Anorexia Nervosa: Tipe eetversteuring

Anorexia nervosa (of anoreksie) is 'n eetsteuring wat deur 'n lae gewig, vrees om gewig op te tel, 'n desperate begeerte om maer te wees, en voedselbeperking gekenmerk word.

Baie mense met anoreksie beskou hulleself as oorgewig, selfs al is hulle in werklikheid ondergewig. Hulle weeg hulleself gereeld, eet net klein hoeveelhede, en eet net sekere kosse. Sommige oefen oormatig, forseer hulleself om te braak of gebruik lakseermiddels om gewigsverlies te bevorder. Komplikasies kan osteoporose, onvrugbaarheid en hartskade insluit. Vroue sal dikwels ophou menstrueer.

Anorexia nervosa
Klassifikasie en eksterne bronne
Anorexia Nervosa: Tekens en simptome, Oorsake, Diagnose
"Miss A-" afgebeeld in 1866 en na behandeling in 1870. Uit die gepubliseerde mediese geskrifte van sir William Gull.
ICD-10 F50.0-F50.1
ICD-9 307.1
OMIM 606788
DiseasesDB 749
MedlinePlus   000362
eMedicine emerg/34med/144
MeSH D000856
Anorexia Nervosa: Tekens en simptome, Oorsake, Diagnose Mediese waarskuwing

Tekens en simptome

Anorexia Nervosa: Tekens en simptome, Oorsake, Diagnose 
Die rug van 'n persoon met anoreksie

Anorexia nervosa is 'n eetsteuring gekenmerk deur pogings om gewig te verloor, soms tot die dood toe. 'n Persoon met anorexia nervosa kan verskeie tekens en simptome van wisselende erns toon, maar dit is nie altyd waarneembaar nie.

Anorexia nervosa, en die wanvoeding wat met selfopgelegde verhongering gepaard gaan, kan komplikasies in al die hooforgaanstelsels in die liggaam veroorsaak.

Simptome kan die volgende insluit:

  • Versuim om 'n normale liggaamsmassa-indeks te handhaaf
  • Amenorree, 'n simptoom wat ná langdurige gewigsverlies voorkom; veroorsaak dat menstruasie ophou, hare bros word, en die vel geel en ongesond word
  • Vrees vir selfs die mees geringe gewigstoename; doen alles moontlik om dit te vermy
  • Vinnige, dramatiese gewigsverlies tot minstens 15% onder die normale liggaamsgewig
  • Lanugo: sagte, fyn hare wat op die gesig en liggaam groei
  • Obsessie met kalorieë en vetpersentasie van voedsel
  • Beheptheid met kos, resepte, of kosmaak; berei oordadige etes vir ander, maar nie eet nie self nie
  • Kosbeperkings ondanks die feit dat hulle ondergewig is
  • Kosrituele soos om hulle kos in klein stukkies te sny, te weier om voor ander te eet, kos weg te steek of uit te gooi
  • Suiwering: Gebruik lakseermiddels, dieetpille of waterpille; selfveroorsaakte braking.
  • Oormatige oefening insluitend mikro-oefeninge, soos om klein, aanhoudende bewegings met vingers of tone te maak
  • Persepsie van die self as oorgewig ten spyte van die feit dat ander vir hulle sê dat hulle te maer is
  • Onvermoë om koue te hanteer en kla dikwels dat hulle koud kry; liggaamstemperatuur kan val (hipotermie) in 'n poging om energie te bewaar
  • Hipotensie of ortostatiese hipotensie
  • Bradikardie of tagikardie
  • Depressie
  • Afsondering: kan vriende en familie vermy; onttrek hulleself en word geheimsinnig
  • Abdominale distensie
  • Halitose (as gevolg van braking of ketose weens uithongering)
  • Droë vel en hare; hare wat uitval
  • Chroniese moegheid
  • Vinnige gemoedskommelings

Geassosieerde probleme

Obsessief-kompulsiewe steuring (OKS) en obsessief-kompulsiewe persoonlikheidsteuring (OKPS) is hoogs komorbied met anoreksie. Die oorsaaklikheid tussen persoonlikheidsteurings en eetsteurings is egter nog nie volledig vasgestel nie. Ander komorbiede toestande sluit in: depressie, alkoholisme, grenslyn- en ander persoonlikheidsteurings, angssteurings, aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring, en liggaamsdismorfiese steuring. Depressie en angs is die mees algemene komorbiede toestande, en depressie word met 'n swakker prognose geassosieer.

