Vlag Van Noord-Korea

Die nasionale vlag van Noord-Korea is op 8 September 1948 amptelik in gebruik geneem.

Die vlag vertoon drie horisontale bane van bo na onder in blou, rooi en blou met ’n wit fraiing tussen elke baan en wit skyf met ’n rooi ster in die rooi baan.

Vlag van Noord-Korea
Vlag van Noord-Korea
Vlag van Noord-Korea
Bynaam (ko) 인공기
(af) Volksrepubliekvlag
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 8 September 1948
Ontwerp Drie horisontale bane van bo na onder in blou, rooi en blou met ’n wit fraiing tussen elke baan en wit skyf met ’n rooi ster in die rooi baan
Ontwerp deur Kim Tu-bong

Ontwerp

Vlag Van Noord-Korea 
Die wêreld se hoogste vlagpaal [160 m (525 vt)], oor Gijeong-dong, naby Panmunjeom, Noord-Korea
Vlag Van Noord-Korea 
Noord-Koreaanse vlae teen vlagpale

Die middelpunt van die skyf en die ster is op ’n derde na die vlagpaalkant van die vlag. Elk van die blou bane is ’n sesde van die hoogte met die fraiings ’n ses-en-dertigste.

Vlag Van Noord-Korea 
Konstruksietekening

Kleure

Die kleurskema word hieronder gelys:

Vlag Van Noord-Korea  Blou Rooi Wit
RGB 2/79/162 237/28/39 255/255/255
Heksadesimaal #024fa2ff #ed1c27ff #FFFFFF
CMYK 99/51/0/36 0/88/84/7 0/0/0/0

Simboliek

Die Noord-Koreaanse vlag se prominente rooi ster is ’n universele simbool van kommunisme maar sedert die aanvaarding van die vlag is die kommunistiese outoriteit as die staat se leidinggewende ideologie vervang met die Marxisme-Leninisme van Juche en verwysings na kommunisme is stelselmatig uit die land se grondwet en regsdokumente verwyder. Die rooi baan stel rewolusionêre tradisies voor terwyl die blou bane soewereiniteit, vrede en vriendskap voorstel. Die wit fraiings stel reinheid voor.

Die webwerf van die Koreaanse Vriendskapvereniging dui egter in teendeel aan dat die rooi ster rewolusionêre tradisies voorstel terwyl die rooi baan die patriotisme en vasberadenheid van die Koreane voorstel. Die wit fraiings stel die verenigde volk en haar kultuur voor en die blou bane stel eenheid voor.

Trivia

’n 270-kg Noord-Koreaanse vlag hang aan die wapper aan die derde hoogste vlagpaal ter wêreld, geleë in Kijŏng-dong aan die Noord-Koreaanse kant van die Militêre Afbakeningslyn binne die Koreaanse Gedemilitariseerde Sone. Die vlagpaal is 160 m hoog.

Geskiedenis

Die vlag is aanvaar toe die noordelike deel van Korea ’n sosialistiese staat geword het met die ondersteuning van die Volksrepubliek China en die Sowjetunie na die herstel van onafhanklikheid in Korea in 1945. Die vlag is ontwerp deur Kim Tu-bong en het in Julie 1948 die taegukgi vervang. Die nuwe vlag het die naam van Volksrepubliekvlag (인공기,Ingonggi) gekry.

Vorige vlae

Ander vlae

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Vlag Van Noord-Korea OntwerpVlag Van Noord-Korea SimboliekVlag Van Noord-Korea TriviaVlag Van Noord-Korea GeskiedenisVlag Van Noord-Korea VerwysingsVlag Van Noord-Korea Eksterne skakelsVlag Van Noord-Korea19488 SeptemberNoord-KoreaRooi ster

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BraaiGenadedoodDonderstormGeprosesseerde kosDeelwoordLys van woestyneDokterHeupStereotipeHidroëlektrisiteitDuitslandSpinnekopLas (rekeningkunde)UpingtonHulpwerkwoordVoorvoegselGeskiedenis (vakgebied)SirkelIslamPlaasjapieKoolhidraatSlawerny in Suid-AfrikaVulkaanPikkewynBeeldspraakOntwikkelde landMadison IvyJesus van NasaretKweekhuisgasBek-en-klouseerAnorexia nervosa25 AprilLys van Afrika-landeWeer (meteorologie)MiddelmisbruikProstaatkankerTrappe van vergelykingMeningsverskil oor aardverwarmingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024BevolkingMaatskaplike verantwoordelikheidRobbeneilandSuiwelprodukSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureAkuutAntjie SomersNelson MandelaGoudProvinsies van Suid-AfrikaLys van Afrikaanse skrywersCorioliskragDaggaBergKewerKatoenHerpes simplexLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaUnited Democratic FrontWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaVraag en aanbodAuschwitz-konsentrasiekampAardbewingLandbouVerenigde NasiesOrgasmeProteaBlomGeskiedenis van erotiese afbeeldingsOos-KaapSterXhosa🡆 More