Die heksadesimale stelsel is 'n posisionele nommeringstelsel wat 16 as basis (pleks van 10 soos in die meer bekende desimale stelsel) gebruik.
Daar word 16 simbole ( 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 A B C D E F) gebruik om getalle te skryf. 1C in heksadesimaal is dan 1 x 16 + 12 = 28 in desimaal.
Voorbeelde van heksadesimale waardes met die ooreenstemmende binêre, oktale en desimale waardes:
|
Om 'n desimale getal om te skakel na 'n heksadesimale getal, kan dit soos volg gedoen word:
Desimaal | /16 (16=grondtal) | Res |
---|---|---|
123456 | 7716 | 0 |
7716 | 482 | 4 |
482 | 30 | 2 |
30 | 1 | 14 = "E" |
1 | 0 | 1 |
0 | 0 | 0 |
Die heksadesimale getal is die getal in die laaste kolom geskryf van onder na bo. Met ander woorde:
12345610 = 1E24016
Kolomnommers in Excel word op soortgelyke wyse omgeskakel na die kolomletters. In hierdie geval word 'n grondtal van 26 gebruik en die volgende reeks karakters: "0ABCDE...XYZ" Wanneer die res 0 is stem dit ooreen met "0" in die reeks. In so 'n geval moet "Z" gebruik word en die deel antwoord moet een minder gemaak word. Hier volg 'n voorbeeld:
Desimaal | /26 (26=grondtal) | Res |
---|---|---|
2600 | 100 | 0 = "Z" |
100-1=99 | 3 | 21 = "U" |
3 | 0 | 3 = "C" |
0 | 0 | 0 |
Dus, in Excel is kolom nommer 2600 dieselfde as kolom CUZ.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Heksadesimale stelsel, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.