Outismespektrumsteurings kom meer algemeen by mense met eetversteurings as by die algemene bevolking voor.

Oorsake

Daar is bewyse vir biologiese, sielkundige, ontwikkelings-, en sosiokulturele risikofaktore, maar die presiese oorsaak van eetsteurings is onbekend.

Biologies

Anorexia Nervosa: Tekens en simptome, Oorsake, Diagnose 
Disregulering van die serotonienbane hou verband met die etiologie, patogenese en patofisiologie van anorexia nervosa.

Vroeë teorieë oor die oorsaak van anoreksie het dit aan seksuele misbruik van kinders of disfunksionele gesinne gekoppel; bewyse is egter teenstrydig, en deeglik beplande navorsing word benodig. Die vrees vir kos word sitofobie genoem en vorm deel van die differensiële diagnose. Ander sielkundige oorsake van Anoreksie sluit in 'n lae selfbeeld, die gevoel dat 'n persoon nie beheer het nie, depressie, angs en eensaamheid. Groepsdruk en konstante druk van die media en ander mense kan tot 'n lae selfbeeld en ander sielkundige simptome lei, en veroorsaak eetversteurings soos anoreksie.

Diagnose

'n Diagnostiese assessering sluit die persoon se huidige omstandighede, biografiese geskiedenis, huidige simptome en familiegeskiedenis in. Verder behels dit ook 'n ondersoek van die individu se geestestoestand waar daar veral op sienings van gewig en eetpatrone gefokus word.

DSM-5

In die jongste weergawe van die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van geestesversteurings (DSM 5) word Anorexia nervosa onder Voeding- en Eetsteurings geklassifiseer.

Subtipes

Daar is twee subtipes van AN:

  • Ooreet-/suiweringstipe: die individu ooreet of toon suiweringsgedrag as 'n manier om gewig te verloor. Dit verskil van bulimia nervosa met betrekking tot die individu se gewig. 'n Persoon met ooreet-/suiweringstipe anorexia handhaaf nie 'n gesonde of normale gewig nie, maar is aansienlik ondergewig. Aan die ander kant kan persone met bulimia nervosa soms oorgewig wees.
  • Beperkende tipe: persone se voedselinname is beperk en hulle vas, drink dieetpille of oefen as 'n manier om gewig te verloor; hulle kan oormatig oefen om gewig af te hou of gewigstoename te voorkom, en sommige individue eet net genoeg om aan die lewe te bly.

Behandeling

Daar bestaan nie afdoende getuienis dat enige spesifieke behandeling vir anorexia nervosa beter as ander is nie; daar is egter genoeg getuienis dat vroeë intervensie en behandeling meer effektief is. Behandeling van anorexia nervosa fokus op drie hoofareas.

  • Die herstel van 'n persoon se gesonde gewig;
  • Die behandeling van die sielkundige steurings wat met die siekte verband hou;
  • Die vermindering of uitskakeling van gedrag of gedagtes wat oorspronklik tot die eetsteuring gelei het.

Hoewel daar in die eerste plek op die herstel van 'n persoon se gewig gefokus word, behels optimale behandeling ook gedragsverandering. Daar bestaan getuienis dat hospitalisasie 'n nadelige invloed op die langtermynuitkoms kan hê.

Psigoterapie vir individue met AN is uitdagend aangesien hulle waarde daaraan heg om maer te wees, en graag in beheer wil bly en verandering weerstaan. Sommige studies toon dat gesinsterapie vir adolessente met AN beter as individuele terapie is.

Dieet

Eetgewoontes is die noodsaaklikste faktor waaraan daar by mense met anorexia nervosa gewerk moet word, en elke persoon se dieet moet by sy/haar behoeftes aangepas word. Voedselverskeidenheid en die insluiting van kossoorte met 'n hoër energiedigtheid is belangrik wanneer maaltydplanne uitgewerk word. Mense moet meer kalorieë inneem, aanvanklik in klein hoeveelhede maar geleidelik meer.

Terapie

Gesinsterapie blyk meer suksesvol as individuele terapie vir adolessente met AN te wees. Voorstanders van gesinsterapie voer aan dat dit belangrik is om ouers by die adolessent se behandeling in te sluit.

Adolessente en volwassenes met anorexia nervosa kan ook by kognitiewe gedragsterapie baat.

Medikasie

Farmaseutiese produkte hou 'n beperkte voordeel vir anoreksie self is.

