Slaapapnee

Slaapapnee is ’n steuring wat veroorsaak dat tussenposes in asemhaling of tydperke van vlak asemhaling meer dikwels as normaalweg gedurende slaap voorkom.

Elke tussenpose kan van ’n paar sekondes tot ’n paar minute duur en hulle kom baie kere per nag voor.

Slaapapnee
Klassifikasie en eksterne bronne
Obstruktiewe slaapapnee.
Obstruktiewe slaapapnee.
ICD-10 G47.3, P28.3
ICD-9 327.23, 780.57
MedlinePlus   000811 003997
eMedicine ped/2114
MeSH D012891
Slaapapnee Mediese waarskuwing

In die meeste gevalle veroorsaak dit dat die persoon hard snork. Daar kan ’n verstikkende of snorkende geluid wees wanneer asemhaling hervat word. Omdat die steuring ’n normale slaappatroon versteur, kan mense wat daaraan ly deur die dag moeg of slaperig voel. By kinders kan dit hiperaktiwiteit of probleme in die skool veroorsaak.

Oorsaak en behandeling

Slaapapnee kan óf obstruktiewe slaapapnee wees, waar asemhaling onderbreek word deur ’n verstopping van die lugvloei, óf sentrale slaapapnee, waar gereelde, onbewuste asemhaling bloot ophou, óf ’n kombinasie van die twee. Obstruktiewe slaapapnee is die algemeenste vorm. Risikofaktore sluit in oorgewig, ’n familiegeskiedenis van die probleem, allergieë, ’n klein lugweg en vergrote mangels.

Sommige mense is onbewus daarvan dat hulle die toestand het. In die meeste gevalle kom ’n gesinslid dit die eerste keer agter. Slaapapnee word dikwels deur middel van ’n slaapstudie deur die nag gediagnoseer. Vir ’n diagnose moet meer as vyf voorvalle per nag voorkom.

Behandeling kan insluit veranderings aan die persoon se lewenstyl, mondstukke, asemhalingtoestelle of chirurgie. Lewenstylveranderings kan insluit die vermyding van alkohol, gewigsverlies, ophou rook, en om op ’n mens se sy te slaap. Asemhalingstoestelle kan insluit ’n lugwegdrukmasjien. Sonder behandeling kan slaapapnee die risiko van ’n hartaanval, beroerte, diabetes, hartversaking, ’n onreëlmatige hartklop, obesiteit en motorongelukke verhoog.

Voorkoms

Obstruktiewe slaapapnee raak 1-6% van volwassenes en 2% van kinders. Mans word sowat twee keer soveel as vroue aangetas. Hoewel mense van enige ouderdom dit kan hê, kom dit meer voor tussen die ouderdomme van 55 en 60. Sentrale slaapapnee kom by minder as 1% van mense voor.

Verwysings

Skakels

  • Slaapapnee  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Slaapapnee Oorsaak en behandelingSlaapapnee VoorkomsSlaapapnee VerwysingsSlaapapnee SkakelsSlaapapneeAsemhalingSiekteSlaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BreinLys van hoofstedeDuitsMusieksimboleVersamelnaamOrganisasie sonder winsoogmerkSeilvaartMateriaalOrale seksBoer Soek 'n VrouMorfologie (taalkunde)KonsentrasiekampNatuurrampVervoerKatVoorvoegselHipoteseTafelsoutGoudkus (streek)Pornografiese akteurPapierIndonesiëAkroniemPad na jou hartOnderwysFrankrykMenslike seksuele gedragBuck AngelAnneli van RooyenPlaattektoniekVigsInstagramVlinderDramaMieliestronkGeskiedenis (vakgebied)Klimaatsverandering in AfrikaLionel PetersonTrappe van vergelykingStereotipeGrondwet van Suid-AfrikaDaggaNeerslagSonkragCarike KeuzenkampGeskiedenis van AfrikaansSuikersiekteMadison IvyFabelNazi-DuitslandJo Black7de LaanHeelgetalGrondbesoedelingHorlosieVerantwoordelikheidLatynMetaalPinksterWerkwoordRonelda KamferWieg van die MensdomGolf (fisika)Labia (geslagsdele)Paarl GimnasiumKaapstadHartPrimêre sektor van die ekonomieMikro-ekonomieInsekSeringboomChris Hani🡆 More