Cholesterol: Chemiese verbinding

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.

Cholesterol is 'n organiese koolwaterstofmolekule. Dit is 'n sterol (of gemodifiseerde steroïed) asook 'n lipiedmolekuul. Dit word gebiosinteer deur alle dierselle; dit is 'n noodsaaklike strukturele komponent van diere se selmembrane wat nodig is om beide membraan-strukturele integriteit en -vloeibaarheid in stand te hou.

Eienskappe

Algemeen

Naam Cholesterol 
IUSTC-naam (3β)-cholest-5-en-3-ol 
Sistematiese naam (1R,3aS,3bS,7S,9aR,9bS,11aR)-9a,11a-Dimetiel-1-[(2R)-6-metielheptaan-2-iel]-2,3,3a,3b,4,6,7,8,9,9a,9b,10,11,11a-tetradekahidro-1H-siklopenta[a]fenantren-7-ol 
Ander name Cholesterin, Cholesteriel alkohol
Struktuurformule van Cholesterol
Struktuurformule van Cholesterol
Cholesterol: Kliniese betekenis, Kyk ook, Aantekeninge
Chemiese formule C27H46O
Molêre massa 386,65 g•mol-1
CAS-nommer 57-88-5  
Voorkoms Wit kristallyne poeier
Fasegedrag
Smeltpunt 148-150 °C
Kookpunt 360 °C (ontbind)
Digtheid 1,052 g•cm-3
Oplosbaarheid 0,095 mg•L-1 (in water teen 30 °C)

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt 209,3 °C

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Cholesterol: Kliniese betekenis, Kyk ook, Aantekeninge Chemie

Cholesterol stel dierselle in staat om:

    (a) nie 'n selwand te benodig (soos plante en bakterieë) vir membraan integriteit nie, of om sel-lewensvatbaarheid te beskerm nie,
    (b) van vorm te verander en
    (c) te kan beweeg (in teenstelling met bakterieë en plantselle wat beperk word deur hul selwande).

Familiale hipercholesterolemie (geneties oorerflike hoë-cholesterol) kom voor in 1 uit 75 wit Afrikaanse Suid-Afrikaners, een uit elke 100 Litause Joodse en Gujarati-Indiese Suid-Afrikaners en een uit elke 500 swart Suid-Afrikaners.

Kliniese betekenis

Hipercholesterolemie of hoë-cholesterol

Volgens die lipiedhipotese lei verhoogde vlakke van cholesterol in die bloed tot aterosklerose wat die risiko van hartaanval, beroerte en perifere arteriesiekte kan verhoog. Aangesien hoër LDL in die bloed - veral hoër LDL-konsentrasies en kleiner LDL-deeltjiegrootte - tot hierdie proses meer bydra as die cholesterolinhoud van die HDL-deeltjies, word LDL-deeltjies dikwels "slegte cholesterol" genoem. Hoë konsentrasies funksionele HDL, wat cholesterol uit selle en ateromas kan verwyder, bied beskerming en word gewoonlik "goeie cholesterol" genoem. Hierdie verhoudings word meestal geneties bepaal, maar kan verander word deur liggaamsamestelling, medikasie, dieet, en ander faktore. 'n Studie uit 2007 het getoon dat die totale cholesterolvlakke in bloed 'n eksponensiële effek het op die kardiovaskulêre en totale sterftesyfer, terwyl die assosiasie meer uitgespreek is by jonger mense. Omdat kardiovaskulêre siektes relatief skaars is in die jonger bevolking, is die invloed van hoë cholesterol op die gesondheid groter by ouer mense.

Verhoogde vlakke van die lipoproteïenfraksies, LDL, IDL en VLDL, in plaas van die totale cholesterolvlak, korreleer met die omvang en vordering van aterosklerose. Omgekeerd kan die totale cholesterol binne normale perke wees, maar bestaan hoofsaaklik uit klein LDL- en klein HDL-deeltjies, waaronder toestande van ateromegroei hoog is. Studies het 'n verband gevind tussen hoë vlakke van HDL-cholesterol en verhoogde risiko vir kardiovaskulêre siektes, wat die kardiobeskermende rol van "goeie cholesterol" in twyfel trek.

Wêreldwyd kan ongeveer een uit elke 250 individue 'n genetiese mutasie hê vir die LDL-cholesterolreseptor wat veroorsaak dat hulle familiale hipercholesterolemie het. Familiale hipercholesterolemie kom voor in 1 uit 75 wit Afrikaanse Suid-Afrikaners, een uit elke 100 Litause Joodse en Gujarati-Indiese Suid-Afrikaners en een uit elke 500 swart Suid-Afrikaners.