Hospitalisasie

AN het 'n hoë sterftesyfer en pasiënte wat in 'n kritieke toestand by 'n mediese eenheid opgeneem word, kan in groot gevaar verkeer. Diagnosering en risiko-assessering word nie altyd akkuraat gedoen nie; hervoedingsindroom kan oorgesien of swak behandel word en die gedrags- en gesinsprobleme in AN kan oorgesien of swak bestuur word. Die MARSIPAN-riglyne beveel aan dat mediese en psigiatriese kundiges saamwerk in die behandeling van AN-lyers wat ernstig siek is.

Voeding

Dit kan moeilik wees om die hervoedingstempo vas te stel, want vrees vir die hervoedingsindroom kan tot ondervoeding lei.

Prognose

AN is die sielkundige afwyking met die hoogste sterftesyfer. Dit is 11 tot 12 keer hoër as die normale, en die selfmoordrisiko is 56 keer hoër; die helfte van die vroue met AN herstel ten volle terwyl 'n bykomende 20-30% gedeeltelik kan herstel. Indien anorexia nervosa nie behandel word nie, kan ernstige komplikasies soos harttoestande en nierversaking ontstaan en uiteindelik tot die dood lei.

Epidemiologie

Na beraming sal 0.9% tot 4,3% vroue en 0.2% tot 0.3% mans in Westerse lande op een of ander tyd in hulle lewe aan anoreksie ly. Dit ontstaan dikwels gedurende die tienerjare of by jong volwassenes.

Alhoewel anoreksie gedurende die 20ste eeu meer algemeen gediagnoseer is, is dit onduidelik of die steuring werklik toegeneem het en of die diagnosering bloot verbeter het.

Onderverteenwoordiging

Eetsteurings word nie so dikwels in pre-industriële, nieverwesterse lande soos in Westerse lande aangemeld nie.

Weens die verskillende skoonheidstandaarde vir mans en vroue word mans selde as anoreksies gediagnoseer. Mans wat aan hulle liggame verander, doen dit oor die algemeen eerder om lenig en gespierd as skraal te wees. Daarbenewens voldoen mans wat andersins met anoreksie gediagnoseer sou word, moontlik ook nie aan die DSM IV-kriteria vir LMI nie aangesien hulle spiermassa het, maar baie min vet. Mans- en vroue-atlete word dikwels oorgesien as anoreksies. Geritualiseerde aktiwiteite soos inweging plaas klem op gewig en kan die ontwikkeling van eetsteurings by atlete bevorder. Terwyl die gebruik van dieetpille 'n aanduiding van ongesonde gedrag en eetsteurings by vroue is, gebruik mans steroïede, wat ook op 'n beheptheid met hulle liggaam en moontlike eetsteurings dui.

Etimologie

Die term is van Griekse oorsprong: an- (ἀν-, voorvoegsel wat  op ontkenning dui) en orexis (ὄρεξις, "eetlus"), wat dus letterlik 'n verlies aan eetlus beteken.

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Tags:

Anorexia Nervosa Tekens en simptomeAnorexia Nervosa OorsakeAnorexia Nervosa DiagnoseAnorexia Nervosa BehandelingAnorexia Nervosa PrognoseAnorexia Nervosa EpidemiologieAnorexia Nervosa VerwysingsAnorexia Nervosa Verdere leesstofAnorexia Nervosa Eksterne skakelsAnorexia NervosaEetsteuringMenstruasieOorgewig

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Gewone tarentaalVergelykings (taalkunde)Koekie (rekenaarwetenskap)PersoonlikheidTikTokYstervarkWeer (meteorologie)CKoningAkuutOekraïneJerusalemOnderwys in Suid-AfrikaKewerAppelblaarMieliestronkGeografie van Suid-AfrikaErfenisdag (Suid-Afrika)Nederduitse Gereformeerde KerkEkostelselHelm (geboorte)BorsklierOlimpiese godeDoziAngina pectorisPG du PlessisKasteel die Goeie HoopJesus van NasaretKnopiespinnekopSamestellingNarkoseGawes van die Heilige GeesPublieke domeinAndré SchwartzBakterieIerse nasionale rugbyspanNamibiëDaggaOosters-Ortodokse KerkVier temperamenteAardverwarmingNaeltjiesSally EsterhuizenRacheltjie de BeerGoeie VrydagMusieksimboleDikdermDigvormRenteKoppeltekenJeugdagChristo WieseGeskiedenis van AfrikaansTonnels van Củ ChiSmaakLetterkundeRoekelose DadeNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweWynand du ToitLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierSwedeHondsdolheidVigsDoopPalmsondagKoorsblaarGoogle MapsAnnelize van der RystPornografieCleopatra VIINagapie🡆 More