Fredi Nester Esterhuizen (25 Maart 1959 – 3 Julie 2015) was 'n Afrikaanse liedjieskrywer en sanger.
Hy het 14 albums en een DVD oor sy loopbaan opgeneem. Van sy populêre liedjies sluit in: Getoor, Sê My, Meer En Meer, Hey DJ en Bly Net Naby My. Sy verhoognaam, Fredi Nest, is 'n kombinasie van sy voornaam en eerste gedeelte van sy middelste naam.
Fredi Nest | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Fredi Nester Esterhuizen |
Gebore | 25 Maart 1959 Johannesburg, Suid-Afrika |
Sterf | 3 Julie 2015 (op 56) Pretoria, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Sanger, skrywer |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1995–2015 |
Webwerf | fredinestmusician.co.za |
Fredi is op 25 Maart 1959 in Johannesburg, Suid-Afrika, gebore en was die oudste van vyf kinders. Hy het al van kleintyd af gesing en kitaar gespeel, maar het eers in sy laat dertigs besluit om musiek sy loopbaan te maak.
In 1995 is sy debuutalbum, Memory Train, uitgereik. 'n Jaar later het hy die IBA-prys vir Listen To Me, as die mees gespeelde liedjie op gemeenskapradiostasies ontvang. Hy het sy deurbraak in die Afrikaanse musiekbedryf in 1999 met die album Wie is jy gemaak.
Nest het in Cullinan naby Pretoria gewoon, waar hy vir homself 'n ateljee gebou het wat ook vir CD-opnames en produksies gebruik is.
'n Breingewas is in Mei 2015 by hom gediagnoseer, waarna hy behandeling by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria ontvang het. Die kanker het egter vinnig na die res van sy liggaam versprei. Hy is op 3 Julie 2015 by 'n plaaslike hospice oorlede.
Nest het die volgende albums opgeneem:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Fredi Nest, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.