Michelle Obama: Prokureur en voormalige eerste dame van die Verenigde State

Michelle LaVaughn Robinson Obama (gebore 17 Januarie 1964) is 'n Amerikaanse prokureur en skrywer wat as die presidentsvrou van die Verenigde State gedien het van 2009 tot 2017.

Sy was die eerste Afro-Amerikaanse vrou wat in hierdie pos dien. Sy is die vrou van oudpresident Barack Obama.

Michelle Obama
Michelle Obama
Obama in 2013

Ampstermyn
20 Januarie 2009 – 20 Januarie 2017
President Barack Obama
Voorafgegaan deur Laura Bush
Opgevolg deur Melania Trump

Persoonlike besonderhede
Gebore 17 Januarie 1964 (1964-01-17) (60 jaar oud)
Chicago, Illinois, V.S.A.
Politieke party Demokraat
Eggenoot/-note Barack Obama (trou 1992)
Kind(ers)
  • Malia
  • Sasha
Alma mater Princeton-universiteit (BA)
Harvard-universiteit (JD)

Obama het aan die South Side of Chicago, Illinois, grootgeword, en het aan die Princeton-universiteit en Harvard se Regsskool gestudeer. In haar vroeë regsloopbaan het sy by die prokureursfirma Sidley Austin gewerk, waar sy Barack Obama ontmoet het. Sy werk daarna by niewinssoekende organisasies en as mededekaan van Studentedienste aan die Universiteit van Chicago, sowel as die vise-president vir gemeenskaps- en eksterne aangeleenthede by die Universiteit van Chicago se Mediese Sentrum. Michelle trou in 1992 met Barack, en saam het hulle twee dogters.

Obama het gedurende 2007 en 2008 haar beywer vir haar man se presidentsbod en het 'n toespraak gelewer tydens die Demokratiese Nasionale Konvensie van 2008. Sy het daarna bekroonde toesprake gelewer tydens die  byeenkomste van 2012, 2016 en 2020.

As presidentsvrou was Obama 'n rolmodel vir vroue en voorstander van bewustheid van armoede, opvoeding, voeding, fisiese aktiwiteit en gesonde eetgewoontes. Sy ondersteun Amerikaanse ontwerpers en word beskou as 'n mode-ikoon.

Sy bly invloedryk na haar man se presidentskap; in 2020 was Obama vir die derde jaar agtereenvolgens volgens Gallup se meningspeiling Amerika se mees bewonderde vrou.

Bronne

  • Colbert, David (2008). Michelle Obama, An American Story. Houghton Mifflin Harcourt. ISBN 978-0-547-24770-0.
  • Lightfoot, Elizabeth (2008). Michelle Obama: First Lady of Hope. The Lyons Press. ISBN 978-1-59921-521-1.
  • Mundy, Liza (2008). Michelle Obama, A Life. Simon & Schuster. ISBN 978-1-4165-9943-2.
  • Chambers, Veronica (2017). The Meaning of Michelle: 16 Writers on the Iconic First Lady and How Her Journey Inspires Our Own. St. Martin's Press. ISBN 978-1-250-11496-9.

Eksterne skakels

Eretitels
Voorafgegaan deur
Laura Bush
Eerste Dame van die Verenigde State
2009–2017
Opgevolg deur
Melania Trump

Tags:

1964Barack Obama

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MenseregteSwart menseLys van Joodse feeste en herdenkingsPiesangSint JorisdagNatuurrampProteaRenosterPubliekMonopolieEkonomie van Suid-AfrikaAardbewingVerstedelikingWitrenosterVulvaIngrid JonkerStedelike hitte-eilandKaapstadse waterkrisis 2015-2018Mahatma GandhiSelfstandige naamwoordAngina pectorisHeelgetalGeskiedenis van kindermishandelingLongKappie (skryfteken)Morfologie (taalkunde)OrthopteraDroogteXenofobie in Suid-AfrikaMierKrokodilLika BerningCalviniaNasionalismeErfenishulpbronVersoeningsdagPeriodieke tabelSwangerskapKlavierInflasieBladwisselendKalsiumArmoedeMaanMenstruasieKopieregLidwoordDiepaartromboseLys van slangeNoordwesSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Onderhandelinge om apartheid te beëindigSinoniemGeskiedenis van AfrikaansInsekStaatstoelaeVreesWayde van NiekerkJewgeni PrigozjinBruin huisslangBreinkaartSkilpadBysteekSkildklierSanskritBestaansboerderyDrakensbergeKlimaatKlerePlastiekVierde Industriële RevolusieDiarreeLys van Afrikaanse televisiereekseGlasHomoniemBreyten BreytenbachAfrikaanse taalleer🡆 More