Vlag Van Curaçao

Die vlag van Curaçao is op 2 Julie 1984 amptelik in gebruik geneem.

Hierdie dag word ook “Dag van de Vlag” genoem. Dit beteken letterlik vlagdag en hierdie dag word gevier op ses voormalige eilande van die Koninkryk van die Nederlande wat aan die Nederlandse Antille behoort het. Dit is ’n vakansiedag waar daar baie amptelike seremonies is en die vlag vertoon word. Die vlag vertoon ’n blou agtergrond met ’n geel horisontale baan in die onderste helfte en twee vyfpuntige wit sterre in die skildhoek.

Vlag van Curaçao
Vlag van Curaçao
Vlag van Curaçao
Gebruik Burgerlike- en Staatsvlag Burgerlike en staatsvlag
Verhouding 2:3
Goedgekeur 2 Julie 1984
Ontwerp ’n Blou vlag met ’n geel horisontale baan in die onderste helfte en twee vyfpuntige wit sterre in die skildhoek.

Simboliek

Die blou stel die see voor waardeur die eilande omring word asook die blou lug oor die eilande. Die see en lug word deur die son (die geel baan) geskei. Die twee sterre verteenwoordig die twee eilande nl. Curaçao (die groter ster) en die onbewoonde Klein Curaçao (die kleiner ster). Die vyf punte van die sterre stel die vyf kontinente voor waarvandaan die diverse samelewing van Curaçao afkomstig is.

Ontwerp

’n Kompetisie is gereël vir die ontwerp van die vlag wat 1 782 inskrywings ontvang het. Tien ontwerpe is hieruit gekies en deur die vlagkomitee beoordeel. Die wenontwerp was deur Martin den Dulk, wat toe twintig jaar oud was. Hy het 'n vlag ontwerp wat nie net as ’n simbool vir die eiland herkenbaar is nie, maar terselfdertyd só eenvoudig is dat dit deur kinders geteken kan word.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Vlag Van Curaçao SimboliekVlag Van Curaçao OntwerpVlag Van Curaçao VerwysingsVlag Van Curaçao Eksterne skakelsVlag Van Curaçao19842 JulieCuraçaoKoninkryk van die NederlandeNederlandse Antille

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

.nuVolkekunde7de LaanVoedingSuid-Afrikaanse randJan BloukaasNierversakingPtolemeusRooiwaterDroomSlaapapneeSeisoen14 NovemberSendelingposisieAnale seksLys van bekende Suid-AfrikanersTrigeminale neuralgieNumeriese en meetkundige patroneNagmaalSokkerHernubare energieGewone luislangKallie KrielHoenderBrandewynAbsesMaanHennie MaasKrugerwildtuinVerplegingGeografie van Suid-AfrikaKoeksisterNoorweëGriekelandVrymesselaryAntoniemKoos du PlessisSuikerbekkiesShine4Intensiewe vormDulcie van den BerghAngkor WatVerbondsarkElandréSiembambaHoërskool VorentoeWeervoorspellingMichelle ObamaAnglisismeFredi NestTolla van der MerweOraniaSkoenlapperRoodepoortLCobus RossouwLys van Suid-Afrikaanse musiekgroepeParysKleinblouoorglansspreeuEngelsBonnie TylerPalmsondagSelma ArcherdVerenigde KoninkrykSeksuele opwekkingRooibokRugbywêreldbeker 2003MiddelmisbruikPinksterTransistorWynand du ToitCyrilliese alfabetDroogteBrasilië🡆 More