Tuli-Blok

Die Tuli-blok is 'n streek in die ooste van Botswana in die Sentraal distrik met Mahalapye as vernaamste sentrum.

Dit is 'n streek veral bekend om sy wildsafari's.

Tuli-blok is in Botswana
Tuli-blok
Tuli-blok
Ligging van Tuli-blok

Ligging

Die Tuli-blok is 'n nou strook land van 400km lank en 16 tot 18km breed. Dit strek van die samevloeiing van die Shasherivier en die Limpoporivier (die punt waar die grense van Botswana, Suid-Afrika en Zimbabwe bymekaarkom) suidweswaarts langs die Limpopo tot waar die Notwanerivier noord van Olifantsdrift in die Limpoporivier vloei.

Geskiedenis

In die laat 19de eeu het Cecil John Rhodes sy oog op die huidige Botswana gehad weens die vermoede van die aanwesigheid van ryk mineraalneerslae onder die Kalaharisand sowel as vir 'n roete vir sy beoogde Kaap-tot-Kaïro-spoorlyn. Koning Khama III kon die Britse anneksasie afweer, maar het wel in 1895 aan Rhodes 'n strook grond beskikbaar gestel vir die spoorlyn. Khama het dit beskou as 'n beskerming teen die Zuid-Afrikaansche Republiek. Die spoorweg is egter meer noord in die land aangelê nadat die trajek langs die Limpopo ongeskik bevind is. Daarna kom die strook land in die hande van die British South Africa Company wat dit in 100 plase verdeel en verkoop.

Flora en fauna

Leeus, luiperds, jagluiperds, olifante, wildebeeste, koedoes en elande is veral in die noordelike deel volop. In die Limpopo is krokodille en soms seekoeie. Agt en veertig soogdier- en 350 voëlspesies is al opgemerk. Die kremetartboom is opvallend in die gebied.

Boerdery

Beesboerdery kom algemeen voor. Langs die Limpopo word lemoene, koring, mielies, katoen, grondbone, tamaties en wortels onder besproeiing verbou. 'n Groot deel van Botswana se vars produkte kom hiervandaan.

Die hele gebied noord van die Moloutserivier tot by die grens met die buurstate beslaan 70 000 ha en bestaan uit 36 jagplase. Nadat al die plase se omheinings verwyder is, is hulle omskep tot die "Northern Tuli Game Reserve". Dit vorm nou deel van die Groter Mapungubwe Oorgrensbewaringsgebied.

Klimaat

Tussen April en September is die klimaat gemagtig. Van Junie tot Augustus het die bome min blare en is dit 'n goeie tyd om wild te besigtig. Dan is die gemiddelde hoogste dagtemperatuur 'n 20ºC. So van Oktober tot Maart is dit die reënseisoen en is dit warm en groen.

Tuli-sirkel

In die oostelike hoek van Botswana vorm die grens met Zimbabwe naby Fort Tuli 'n halfsirkel. Die Pioneer Column het die fort gebou om die Britse belange in die streek te beskerm en het 'n gebied rondom die fort met 'n straal van 10 myl as verbode terrein vir die plaaslike inwoners verklaar. Toe die Botswana-Zimbabwe grens later jare langs die Shasherivier vasgestel is, is die deel van die sirkel suid van die rivier ook by Zimbabwe ingesluit.

Mmamakwa-ruïnes

Tydens die Ystertydperk is by Mmamakwa strukture opgerig wat ooreenkom met dié van Mapungubwe, net oos van die Limpopo, in Suid-Afrika.

Solomon's Wall

Solomon's Wall naby die mond van die Motloutserivier is 'n vreemde geologiese verskynsel. Dit is 'n 30 m hoë en 10 m wye basaltstruktuur wat vroeër 'n natuurlike dam in die Motloutse gevorm het.

Naam

“Tuli” beteken waarskynlik stof in Setswana.

Bibliografie

Tags:

Tuli-Blok LiggingTuli-Blok GeskiedenisTuli-Blok Flora en faunaTuli-Blok BoerderyTuli-Blok KlimaatTuli-Blok Tuli-sirkelTuli-Blok Mmamakwa-ruïnesTuli-Blok Solomons WallTuli-Blok NaamTuli-Blok BibliografieTuli-BlokBotswanaMahalapyeSentraal distrik, Botswana

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PlastiekPropagandaVlieg (dier)SkildklierFinale OplossingRassisme in AfrikaNag van die lang messeLys van Afrikaanse skrywersOlimpiese Somerspele 2024BurgerregteSwitserlandTafelbergPseudowetenskapKolorektale kankerPerdNierversakingSirkelVergelykings (taalkunde)Gregoriaanse kalenderEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaDokterSimboolPornografiese subgenres25 AprilSuiwelprodukPornografiedgbsjGalblaasKappie (skryfteken)3D-rolprentMierleeuDeurgangsriteDubbelpuntHoofstadWortelMiltMobutu Sese SekoAngina pectorisWet op NaturellengrondKarooNelson MandelaGoudEreksieWoordsoortNatriumVenusApostoliese GeloofsbelydenisStedelike hitte-eilandNederduitsch Hervormde KerkKerngeneeskundeHondsdolheidPussy RiotNarsismeVingerseksDesmond TutuDiplopodaEnsiklopedieHaasJust NuisanceSkooluniformVoornaamwoordBrongitisNetbalKarlien van JaarsveldSwangerskapRosa ParksNierKaliumPolisieRassismeMenslike seksuele gedragFrankrykNasiebouAngolaGroepsdrukOorstromingJava (programmeertaal)🡆 More