaat in tande op, en veroorsaak tandbederf (gaatjies in tande wat ook tandpyn meebring). Een effek van die gereelde gebruik van tandepasta is om die suur te neutraliseer en dus tandbederf te voorkom.

Dreinskoonmaker is 'n voorbeeld van 'n alkali wat gebruik word om vette en olie op te los. Olie en vet van kos sit in afvoerpype vas en blokkeer stadigaan pype. Natriumhidroksied reageer met die vette en olie om seep te vorm. Seep is oplosbaar in water en word maklik weggespoel.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Sout (chemiese stof)SuurWater

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RooikatTelefoonJagluiperdYouTubeGordelroosLiewe HeksieMeettegniekVlinderAtlantis, Wes-KaapNasionalismeKlimaatsverandering in Suid-AfrikaSatellietLys van visseDialoog in fiksieKoorsblaarPornhubOlimpiese Somerspele 2024DoopFiela se kindSonkragVoegwoordBloeddrukReg tot ‘n gesonde omgewingMuskietGoudVerlede tydKorrupsieBiologieMielieHoofpynAkwariumLys van Griekse mitologiese figureKostuumsGrondsoorteSwart menseToutrekHemelvaartSuikersiekteMuskeljaatkatSlawernyBernice WestDiatomiese molekuulJakkalsChloorNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaStadTylaLetterlike en figuurlike taalgebruikSomerRoofvoëlVigsAngina pectorisHeks van HexrivierSkoenlapperKoringVaste stofSoutsuurVerkleurmannetjiePeter SnydersOlimpiese SpeleVergelykings (taalkunde)TermietWaterLys van kinderspeletjiesAnilingusPapegaaieRonelda Kamfer22 AprilDikdermIslamitiese StaatWaterstofKondensasieTransatlantiese slawehandelEmo AdamsLys van myne in Suid-Afrika🡆 More