Java is 'n veeldoelige, konkurrente, klasgebaseerde, objekgeoriënteerde programmeertaal wat spesifiek ontwerp is om so min as moontlik implementeringafhanklikhede te hê.
Dit is bedoel om programmeerders toe te laat om op 'n skryf eenkeer, hardloop enige plek-basis te werk, wat beteken dat die kode wat loop op 'n platform nie hersaamgestel hoef te word om op 'n ander platform te werk nie. Java-toepassings is tipies saamgestel uit bytecode (klaslêer) wat dan kan loop op 'n Java Virtual Machine (JVM), ongeag van die rekenaarargitektuur. Java is een van die gewildste programmeertale in gebruik, veral vir kliëntbedienerwebprogramme, met meer as 10 miljoen gebruikers gerapporteer. Java is oorspronklik ontwikkel en vrygestel deur James Gosling by Sun Microsystems (wat sedertdien met Oracle Corporation saamgesmelt het). Die taal deel baie van die sintaks van die programmeertale C en C++.
Die oorspronklike en die verwysinguitvoeder-Java-opstellers, virtuele masjiene, en klasbiblioteke is ontwikkel deur Sun in 1991 en die eerste keer in 1995 vrygestel. In Mei 2007, in ooreenstemming met die spesifikasies van die Java Gemeenskapproses, het Sun Java tegnologie geherlisensieer onder die GNU General Public License. Ander het ook alternatiewe implementering van hierdie Sun tegnologie, soos die GNU Compiler vir Java en GNU CLASSPATH, ontwikkel.
Java is in Junie 1991 as 'n projek begin deur James Gosling, Mike Sheridan en Patrick Naughton.
Daar was vyf hoofdoelwitte tydens die skepping van die Java programmeertaal:
Die sintaks van Java word grootliks beïnvloed deur C++. Java is ontwerp as 'n objek-georiënteerde taal (maar nie as 'n suiwer objek-georiënteerde taal nie, aangesien daar ook primitiewe datatipes bestaan, soos int.)
Java se styl van aanmerkings op kode is soortgelyk aan C++, met 'n spesiale sintaks wat ook beskikbaar is om JavaDocs te skep.
Kritiek gerig op Java sluit in uitvoertyd, die implementasie van generika, hoe getalle wat slegs positief kan wees hanteer word, die implementing van dryfpunt-bewerkings en 'n geskiedenis van sekuriteitsfoute in die hoof JA VM Hotspot.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Java (programmeertaal), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.