Verhoogde cholesterolvlakke word behandel met 'n streng dieet wat bestaan uit lae versadigde vet, transvetvrye, lae cholesterol-voedsel, dikwels gevolg deur een van verskillende hipolipidemiese middels, soos statiene, fibrate, cholesterolabsorptie-inhibeerders, nikotiensuurderivate of galsuur-sekwestrante. Menslike proewe met HMG-CoA-reduktase-inhibeerders, bekend as statiene, het herhaaldelik bevestig dat die verandering van lipoproteïen-vervoerpatrone van ongesonde na gesonder patrone die voorkoms van kardiovaskulêre siektes aansienlik verlaag, selfs vir mense met cholesterolwaardes wat tans vir volwassenes as laag beskou word.

Studies het ook bevind dat statiene ateroomprogressie verminder. As gevolg hiervan, kan mense met 'n geskiedenis van kardiovaskulêre siektes voordeel trek uit statiene, ongeag hul cholesterolvlakke.

Alhoewel daar 'n verband tussen cholesterol en aterosklerose is, het 'n 2014-oorsig tot die gevolgtrekking gekom dat daar onvoldoende bewyse is om die aanbeveling van hoë verbruik van poli-onversadigde vetsure en 'n lae verbruik van versadigde vette vir kardiovaskulêre gesondheid te ondersteun. In 'n 2016-oorsig is tot die gevolgtrekking gekom dat HDL-cholesterol omgekeerd gekoppel is aan sterftesyfer by mense ouer as 60 jaar, en dat daar geen verband tussen LDL en mortaliteit was nie, of dat laer LDL gekoppel was aan 'n hoër sterfterisiko, veral by ouer volwassenes.

Hipocholesterolemie of lae-cholesterol

Abnormaal lae vlakke van cholesterol word "hipocholesterolemie" genoem. Navorsing oor die oorsake van hierdie toestand is relatief beperk, maar sommige studies dui op 'n verband met depressie, kanker en serebrale bloeding. Oor die algemeen blyk die dat lae cholesterolvlakke 'n gevolg van eerder as 'n oorsaak van 'n onderliggende siekte is. 'n Genetiese defek in cholesterolsintese veroorsaak Smith-Lemli-Opitz-sindroom, wat dikwels gepaard gaan met lae plasmakolesterolvlakke . Hipertireose (oormatige produksie van skildklierhormone deur die skildklier) of enige ander endokriene steuring wat opregulering van die LDL-reseptor veroorsaak, kan hipocholesterolemie tot gevolg hê.

Toetsing

Dit word aanbeveel dat cholesterolvlakke elke 4-6 jaar getoets word vir mense van 20 jaar of ouer. Meer gereelde toetse word aanbeveel as 'n persoon 'n totale cholesterol van 5,2 mmol/L of meer het, of as 'n man ouer as 45 of 'n vrou ouer as 50 HDL-C-waardes minder as 1 mmol/L het, of daar ander toestande is wat verband hou met hartsiektes soos diabetes mellitus, hipertensie (of gebruik van anti-hipertensiewe medikasie), lae HDL-vlak, familiegeskiedenis van koronêre hartsiekte en hipercholesterolemie, en sigaretrook.

Kyk ook

Aantekeninge

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Cholesterol Kliniese betekenisCholesterol Kyk ookCholesterol AantekeningeCholesterol VerwysingsCholesterol

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VolumeKadmiumPtolemeusKolitisNasiebouBrandmondsindroomBloeddrukOrgasmeVigsAkroniemHartPalmsondagMadison IvyVersamelnaamOraniaMuggieLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)SiberiëSeksualiteitRugbywêreldbeker 1991VerkleurmannetjieWaarheid-en-versoeningskommissieNuwe TestamentLys van bekende Suid-AfrikanersKlein-KarooGedigNazi-saluutNarsistiese persoonlikheidsteuringVerenigde State van AmerikaLibiëAsynBernice WestKinkhoesEuropese Suidelike SterrewagKaapstadSatireCarles PuigdemontKommunikasiePublieke domeinBruin huisslangPolitieke partyKoekie (rekenaarwetenskap)Seksuele opwekkingAppel (sanger)VoorhuidSkildklierDiarreeHemelvaartsdagApartheidRenteAarde1991KoppeltekenRugbyGesinsdagDuitsSuid-Afrikaanse WeermagTongaanse nasionale rugbyspanOlimpiese godeNaeltjiesKoolhidraatMoslemSusan CoetzerLongOrganometaalchemie2024 Australiese Grand PrixMarga van RooyTobie CronjéLettergreepGrasfamilieLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameGalblaasCristiano RonaldoMiddelmisbruik🡆 More