Hennie Maas (̽24 November 1942 – 4 April 2024) was 'n Suid-Afrikaanse omroeper.
Hy is in Pretoria gebore en het sy laer- en hoërskoolloopbaan in dié stad deurloop. Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria en begin in 1965 by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie in Commissionerstraat, Johannesburg, werk. Sy eerste werk by die SAUK was as aanbiedingsassistent wat die uitsaaigehalte van uitsendings beheer het. In die laat 1960's skuif Maas na die nuusafdeling van die SAUK, en in 1970 aanvaar hy 'n pos as omroeper by Radio Nederland Wêreldomroep in Hilversum waar hy drie jaar werksaam is.
Hennie Maas | |
---|---|
Gebore | Hennie Maas 2 November 1942 |
Sterf | 4 April 2024 (op 81) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Omroeper |
Bekend vir | Sterre en Planete |
Ná sy terugkeer na Suid-Afrika sluit hy in 1973 by die Afrikaanse radiodiens as omroeper aan. Hy aanvaar in 1978 'n pos by Sentrachem as skakelbeampte. In 1983 keer Maas terug na die Afrikaanse diens en doen verskeie programme soos In my kontrei, Langs die Maasrivier, Koper, strykers en ander snare, Met 'n lied in die hart, Hoe verklaar u dit, Pixel en Sterre en Planete. Na sy aftrede in 2005 gaan hy voort met Sterre en Planete. Hy was getroud en het een seun gehad. Hy was 'n medeskrywer van Sterre en Planete wat in 2017 deur Naledi Uitgewers uitgegee is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Hennie Maas, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.